Publicidade

Êxodo 28

AFR53
Aaronne e i suoi figli chiamati al sacerdozio. I paramenti sacerdotali

1 Tu faaccostare a te, tra i figli d’Israele, Aaronne tuo fratello e i suoi figli con lui perché esercitino per me l’ufficio di sacerdoti: Aaronne, Nadab, Abiu, Eleazar e Itamar, figli di Aaronne. 2 E farai ad Aaronne, tuo fratello, dei paramenti sacri, come segno della loro dignità e come ornamento. 3 Parlerai a tutti gli uomini intelligenti, che io ho riempito di spirito di sapienza, ed essi faranno i paramenti di Aaronne per consacrarlo, perché eserciti per me l’ufficio di sacerdote. 4 Questi sono i paramenti che faranno: un pettorale, un efod, un manto, una tunica lavorata a maglia, un turbante e una cintura. Faranno dunque dei paramenti sacri per Aaronne tuo fratello e per i suoi figli, affinché esercitino l’ufficio di sacerdoti; 5 e si serviranno d’oro, di filo violaceo, porporino, scarlatto, e di lino fino. 6 Faranno l’efod d’oro, di filo violaceo, porporino, scarlatto e di lino fino ritorto, lavorato artisticamente. 7 Esso avrà alle due estremità due spalline, che si uniranno, in modo che sia tenuto bene insieme. 8 E la cintura artistica, che è sull’efod per fissarlo, sarà dello stesso lavoro dell’efod, tutto di un pezzo con esso; sarà d’oro, di filo color violaceo, porporino, scarlatto, e di lino fino ritorto. 9 E prenderai due pietre di onice e vi inciderai sopra i nomi dei figli d’Israele: 10 sei dei loro nomi sopra una pietra, e gli altri sei nomi sopra la seconda pietra, secondo il loro ordine di nascita. 11 Inciderai su queste due pietre i nomi dei figli d’Israele come fa l’incisore, come si incide un sigillo; le incasserai in castoni d’oro. 12 Metterai le due pietre sulle spalline dell’efod, come testimonianza per i figli d’Israele; e Aaronne porterà i loro nomi davanti all’Eterno sulle sue due spalle, come memoriale. 13 E farai dei castoni d’oro, 14 e due catenelle d’oro puro che intreccerai come un cordone, e metterai nei castoni le catenelle così intrecciate. 15 Farai pure il pettorale del giudizio, artisticamente lavorato; lo farai come il lavoro dell’efod: d’oro, di filo violaceo, porporino, scarlatto, e di lino fino ritorto. 16 Sarà quadrato e doppio; avrà la lunghezza di una spanna, e una spanna di larghezza. 17 E vi incastonerai una serie di pietre: quattro ordini di pietre; nel primo ordine sarà un sardonio, un topazio e uno smeraldo; 18 nel secondo ordine, un rubino, uno zaffiro, un calcedonio; 19 nel terzo ordine, un opale, un’agata, un’ametista; 20 nel quarto ordine, un crisolito, un’onice e un diaspro. Queste pietre saranno incassate nei loro castoni d’oro. 21 E le pietre corrisponderanno ai nomi dei figli d’Israele, e saranno dodici, secondo i loro nomi; saranno incise come dei sigilli, ciascuna con il nome di una delle tribù d’Israele. 22 Farai pure sul pettorale delle catenelle d’oro puro, intrecciate come dei cordoni. 23 Poi farai sul pettorale due anelli d’oro, e metterai i due anelli alle due estremità del pettorale. 