1 Farai poi il tabernacolo di dieci teli di lino fino ritorto, di filo colore violaceo, porporino e scarlatto, con dei cherubini artisticamente lavorati. 2 La lunghezza di ogni telo sarà di ventotto cubiti, e la larghezza di ogni telo di quattro cubiti; tutti i teli saranno della stessa misura. 3 Cinque teli saranno uniti assieme, e gli altri cinque teli saranno pure uniti assieme. 4 Farai dei nastri di colore violaceo all’orlo del telo che è all’estremità della prima serie; e lo stesso farai all’orlo del telo che è all’estremità della seconda serie. 5 Metterai cinquanta nastri al primo telo, e metterai cinquanta nastri all’orlo del telo che è all’estremità della seconda serie di teli: i nastri si corrisponderanno l’uno all’altro. 6 Farai cinquanta fermagli d’oro, e unirai i teli l’uno all’altro mediante i fermagli, perché il tabernacolo formi un tutto unico. 7 Farai pure dei teli, di pelo di capra, che serviranno da tenda per coprire il tabernacolo: di questi teli ne farai undici. 8 La lunghezza di ogni telo sarà di trenta cubiti, e la larghezza di ogni telo, di quattro cubiti; gli undici teli avranno la stessa misura. 9 Unirai assieme, da sé, cinque di questi teli, e unirai da sé gli altri sei, e ripiegherai il sesto sulla parte anteriore della tenda. 10 E metterai cinquanta nastri all’orlo del telo che è all’estremità della prima serie, e cinquanta nastri all’orlo del telo che è all’estremità della seconda serie di teli. 11 Farai cinquanta fermagli di bronzo, e farai entrare i fermagli nei nastri e unirai così la tenda, in modo che formi un tutto unico. 12 Quanto alla parte dei teli della tenda in eccedenza, la metà del telo che avanza ricadrà sulla parte posteriore del tabernacolo. 13 Il cubito da una parte e il cubito dall’altra parte in eccedenza nella lunghezza dei teli della tenda, ricadranno sui due lati del tabernacolo, di qua e di là, per coprirlo. 14 Per la tenda farai pure una coperta di pelli di montone tinte di rosso, e sopra questa un’altra coperta di pelli di tasso. 15 Per il tabernacolo farai delle assi di legno di acacia, messe diritte. 16 La lunghezza di un’asse sarà di dieci cubiti, e la larghezza di un’asse, di un cubito e mezzo. 17 Ogni asse avrà due incastri paralleli; farai così per tutte le assi del tabernacolo. 18 Farai dunque le assi per il tabernacolo: venti assi dal lato meridionale, verso il sud. 19 Metterai quaranta basi d’argento sotto le venti assi: due basi sotto ciascuna asse per i suoi due incastri. 20 E farai venti assi per il secondo lato del tabernacolo, il lato nord, 21 e le loro quaranta basi d’argento: due basi sotto ciascuna asse. 22 Per la parte posteriore del tabernacolo, verso occidente, farai sei assi. 23 Farai pure due assi per gli angoli del tabernacolo, dalla parte posteriore. 24 Queste saranno doppie dal basso in su e, al tempo stesso, formeranno un tutto unico fino in cima, fino al primo anello. Così sarà per entrambe le assi, che saranno ai due angoli. 25 Vi saranno dunque otto assi, con le loro basi d’argento: sedici basi, due basi sotto ogni asse. 26 Farai anche delle traverse di legno di acacia: cinque, per le assi di un lato del tabernacolo; 27 cinque traverse per le assi dell’altro lato del tabernacolo, e cinque traverse per le assi della parte posteriore del tabernacolo, a occidente. 28 La traversa di mezzo, in mezzo alle assi, passerà da una parte all’altra. 29 Rivestirai d’oro le assi, e farai d’oro i loro anelli per i quali passeranno le traverse, e rivestirai d’oro le traverse. 30 Erigerai il tabernacolo secondo la forma esatta che ti è stata mostrata sul monte. 31 Farai un velo di filo violaceo, porporino, scarlatto, e di lino fino ritorto con dei cherubini artisticamente lavorati, 32 e lo sospenderai a quattro colonne di acacia, rivestite d’oro, che avranno i chiodi d’oro e poseranno su basi d’argento. 33 Metterai il velo sotto i fermagli; e lì, al di là del velo, introdurrai l’arca della testimonianza; quel velo sarà per voi la separazione del luogo santo dal santissimo. 34 Metterai il propiziatorio sull’arca della testimonianza nel luogo santissimo. 35 Metterai la tavola fuori del velo, e il candelabro di fronte alla tavola dal lato meridionale del tabernacolo; e metterai la tavola dal lato di settentrione. 36 Farai pure per l’ingresso della tenda una portiera di filo violaceo, porporino, scarlatto, e di lino fino ritorto, un lavoro di ricamo. 37 E farai cinque colonne di acacia per sospendervi la portiera; le rivestirai d’oro, e avranno i chiodi d’oro e tu fonderai per esse cinque basi di bronzo.
