1 Mosè rispose e disse: "Ma ecco, essi non mi crederanno e non ubbidiranno alla mia voce, perché diranno: ‘L’Eterno non ti è apparso’". 2 L’Eterno allora gli disse: "Che cos’è quello che hai in mano?". Egli rispose: "Un bastone". 3 E l’Eterno disse: "Gettalo a terra". Egli lo gettò in terra, ed esso diventò un serpente; e Mosè fuggì davanti a quello. 4 Allora l’Eterno disse a Mosè: "Stendi la tua mano, e prendilo per la coda". Egli stese la mano, e lo prese, ed esso ritornò un bastone nella sua mano. 5 "Questo farai", disse l’Eterno, "affinché credano che l’Eterno, l’Iddio dei loro padri, l’Iddio di Abraamo, l’Iddio di Isacco e l’Iddio di Giacobbe ti è apparso". 6 L’Eterno gli disse ancora: "Mettiti la mano nel petto". Ed egli si mise la mano nel petto; poi la tirò fuori, ecco che la mano era lebbrosa, bianca come la neve. 7 E l’Eterno gli disse: "Rimettiti la mano nel petto". Egli si rimise la mano nel petto; poi, la tirò fuori dal petto, ecco che era ritornata come il resto della sua carne. 8 "Ora avverrà", disse l’Eterno, "che, se non ti crederanno e non daranno ascolto alla voce del primo segno, crederanno alla voce del secondo segno; 9 e se non crederanno neppure a questi due segni e non ubbidiranno alla tua voce, tu prenderai dell’acqua del Fiume, e la verserai sull’asciutto; e l’acqua che avrai preso dal Fiume, diventerà sangue sull’asciutto".
10 Mosè disse all’Eterno: "Ahimè, Signore, io non sono un oratore; non lo ero in passato, e non lo sono da quando tu hai parlato al tuo servo; poiché io sono lento di parola e di lingua". 11 E l’Eterno gli disse: "Chi ha fatto la bocca dell’uomo? o chi rende muto o sordo o veggente o cieco? non sono io, l’Eterno? 12 Ora dunque va’, e io sarò con la tua bocca, e ti insegnerò quello che dovrai dire". 13 E Mosè disse: "O Signore, manda il tuo messaggio per mezzo di chi vorrai!". 14 Allora l’ira dell’Eterno si accese contro Mosè, ed egli disse: "Non c’è Aaronne tuo fratello, il Levita? Io so che parla bene. Ed ecco che sta uscendo per incontrarti e, quando ti vedrà, si rallegrerà in cuor suo. 15 Tu gli parlerai, e gli metterai le parole in bocca; io sarò con la tua bocca e con la sua bocca, e vi insegnerò quello che dovrete fare. 16 Egli parlerà per te al popolo; e così ti servirà da bocca, e tu sarai per lui come Dio. 17 Ora prendi in mano questo bastone con il quale farai i prodigi".
18 Allora Mosè se ne andò, tornò da Ietro suo suocero, e gli disse: "Lascia che io me ne vada e torni dai miei fratelli che sono in Egitto, per vedere se sono ancora vivi". E Ietro disse a Mosè: "Va’ in pace". 19 Ora, l’Eterno disse a Mosè in Madian: "Va’, tornatene in Egitto, perché tutti quelli che cercavano di toglierti la vita sono morti". 20 Mosè dunque prese sua moglie e i suoi figli, li mise su degli asini, e tornò nel paese d’Egitto; e Mosè prese nella sua mano il bastone di Dio. 21 E l’Eterno disse a Mosè: "Quando sarai tornato in Egitto, avrai cura di fare davanti al Faraone tutti i prodigi che ti ho dato potere di compiere; ma io gli indurirò il cuore, ed egli non lascerà partire il popolo. 22 E tu dirai al Faraone: ‘Così dice l’Eterno: Israele è mio figlio, il mio primogenito; 23 e io ti dico: Lascia andare mio figlio, affinché mi serva; e se tu rifiuti di lasciarlo andare, ecco, io ucciderò tuo figlio, il tuo primogenito’".
24 E avvenne che, mentre Mosè era in viaggio, l’Eterno gli venne incontro nel luogo dove albergava, e cercò di farlo morire. 25 Allora Sefora prese una selce tagliente, recise il prepuzio di suo figlio, e lo gettò ai piedi di Mosè, dicendo: "Sposo di sangue tu sei per me!". 26 E l’Eterno lo lasciò. Allora lei disse: "Sposo di sangue a causa della circoncisione".
27 L’Eterno disse ad Aaronne: "Va’ nel deserto incontro a Mosè". Ed egli andò, lo incontrò al monte di Dio, e lo baciò. 28 E Mosè riferì ad Aaronne tutte le parole che l’Eterno lo aveva incaricato di dire, e tutti i segni prodigiosi che gli aveva ordinato di fare. 29 Mosè e Aaronne dunque andarono, e radunarono tutti gli anziani dei figli d’Israele. 30 E Aaronne riferì tutte le parole che l’Eterno aveva detto a Mosè, e fece i prodigi in presenza del popolo. 31 E il popolo prestò loro fede. Essi compresero che l’Eterno aveva visitato i figli d’Israele e aveva visto la loro afflizione, si inchinarono e adorarono.
1 TOE antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die Here het nie aan jou verskyn nie?
2 Daarop vra die Here vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: 'n Staf.
3 En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het 'n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.
4 Toe sê die Here vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het 'n staf in sy hand geword —
5 sodat hulle kan glo dat die Here, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.
6 En die Here het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!
7 En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees!
8 En as hulle jou nie glo en aan die eerste teken geen gehoor gee nie, dan sal hulle die laaste teken glo.
9 En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word.
10 Toe sê Moses aan die Here: Ag, Here, ek is nie 'n man van woorde nie — van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.
11 En die Here antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie?
12 Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.
13 Maar hy sê: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur.
14 Toe ontvlam die toorn van die Here teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hý goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart.
15 Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen.
16 En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou 'n mond wees en jy vir hom 'n god wees.
17 Neem dan hierdie staf in jou hand waarmee jy die tekens moet doen.
18 TOE gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is, om te sien of hulle nog lewe. En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede.
19 Ook het die Here vir Moses in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.
20 Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op 'n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die staf van God in sy hand geneem.
21 En die Here sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.
22 Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die Here: My eersgebore seun is Israel.
23 Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
24 En op die pad in die herberg het die Here hom teëgekom en wou hom doodmaak.
25 Toe neem Sippóra 'n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my 'n bloedbruidegom!
26 En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! — met die oog op die besnydenis.
27 Die Here het ook aan Aäron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom by die berg van God aangetref en hom gesoen.
28 Daarop vertel Moses aan Aäron al die woorde van die Here waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het.
29 En Moses en Aäron het vertrek en al die oudstes van die kinders van Israel bymekaar laat kom;
30 en Aäron het al die woorde gespreek wat die Here aan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk.
31 En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die Here op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.