24 Fisserai i due cordoni d’oro ai due anelli alle estremità del pettorale; 25 e attaccherai gli altri due capi dei due cordoni ai due castoni, e li metterai sulle due spalline dell’efod, davanti. 26 E farai due anelli d’oro, e li metterai alle altre due estremità del pettorale, sull’orlo interiore rivolto verso l’efod. 27 Farai due altri anelli d’oro, e li metterai alle due spalline dell’efod, in basso, davanti, vicino al punto dove avviene la giuntura, sopra la cintura artistica dell’efod. 28 E si fisserà il pettorale mediante i suoi anelli agli anelli dell’efod con un cordone violaceo, affinché il pettorale sia al di sopra della cintura artistica dell’efod, e non si possa staccare dall’efod. 29 Così Aaronne porterà i nomi dei figli d’Israele incisi nel pettorale del giudizio, sul suo cuore, quando entrerà nel santuario, per conservarne sempre il ricordo davanti all’Eterno. 30 Metterai sul pettorale del giudizio l’Urim e il Tummim; e staranno sul cuore di Aaronne quando egli si presenterà davanti all’Eterno. Così Aaronne porterà il giudizio dei figli d’Israele sul suo cuore, davanti all’Eterno, per sempre. 31 Farai anche il manto dell’efod, tutto di colore violaceo. 32 Esso avrà, in mezzo, un’apertura per passarvi il capo; e l’apertura avrà un’orlatura tessuta intorno, come l’apertura di una corazza, perché non si strappi. 33 All’orlo inferiore del manto, tutto intorno, farai delle melagrane di color violaceo, porporino e scarlatto; e, in mezzo ad esse, tutto intorno, porrai dei sonagli d’oro: 34 un sonaglio d’oro e una melagrana, un sonaglio d’oro e una melagrana, sull’orlatura del manto, tutto intorno. 35 Aaronne se lo metterà per fare il servizio; quando egli entrerà nel luogo santo davanti all’Eterno e quando ne uscirà, se ne udrà il suono, ed egli non morirà. 36 Farai anche una lamina d’oro puro, e su di essa inciderai, come si incide sopra un sigillo: Santo All’Eterno. 37 La fisserai a un nastro violaceo sul turbante, e starà sulla parte davanti del turbante. 38 Starà sulla fronte di Aaronne, e Aaronne porterà le iniquità commesse dai figli d’Israele nelle cose sante che consacreranno, in ogni genere di offerte sante; ed essa starà continuamente sulla sua fronte, per renderli graditi alla presenza dell’Eterno. 39 Farai pure la tunica di lino fino, lavorata a maglia; farai un turbante di lino fino, e farai una cintura, un lavoro di ricamo. 40 Per i figli di Aaronne farai delle tuniche, farai delle cinture, e farai dei copricapi, come segno della loro dignità e come ornamento. 41 E ne vestirai Aaronne, tuo fratello, e i suoi figli con lui; e li ungerai, li consacrerai e li santificherai perché esercitino per me l’ufficio di sacerdoti. 42 Farai anche loro dei calzoni di lino per coprire la loro nudità; esse andranno dai fianchi fino alle cosce. 43 Aaronne e i suoi figli le porteranno quando entreranno nella tenda di convegno, o quando si accosteranno all’altare per fare il servizio nel luogo santo, affinché non si rendano colpevoli e non muoiano. Questa è una regola perenne per lui e per la sua discendenza dopo di lui.

