1 Allora l’Eterno disse a Mosè: "Va’ dal Faraone, e digli: ‘Così dice l’Eterno, l’Iddio degli Ebrei: Lascia andare il mio popolo, perché mi serva. 2 Se rifiuti di lasciarlo andare e lo trattieni ancora, 3 ecco, la mano dell’Eterno sarà sul tuo bestiame che è nei campi, sui cavalli, sugli asini, sui cammelli, sui buoi e sulle pecore; ci sarà una tremenda mortalità. 4 E l’Eterno farà distinzione fra il bestiame d’Israele e il bestiame d’Egitto; e nulla morirà di tutto quello che appartiene ai figli d’Israele’". 5 L’Eterno fissò un termine, dicendo: "Domani, l’Eterno farà questo nel paese". 6 E l’indomani l’Eterno lo fece, e tutto il bestiame d’Egitto morì; ma del bestiame dei figli d’Israele non morì neppure un capo. 7 Il Faraone mandò a vedere, ed ecco che neppure un capo del bestiame degli Israeliti era morto. Ma il cuore del Faraone fu ostinato, ed egli non lasciò andare il popolo.
8 L’Eterno disse a Mosè e ad Aaronne: "Prendete delle manciate di cenere di fornace, e Mosè la sparga verso il cielo, sotto gli occhi del Faraone. 9 Essa diventerà una polvere sottile che coprirà tutto il paese d’Egitto, e produrrà delle ulcere che faranno crescere pustole sulle persone e sugli animali, per tutto il paese d’Egitto". 10 Ed essi presero della cenere di fornace, e si presentarono al Faraone; Mosè la sparse verso il cielo, ed essa produsse delle ulcere che fecero crescere pustole sulle persone e sugli animali. 11 E i maghi non poterono stare davanti a Mosè, a causa delle ulcere, perché le ulcere erano addosso ai maghi come addosso a tutti gli Egiziani. 12 E l’Eterno indurì il cuore del Faraone, ed egli non diede ascolto a Mosè e ad Aaronne come l’Eterno aveva detto a Mosè.
13 Poi l’Eterno disse a Mosè: "Alzati di buon mattino, presentati al Faraone, e digli: ‘Così dice l’Eterno, l’Iddio degli Ebrei: Lascia andare il mio popolo, perché mi serva; 14 poiché questa volta manderò tutte le mie piaghe su di te, sui tuoi servitori e sul tuo popolo, affinché tu conosca che non c’è nessuno simile a me su tutta la terra. 15 Perché se io avessi steso la mia mano e avessi percosso di peste te e il tuo popolo, tu saresti stato sterminato dalla terra. 16 Invece ti ho lasciato sussistere per questo: per mostrarti la mia potenza, e perché il mio nome sia divulgato per tutta la terra. 17 E ti opponi ancora al mio popolo per non lasciarlo andare? 18 Ecco, domani, verso quest’ora, io farò cadere una grandine così forte che non ce ne fu mai una simile in Egitto, da quando fu fondato, fino al giorno d’oggi. 19 Ora dunque fa’ mettere al sicuro il tuo bestiame e tutto quello che hai per i campi. La grandine cadrà su tutta la gente e su tutti gli animali che si troveranno per i campi e che non saranno stati raccolti in casa, e moriranno’". 20 Fra i servitori del Faraone, quelli che temettero la parola dell’Eterno fecero rifugiare nelle case i loro servitori e il loro bestiame; 21 ma quelli che non fecero conto della parola dell’Eterno, lasciarono i loro servitori e il loro bestiame per i campi. 22 E l’Eterno disse a Mosè: "Stendi la tua mano verso il cielo, e cada grandine in tutto il paese d’Egitto, sulla gente, sugli animali e sopra ogni erba dei campi, nel paese d’Egitto". 23 Mosè stese il suo bastone verso il cielo e l’Eterno mandò tuoni e grandine, e del fuoco si avventò sulla terra; e l’Eterno fece piovere grandine sul paese d’Egitto. 24 Così ci fu grandine e fuoco folgorante insieme alla grandine; e la grandine fu così forte, come non ce n’era stata di simile in tutto il paese d’Egitto, da quando era diventato nazione. 25 E la grandine percosse, in tutto il paese d’Egitto, tutto quello che era per i campi: uomini e bestie; e la grandine percosse ogni erba dei campi e fece a pezzi ogni albero della campagna. 26 Solamente nel paese di Goscen, dove erano i figli d’Israele, non cadde grandine.
27 Allora Faraone mandò a chiamare Mosè e Aaronne, e disse loro: "Questa volta io ho peccato; l’Eterno è giusto, mentre io e il mio popolo siamo colpevoli. 28 Pregate l’Eterno perché cessino questi grandi tuoni e la grandine: e io vi lascerò andare, e non sarete più trattenuti". 29 E Mosè gli disse: "Appena sarò uscito dalla città, stenderò le mani verso l’Eterno; i tuoni cesseranno e non ci sarà più grandine, affinché tu sappia che la terra è dell’Eterno. 30 Ma quanto a te e ai tuoi servitori, io so che non avrete ancora timore dell’Eterno Iddio". 31 Ora il lino e l’orzo erano stati colpiti, perché l’orzo era in spiga e il lino in fiore; 32 ma il grano e il farro non furono colpiti, perché maturano in ritardo. 33 Mosè dunque, lasciato Faraone, uscì dalla città, stese le mani verso l’Eterno, e i tuoni e la grandine cessarono, e non cadde più pioggia sulla terra. 34 E quando Faraone vide che la pioggia, la grandine e i tuoni erano cessati, continuò a peccare, e si ostinò in cuor suo: lui e i suoi servitori. 35 E il cuore del Faraone si indurì, ed egli non lasciò andare i figli d’Israele, come l’Eterno aveva detto per bocca di Mosè.
1 VERDER het die Here met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die Here, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
2 Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou,
3 kyk, dan sal die hand van die Here wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.
4 En die Here sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.
5 En die Here het 'n bepaalde tyd gestel en gesê: Môre sal die Here dit doen in die land.
6 En die Here het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.
7 Farao het toe gestuur, en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.
8 VERDER het die Here aan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;
9 en dit sal fyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.
10 So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan, en Moses het dit na die hemel uitgestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.
11 En die towenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.
12 Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die Here aan Moses gesê het.
13 VERDER het die Here aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die Here, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
14 Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar niemand op die hele aarde is soos Ek nie.
15 Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;
16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.
17 Versit jy jou nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?
18 Kyk, Ek sal môre omtrent sulke tyd 'n baie swaar hael laat reën soos wat in Egipte nie gewees het van die dag af dat dit gegrond is tot nou toe nie.
19 Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en die diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie — op hulle sal die hael val, sodat hulle sterwe.
20 Hy wat die Here se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;
21 maar hy wat op die Here se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.
22 Toe sê die Here vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.
23 En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die Here het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die Here het hael op Egipteland laat reën.
24 En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan 'n volk behoort het nie.
25 En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.
26 Net in die land Gosen, waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.
27 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die Here is reg, maar ek en my volk het ongelyk.
28 Bid tot die Here, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
29 Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die Here uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die Here behoort.
30 Maar wat u en u dienaars betref — ek weet dat julle nog nie ontsag het vir die Here God nie.
31 En die vlas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.
32 Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.
33 So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die Here uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.
34 Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars.
35 Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos die Here deur die diens van Moses gespreek het.