1 Dopo questo, Mosè e Aaronne si recarono dal Faraone, e gli dissero: "Così dice l’Eterno, l’Iddio d’Israele: ‘Lascia andare il mio popolo, perché mi celebri una festa nel deserto’". 2 Ma Faraone rispose: "Chi è l’Eterno che io debba ubbidire alla sua voce e lasciare andare Israele? Io non conosco l’Eterno, e non lascerò affatto andare Israele". 3 Ed essi dissero: "L’Iddio degli Ebrei si è presentato a noi; lasciaci andare tre giornate di cammino nel deserto per offrire sacrifici all’Eterno, che è il nostro Dio, affinché egli non ci colpisca con la peste o con la spada". 4 E il re d’Egitto disse loro: "Perché, Mosè e Aaronne, distraete il popolo dai suoi lavori? Andate a fare quello che vi è imposto!". 5 E Faraone disse: "Ecco, ora il popolo è numeroso nel paese, e voi gli fate interrompere i lavori che gli sono imposti". 6 E quello stesso giorno Faraone diede quest’ordine agli ispettori del popolo e ai suoi sorveglianti: 7 "Voi non darete più, come prima, la paglia al popolo per fare i mattoni; vadano essi a raccogliere della paglia! 8 E imponete loro la stessa quantità di mattoni di prima, senza alcuna diminuzione; perché sono dei pigri; e però gridano dicendo: ‘Andiamo a offrire sacrifici al nostro Dio!’. 9 Questa gente sia caricata di lavoro; e si occupi di quello senza badare a parole false’. 10 Allora gli ispettori del popolo e i sorveglianti uscirono e dissero al popolo: "Così dice Faraone: ‘Io non vi darò più paglia’. 11 Andate voi a procurarvi della paglia dove ne potrete trovare, ma il vostro lavoro non diminuisca per nulla’. 12 Così il popolo si sparse per tutto il paese d’Egitto, per raccogliere della stoppia da usare come paglia. 13 E gli ispettori li sollecitavano dicendo: "Completate i vostri lavori giorno per giorno, come quando c’era la paglia!". 14 E i sorveglianti dei figli d’Israele stabiliti sopra di loro dagli ispettori del Faraone, furono percossi; e fu loro detto: "Perché non avete fornito, ieri e oggi come prima, la quantità di mattoni che vi è imposta?". 15 Allora i sorveglianti dei figli d’Israele andarono a lamentarsi dal Faraone, dicendo: "Perché tratti così i tuoi servitori? 16 Non si dà più paglia ai tuoi servitori, e ci si dice: ‘Fate dei mattoni!’ ed ecco che i tuoi servitori sono percossi, e il tuo popolo è considerato come colpevole!". 17 Ed egli rispose: "Siete dei pigri! siete dei pigri! Per questo dite: ‘Andiamo a offrire sacrifici all’Eterno’. 18 Ora dunque andate a lavorare! non vi si darà più paglia e fornirete la quantità di mattoni prescritta". 19 I sorveglianti dei figli d’Israele si videro ridotti a mal partito, perché si diceva loro: "Non diminuite per nulla il numero dei mattoni imposto giorno per giorno". 20 Uscendo dal Faraone, incontrarono Mosè e Aaronne, che stavano ad aspettarli, 21 e dissero loro: "L’Eterno volga il suo sguardo su voi, e giudichi! poiché ci avete messi in cattiva luce davanti al Faraone e davanti ai suoi servitori, e gli avete messo la spada in mano perché ci uccida". 22 Allora Mosè tornò dall’Eterno, e disse: "Signore, perché hai fatto del male a questo popolo? Perché dunque mi hai mandato? 23 Poiché, da quando sono andato dal Faraone per parlargli in tuo nome, egli ha maltrattato questo popolo, e tu non hai per nulla liberato il tuo popolo".
1 EN daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die Here, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn.
2 Maar Farao antwoord: Wie is die Here na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die Here nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
3 Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die Here onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.
4 Maar die koning van Egipte antwoord hulle: Moses en Aäron, waarom hou julle die volk van hulle werk af? Loop na julle werk toe.
5 Verder het Farao gesê: Kyk, die volk van die land is alreeds baie; en julle wil hulle laat ophou met hulle werk?
6 Daarom het Farao dieselfde dag aan die drywers onder die volk en die opsigters bevel gegee en gesê:
7 Julle moet die volk geen strooi meer gee om bakstene te maak soos gister en eergister nie. Laat hulle self gaan en vir hulle strooi versamel.
8 Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God!
9 Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.
10 Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.
11 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.
12 Toe het die volk in die hele Egipteland rondgegaan om stoppels te versamel vir strooi.
13 En die drywers het aangedryf en gesê: Voltooi julle werk volgens die eis van elke dag net soos toe daar strooi was.
14 En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?
15 Daarom het die opsigters van die kinders van Israel gegaan, en hulle het geweeklaag by Farao en gesê: Waarom maak u so met u dienaars?
16 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.
17 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die Here offer.
18 Nou dan, loop werk! Maar strooi sal julle nie gegee word nie. Ewenwel moet julle die hoeveelheid bakstene aflewer.
19 Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.
20 En hulle het Moses en Aäron teëgekom, wat daar gestaan het om hulle te ontmoet as hulle van Farao af weggaan,
21 en het vir hulle gesê: Mag die Here op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.
22 TOE gaan Moses weer na die Here en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?
23 Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie.
24 Daarop het die Here Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur 'n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe.