1 Per il Maestro del coro. Salmo di Davide.
Beato chi si dà pensiero del povero!
nel giorno della sventura l’Eterno lo libererà.
2 L’Eterno lo proteggerà e lo manterrà in vita;
egli sarà felice sulla terra
e tu non lo darai in balìa dei suoi nemici.
3 L’Eterno lo sosterrà quando sarà a letto, ammalato;
tu trasformerai interamente il suo letto di malattia.
4 Io ho detto: "O Eterno, abbi pietà di me;
sana l’anima mia, perché ho peccato contro di te".
5 I miei nemici mi augurano del male, dicendo:
"Quando morrà? e quando perirà il suo nome?".
6 E se uno di loro viene a vedermi, parla con menzogna:
il suo cuore intanto accumula malvagità dentro di sé e,
appena uscito, egli ne parla in giro.
7 Tutti quelli che mi odiano bisbigliano tra loro contro di me;
contro di me tramano il male.
8 "Un male incurabile", essi dicono, "gli si è attaccato addosso;
ora che giace, non si rialzerà mai più".
9 Perfino l’uomo con il quale vivevo in pace,
nel quale confidavo, che mangiava il mio pane,
ha alzato il calcagno contro di me.
10 Ma tu, o Eterno, abbi pietà di me e rialzami,
e io renderò loro quel che si meritano.
11 Da questo io riconoscerò che tu mi gradisci:
se il mio nemico non trionferà su di me.
12 Tu mi sosterrai nella mia integrità
e mi accoglierai alla tua presenza per sempre.
13 Sia benedetto l’Eterno, il Dio d’Israele,
ora e sempre. Amen! Amen!
1 VIR die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.
2 Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil.
3 Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
4 Die Here sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
5 Ék het gesê: oHere, wees my genadig! Genees my, want ek het teen U gesondig.
6 My vyande spreek kwaad van my en sê: Wanneer sal hy sterwe en sy naam vergaan?
7 En as iemand kom om my te sien, dan praat hy leuens; sy hart vergader boosheid vir hom; gaan hy uit na buite, dan spreek hy daarvan.
8 Al my haters tesame fluister onder mekaar teen my; teen my bedink hulle my onheil en sê:
9 Iets skandeliks is op hom uitgestort; en nou dat hy lê, sal hy nie weer opstaan nie.
10 Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.
11 Maar U, o Here, wees my genadig en rig my op, dat ek hulle dit kan vergelde!
12 Hieraan weet ek dat U 'n welbehae in my het: dat my vyand oor my nie juig nie.
13 My tog, in my opregtheid ondersteun U my, en stel my voor u aangesig tot in ewigheid.
14 Geloofd sy die Here, die God van Israel, van ewigheid tot in ewigheid! Amen, ja amen.