1 Besaleel e Ooliab e tutti gli uomini abili, nei quali l’Eterno ha messo sapienza e intelligenza per saper eseguire tutti i lavori per il servizio del santuario, faranno ogni cosa secondo quanto l’Eterno ha ordinato".
2 Mosè chiamò dunque Besaleel e Ooliab e tutti gli uomini abili nei quali l’Eterno aveva messo intelligenza, tutti quelli che il cuore spingeva ad applicarsi al lavoro per eseguirlo; 3 ed essi presero da Mosè tutte le offerte portate dai figli d’Israele per i lavori destinati al servizio del santuario, per eseguirli. Ma ogni mattina i figli d’Israele continuavano a portare a Mosè delle offerte volontarie. 4 Allora tutti gli uomini abili che erano occupati in tutti i lavori del santuario, lasciato ognuno il lavoro che faceva, vennero a dire a Mosè: 5 "Il popolo porta molto più di quello che occorre per eseguire i lavori che l’Eterno ha comandato di fare". 6 Allora Mosè diede quest’ordine, che fu bandito per il campo: "Né uomo né donna faccia più nessun lavoro come offerta per il santuario". Così si impedì che il popolo portasse altro. 7 Poiché la roba già pronta bastava a fare tutto il lavoro, e ve n’era di avanzo.
8 Tutti gli uomini abili, fra quelli che eseguivano il lavoro, fecero dunque il tabernacolo di dieci teli, di lino fino ritorto, e di filo color violaceo, porporino e scarlatto, con dei cherubini artisticamente lavorati. 9 La lunghezza di un telo era di ventotto cubiti; e la larghezza, di quattro cubiti; tutti i teli erano della stessa misura. 10 Cinque teli furono uniti assieme, e gli altri cinque furono pure uniti assieme. 11 Si fecero dei nastri di colore violaceo all’orlo del telo che era all’estremità della prima serie di teli; e lo stesso si fece all’orlo del telo che era all’estremità della seconda serie. 12 Si misero cinquanta nastri al primo telo, e cinquanta nastri all’orlo del telo che era all’estremità della seconda serie: i nastri corrispondevano l’uno all’altro. 13 Si fecero pure cinquanta fermagli d’oro, e si unirono i teli l’uno all’altro mediante i fermagli; e così il tabernacolo formò un tutto unico. 14 Si fecero inoltre dei teli di pelo di capra, che servivano da tenda per coprire il tabernacolo: di questi teli se ne fecero undici. 15 La lunghezza di ogni telo era di trenta cubiti; e la larghezza, di quattro cubiti; gli undici teli avevano la stessa misura. 16 E si unirono insieme, da una parte, cinque teli, e si unirono insieme, dall’altra parte, gli altri sei. 17 E si misero cinquanta nastri all’orlo del telo che era all’estremità della prima serie di teli, e cinquanta nastri all’orlo del telo che era all’estremità della seconda serie. 18 E si fecero cinquanta fermagli di bronzo per unire assieme la tenda, in modo che formasse un tutto unico. 19 Si fece pure per la tenda una coperta di pelli di montone tinte di rosso e, sopra questa, un’altra di pelli di tasso. 20 Poi si fecero per il tabernacolo le assi di legno di acacia, messe per diritto. 21 La lunghezza di un’asse era di dieci cubiti, e la larghezza di un’asse, di un cubito e mezzo. 22 Ogni asse aveva due incastri paralleli; così fu fatto per tutte le assi del tabernacolo. 23 Si fecero dunque le assi per il tabernacolo: venti assi dal lato meridionale, verso il sud; 24 e si fecero quaranta basi d’argento sotto le venti assi: due basi sotto ogni asse per i suoi due incastri. 25 E per il secondo lato del tabernacolo, il lato di nord, 26 si fecero venti assi, con le loro quaranta basi d’argento: due basi sotto ogni asse. 27 E per la parte posteriore del tabernacolo, verso occidente, si fecero sei assi. 28 Si fecero pure due assi per gli angoli del tabernacolo, dalla parte posteriore. 29 Queste erano appaiate dal basso in alto e, al tempo stesso, formavano un tutto unico fino in cima, fino al primo anello. Così fu fatto per entrambe le assi, che erano ai due angoli. 30 Vi erano dunque otto assi, con le loro basi d’argento: sedici basi: due basi sotto ogni asse. 31 E si fecero delle traverse di legno di acacia: cinque, per le assi di un lato del tabernacolo; 32 cinque traverse per le assi dell’altro lato del tabernacolo, e cinque traverse per le assi della parte posteriore del tabernacolo, a occidente. 33 E si fece la traversa di mezzo, in mezzo alle assi, per farla passare da una parte all’altra. 34 E le assi furono rivestite d’oro, e furono fatti d’oro gli anelli per i quali dovevano passare le traverse, e le traverse furono rivestite d’oro. 35 Fu fatto pure il velo, di filo violaceo, porporino, scarlatto, e di lino fino ritorto con dei cherubini artisticamente lavorati; 36 e si fecero per esso quattro colonne di acacia e si rivestirono d’oro; i loro chiodi erano d’oro; e per le colonne si fusero quattro basi d’argento. 37 Si fece anche per l’ingresso della tenda una portiera, di filo violaceo, porporino, scarlatto, e di lino fino ritorto, un lavoro di ricamo. 38 E si fecero le sue cinque colonne con i loro chiodi; si rivestirono d’oro i loro capitelli e le loro aste; e le loro cinque basi erano di bronzo.
