1 Poi Dio disse a Mosè: "Sali verso l’Eterno tu e Aaronne, Nadab e Abiu e settanta degli anziani d’Israele, e adorate da lontano; 2 poi Mosè solo si accosterà all’Eterno; ma gli altri non si accosteranno, né salirà il popolo con lui". 3 Allora Mosè andò a riferire al popolo tutte le parole dell’Eterno e tutte le leggi. E tutto il popolo rispose a una voce e disse: "Noi faremo tutte le cose che l’Eterno ha detto". 4 Poi Mosè scrisse tutte le parole dell’Eterno; si alzò di buon mattino ed eresse, ai piedi del monte, un altare e dodici pietre per le dodici tribù d’Israele. 5 Poi mandò dei giovani israeliti a offrire olocausti e a immolare giovenchi come sacrifici di ringraziamento all’Eterno. 6 E Mosè prese la metà del sangue e lo mise in bacini; e l’altra metà la sparse sull’altare. 7 Poi prese il libro del patto e lo lesse alla presenza del popolo, il quale disse: "Noi faremo tutto quello che l’Eterno ha detto, e ubbidiremo". 8 Allora Mosè prese il sangue, ne asperse il popolo e disse: "Ecco il sangue del patto che l’Eterno ha fatto con voi sul fondamento di tutte queste parole". 9 Poi Mosè e Aaronne, Nadab e Abiu e settanta degli anziani d’Israele salirono, 10 e videro l’Iddio d’Israele. Sotto i suoi piedi c’era come un pavimento lavorato in trasparente zaffiro, simile, per limpidezza, al cielo stesso. 11 Ed egli non mise la mano addosso a quegli eletti tra i figli d’Israele; ma essi videro Iddio, e mangiarono e bevvero. 12 L’Eterno disse a Mosè: "Sali da me sul monte, e fermati qui; e io ti darò delle tavole di pietra, la legge e i comandamenti che ho scritto, perché siano insegnati ai figli d’Israele". 13 Mosè dunque si alzò con Giosuè suo ministro; e Mosè salì sul monte di Dio. 14 E disse agli anziani: "Aspettateci qui, finché ritorneremo da voi. Ecco, Aaronne e Cur sono con voi; chiunque abbia qualche affare si rivolga a loro". 15 Mosè dunque salì sul monte, e la nuvola ricoprì il monte. 16 La gloria dell’Eterno rimase sul monte Sinai e la nuvola lo coprì per sei giorni; e il settimo giorno l’Eterno chiamò Mosè dalla nuvola. 17 L’aspetto della gloria dell’Eterno era agli occhi dei figli d’Israele come un fuoco divorante sulla cima del monte. 18 E Mosè entrò in mezzo alla nuvola e salì sul monte; e Mosè rimase sul monte quaranta giorni e quaranta notti.
1 DAARNA het Hy vir Moses gesê: Klim na die Here toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.
2 En laat Moses alleen nader kom na die Here toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
3 Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die Here en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die Here gespreek het, sal ons doen.
4 En Moses het al die woorde van die Here opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg 'n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
5 En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die Here geslag.
6 En Moses het die helfte van die bloed geneem en dit in komme gegooi en die helfte van die bloed teen die altaar uitgegooi.
7 En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die Here gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
8 Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die Here met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.
9 Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel.
10 En hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos 'n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self.
11 Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.
12 Toe sê die Here vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
13 Hierop het Moses klaargemaak en Josua, sy dienaar. En Moses het op die berg van God geklim
14 en aan die oudstes gesê: Wag hier vir ons tot ons na julle terugkom. En kyk, Aäron en Hur is by julle; wie regsake het, kan na hulle gaan.
15 Toe Moses die berg opklim, het 'n wolk die berg oordek.
16 En die heerlikheid van die Here het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.
17 En die verskyning van die Here se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg.
18 En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.