1 EN die tabernakel moet jy van tien tentdoeke maak, van fyn dubbeldraad- linne en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, met gérubs; as kunstige werk moet jy dit maak.
2 Die lengte van elke tentdoek moet agt-en-twintig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el. Al die tentdoeke moet een maat hê.
3 Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.
4 En jy moet lissies van pers stof maak aan die soom van die buitenste tentdoek van die een stel. En so moet jy dit maak aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
5 Vyftig lissies moet jy aan die een tentdoek maak, en vyftig lissies moet jy maak aan die rand van die tentdoek wat aan die tweede stel behoort. Die lissies moet die een teenoor die ander wees.
6 Jy moet ook vyftig goue hakies maak en die tentdoeke saamvoeg met die hakies, die een aan die ander, sodat die tabernakel een geheel is.
7 Ook moet jy doeke van bokhaar maak as 'n tentseil oor die tabernakel: elf tentdoeke moet jy dit maak.
8 Die lengte van elke tentdoek moet dertig el wees en die breedte van elke tentdoek vier el: die elf tentdoeke moet een maat hê.
9 En jy moet vyf van die tentdoeke besonders aanmekaarwerk en ses van die tentdoeke besonders. En die sesde tentdoek moet jy dubbel vou, aan die voorkant van die tent.
10 En jy moet vyftig lissies maak aan die soom van die laaste tentdoek van die een stel, en vyftig lissies aan die soom van die laaste tentdoek van die tweede stel.
11 Jy moet ook vyftig koperhakies maak en die hakies in die lissies steek; en jy moet die tent saamvoeg, sodat dit een geheel is.
12 En wat betref die oorhangende gedeelte aan die tentdoeke — die helfte van die tentdoek wat oorskiet, moet oorhang aan die agterkant van die tabernakel.
13 En die el wat aan weerskante oorskiet in die lengte van die tentdoeke, moet oorhang aan die sykante van die tabernakel, aan weerskante, om dit te oordek.
14 Jy moet ook vir die tent 'n dekkleed van rooigeverfde ramsvelle maak en 'n dekkleed van robbevelle daar bo-oor.
15 JY moet ook vir die tabernakel die regopstaande style van akasiahout maak.
16 Die lengte van die styl moet tien el wees, en anderhalf el die breedte van elke styl.
17 Elke styl moet twee tappe hê wat met mekaar verbind is. So moet jy dit maak vir al die style van die tabernakel.
18 En die style vir die tabernakel moet jy maak: twintig style aan die suidekant, na die suide toe.
19 Jy moet ook veertig silwervoetstukke onder die twintig style maak: twee voetstukke onder die een styl vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander styl vir sy twee tappe.
20 En vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig style
21 met hulle veertig silwervoetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
22 En vir die agterkant van die tabernakel, teen die weste, moet jy ses style maak.
23 Ook moet jy twee style maak vir die hoeke van die tabernakel, aan die agterkant.
24 En hulle moet van onder dubbel wees, en net so moet hulle bo dubbel wees tot by die eerste ring. So moet dit met altwee wees; hulle moet die twee hoeke vorm.
25 So moet daar dan agt style wees met hulle silwervoetstukke, sestien voetstukke: twee voetstukke onder die een styl en twee voetstukke onder die ander styl.
26 Jy moet ook dwarshoute van akasiahout maak: vyf vir die style van die een sykant van die tabernakel
27 en vyf dwarshoute vir die style van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf dwarshoute vir die style van die agterkant van die tabernakel teen die weste.
28 En die middelste dwarshout moet in die middel van die style oordwars loop, van die een ent na die ander.
29 En jy moet die style met goud oortrek; en hulle ringe, as plekke vir die dwarshoute, moet jy van goud maak. Die dwarshoute moet jy ook met goud oortrek.
30 So moet jy dan die tabernakel oprig volgens die plan wat jou op die berg getoon is.
31 VERDER moet jy 'n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs.
32 En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan.
33 En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle 'n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.
34 En jy moet die versoendeksel op die ark van die Getuienis neerlê in die Allerheiligste.
35 En sit die tafel buitekant die voorhangsel, en die kandelaar teenoor die tafel aan die suidekant van die tabernakel. Maar die tafel moet jy aan die noordekant sit.
36 Jy moet ook vir die ingang van die tent 'n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk.
37 En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.