1 Cantico di Asaf.
O Dio, perché ci hai respinti per sempre?
Perché arde l’ira tua contro il gregge del tuo pascolo?
2 Ricòrdati del tuo popolo che acquistasti nei tempi antichi,
che riscattasti perché fosse la tribù di tua proprietà;
ricòrdati del monte Sion, di cui hai fatto la tua dimora!
3 Dirigi i tuoi passi verso le rovine eterne;
il nemico ha devastato tutto nel tuo santuario.
4 I tuoi avversari hanno ruggito
nel luogo delle tue assemblee;
vi hanno posto le loro insegne per emblemi.
5 Parevano come chi agita la scure
nel folto di un bosco.
6 Con l’ascia e con il martello,
hanno spezzato tutte le sculture della tua casa.
7 Hanno appiccato il fuoco al tuo santuario,
hanno profanato la dimora del tuo nome, radendola al suolo.
8 Hanno detto in cuor loro: "Distruggiamo tutto!".
Hanno arso tutti i luoghi delle assemblee divine nel paese.
9 Noi non vediamo alcun segno;
non c’è più profeta,
né c’è chi fra noi sappia fino a quando.
10 Fino a quando, o Dio, oltraggerà l’avversario?
Il nemico disprezzerà il tuo nome per sempre?
11 Perché ritiri la tua mano, la tua destra?
Tirala fuori dal tuo seno, e distruggili!
12 Ma Dio è il mio Re dai tempi antichi,
colui che opera salvezza in mezzo alla terra.
13 Tu, con la tua forza, dividesti il mare,
tu spezzasti la testa ai mostri marini sulle acque,
14 tu spezzasti la testa del leviatano,
tu lo desti in pasto al popolo del deserto.
15 Tu facesti sgorgare fonti e torrenti,
tu asciugasti fiumi perenni.
16 Tuo è il giorno, anche la notte è tua;
tu hai stabilito la luna e il sole.
17 Tu hai fissato tutti i confini della terra,
tu hai fatto l’estate e l’inverno.
18 Ricordati che il nemico ha oltraggiato l’Eterno,
e che un popolo stolto ha disprezzato il tuo nome.
19 Non lasciare alle belve la vita della tua tortora,
non dimenticare per sempre il gregge dei tuoi poveri afflitti!
20 Abbi riguardo al patto,
poiché i luoghi tenebrosi della terra
sono pieni di covi di violenza.
21 L’oppresso non se ne torni svergognato;
fa’ che il misero e il bisognoso lodino il tuo nome.
22 Ergiti, o Dio, difendi la tua causa!
Ricordati dell’oltraggio che ti è continuamente fatto dallo stolto.
23 Non dimenticare il grido dei tuoi nemici,
lo strepito incessante di quelli che si innalzano contro di te.
1 'n ONDERWYSING van Asaf.
o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?
2 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.
3 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.
4 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.
6 En nou — die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.
7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.
8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.
9 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?
11 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
12 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.
13 Ú het deur u sterkte die see geklief; Ú het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.
14 Ú het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk — vir woestyndiere.
15 Ú het fontein en stroom oopgeslaan; Ú het standhoudende riviere laat opdroog.
16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; Ú het hemelligte en son vasgestel.
17 Ú het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, Ú het hulle geformeer.
18 Dink hieraan: Die vyand het die Here gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.
19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.
20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.
21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.
22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.
23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie — die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!