Die heilige klere.

1 DAN moet jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron.

2 En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.

3 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

4 En dit is die klere wat hulle moet maak: 'n borstas en 'n skouerkleed en 'n mantel en 'n kunstig bewerkte rok, 'n tulband en 'n gordel; so moet hulle dan vir Aäron, jou broer, heilige klere maak, en vir sy seuns, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

5 En hulle moet die goud en die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne neem.

6 En hulle moet die skouerkleed maak van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, as kunstige werk.

7 Dit moet twee skouerstukke wat aan mekaar vas is; aan die twee bo-ente moet dit saamgevoeg word.

8 En die band wat daaraan is om dit vas te bind, moet van dieselfde werk en, daarmee saam, uit een stuk wees, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

9 En jy moet twee oniksstene neem en die name van die kinders van Israel daarop graveer:

10 ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.

11 Met graveerwerk, soos op 'n seëlsteen uitgesny word, moet jy die twee stene graveer volgens die name van die kinders van Israel. Jy moet hulle maak dat hulle vassit in kassies van goud.

12 En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die Here om hulle in gedagtenis te bring.

13 Jy moet dan kassies van goud maak

14 en twee kettings van suiwer goud; gedraai soos toutjies moet jy hulle maak; en maak die kettings, soos toutjies gedraai, aan die kassies vas.

15 Jy moet ook die borstas van beslissing maak van kunstige werk; soos die werk van die skouerkleed moet jy dit maak; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne moet jy dit maak.

16 Vierkantig moet dit wees en dubbel gevou; 'n span sy lengte en 'n span sy breedte.

17 En voorsien dit van 'n steeninvulling van vier rye stene: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag moet die eerste ry wees.

18 En die tweede ry: 'n karbonkel, 'n saffier en 'n jaspis.

19 En die derde ry: 'n hiasint, 'n agaat en 'n ametis.

20 En die vierde ry: 'n chrisoliet en 'n oniks en 'n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.

21 En die stene moet volgens die name van die kinders van Israel twaalf wees, volgens hulle name. Soos op 'n seëlsteen uitgesny word, so moet hulle vir twaalf stamme wees, elkeen volgens sy naam.

22 Jy moet ook by die borstas gedraaide kettings, soos toutjies gedraai, van suiwer goud maak.

23 En maak by die borstas twee goue ringe; en bevestig die twee ringe aan die twee bo-ente van die borstas,

24 en maak die twee goue toutjies aan die twee ringe vas, aan die bo-ente van die borstas;

25 en maak die twee ander ente van die twee toutjies vas aan die twee kassies, en bevestig dié dan aan die skouerstukke van die skouerkleed, aan die voorkant daarvan.

26 Jy moet ook twee goue ringe maak, en bevestig dié aan die twee onder-ente van die borstas, aan die kant wat teen die skouerkleed aan , aan die binnekant.

27 En maak twee goue ringe, en bevestig dié aan die twee skouerstukke van die skouerkleed, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.

28 En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.

29 So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die Here gedurigdeur.

30 Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die Here ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die Here.

31 En jy moet die mantel van die skouerkleed heeltemal van pers stof maak.

32 En die opening vir die hoof moet in die middel daarvan wees. Rondom die opening moet 'n soom van wewerswerk wees. Soos die opening van 'n pantser moet dit daaraan wees, dat dit nie kan skeur nie.

33 En maak aan die soom daarvan granaatjies van pers en purperrooi en bloedrooi kleur, aan die soom daarvan rondom, en daar tussenin goue klokkies rondom:

34 'n goue klokkie en 'n granaatjie, 'n goue klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom.

35 En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die Here, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.

36 Verder moet jy 'n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op 'n seëlsteen uitgesny word: Heilig aan die Here.

37 En maak dit vas aan 'n pers toutjie, sodat dit aan die tulband kan wees; aan die voorkant van die tulband moet dit wees.

38 So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die Here welgevalle mag vind.

39 Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk. Jy moet ook 'n tulband van fyn linne maak, en 'n gordel moet jy van veelkleurige werk maak.

40 En maak rokke vir die seuns van Aäron, en maak vir hulle gordels. Ook moet jy vir hulle musse maak, tot eer en tot sieraad.

41 En trek dit jou broer Aäron en sy seuns saam met hom aan. En salf hulle en stel hulle aan en heilig hulle, sodat hulle vir My die priesteramp kan bedien.

42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die dye wees.

43 En Aäron en sy seuns moet dit aanhê as hulle in die tent van samekoms gaan, of as hulle nader kom na die altaar om in die heiligdom te dien, sodat hulle geen skuld op hulle laai en sterwe nie. Dit is 'n ewige insetting vir hom en vir sy nageslag hom.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_12-11-46-