1 SO moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die Here wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die Here beveel het.
2 En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die Here wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.
3 En hulle het voor die oë van Moses ontvang al die offergawes wat die kinders van Israel vir die verrigting van die werk by die vervaardiging van die heiligdom gebring het. Maar húlle het vir hom nog elke môre vrywillige offergawes gebring.
4 Toe het al die kunsvaardige manne wat met al die werk by die heiligdom besig was, man vir man, van die werk af gekom waar hulle mee besig was,
5 en hulle het met Moses gespreek en gesê: Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan die Here die vervaardiging beveel het.
6 Daarop het Moses bevel gegee, en hulle het 'n oproep deur die laer laat gaan en gesê: Laat geen man of vrou verder enige werksaamheid verrig in verband met die offergawe vir die heiligdom nie. Toe het die volk opgehou om te bring;
7 want die boustof was vir hulle genoeg om die hele werk tot stand te bring; ja, daar het oorgebly.
8 SO het dan almal wat kunsvaardig was onder die werksmense die tabernakel uit tien tentdoeke vervaardig; uit fyn dubbeldraad-linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk het hy dit gemaak.
9 Die lengte van elke tentdoek was agt-en-twintig el en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke het een maat gehad.
10 En hy het vyf van die tentdoeke aanmekaargewerk, die een aan die ander; en weer vyf tentdoeke het hy aanmekaargewerk, die een aan die ander.
11 En hy het lissies van pers stof gemaak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel; so het hy dit gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
12 Vyftig lissies het hy gemaak aan die een tentdoek, en vyftig lissies het hy gemaak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort het. Die lissies was die een teenoor die ander.
13 Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die tentdoeke saamgevoeg, die een aan die ander, met die hakies, sodat die tabernakel een geheel was.
14 Verder het hy doeke van bokhaar gemaak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke het hy dit gemaak.
15 Die lengte van elke tentdoek was dertig el, en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.
16 En hy het vyf van die tentdoeke besonders aanmekaargewerk en ses van die tentdoeke besonders.
17 En hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
18 Hy het ook vyftig koperhakies gemaak om die tent saam te voeg, sodat dit een geheel was.
19 Ook het hy vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle gemaak en daar bo-oor 'n dekkleed van robbevelle.
20 Hy het ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout gemaak.
21 Die lengte van die styl was tien el, en anderhalf el die breedte van elke styl.
22 Elke styl het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy dit gemaak vir al die style van die tabernakel.
23 En hy het die style vir die tabernakel gemaak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
24 En hy het veertig silwervoetstukke onder die twintig style gemaak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
25 Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style gemaak
26 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
27 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, het hy ses style gemaak.
28 Ook het hy twee style vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.
29 En hulle was dubbel van onder, en net so was hulle bo dubbel tot by die eerste ring. So het hy dit gemaak vir altwee, vir die twee hoeke.
30 So was daar dan agt style met hulle silwervoetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke styl.
31 Hy het ook dwarshoute van akasiahout gemaak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
32 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.
33 En hy het die middelste dwarshout gemaak om oordwars te loop, in die middel van die style, van die een ent na die ander.
34 En hy het die style met goud oorgetrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, het hy van goud gemaak. Die dwarshoute het hy ook met goud oorgetrek.
35 Verder het hy die voorhangsel gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne; as kunstige werk het hy dit gemaak, met gérubs.
36 En hy het vier pilare van akasiahout daarvoor gemaak en dit met goud oorgetrek; hulle kramme was ook van goud; en hy het daarvoor vier silwervoetstukke gegiet.
37 Hy het ook vir die ingang van die tent 'n bedekking gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk;
38 en die vyf pilare wat daarby behoort, met hulle kramme; en hy het hulle toppe en ringe met goud oorgetrek; en hulle vyf voetstukke was van koper.