1 Celebrate l’Eterno, invocate il suo nome;
fate conoscere le sue gesta fra i popoli.
2 Cantate e salmeggiate a lui,
meditate su tutte le sue meraviglie.
3 Gloriatevi del suo santo nome;
gioisca il cuore di chi cerca l’Eterno!
4 Cercate l’Eterno e la sua forza,
cercate sempre il suo volto!
5 Ricordatevi dei prodigi che ha compiuto,
dei suoi miracoli e dei giudizi della sua bocca,
6 voi, figli di Abraamo, suo servitore,
discendenza di Giacobbe, suoi eletti!
7 Egli, l’Eterno, è il nostro Dio;
i suoi giudizi si esercitano su tutta la terra.
8 Egli si ricorda per sempre del suo patto,
della parola da lui data per mille generazioni,
9 del patto che fece con Abraamo,
del giuramento che fece a Isacco,
10 e che confermò a Giacobbe come uno statuto,
a Israele come un patto eterno,
11 dicendo: "Io ti darò il paese di Canaan
come vostra eredità".
12 Non erano allora che poca gente,
pochissimi e stranieri nel paese,
13 e andavano da una nazione all’altra,
da un regno a un altro popolo.
14 Egli non permise che alcuno li opprimesse;
anzi, per amor loro, castigò dei re,
15 dicendo: "Non toccate i miei unti,
e non fate alcun male ai miei profeti".
16 Poi chiamò la fame sul paese,
e fece mancare del tutto il pane che li sostentava.
17 Mandò davanti a loro un uomo.
Giuseppe fu venduto come schiavo.
18 I suoi piedi furono serrati nei ceppi,
fu messo in catene di ferro,
19 fino al tempo che avvenne quello che aveva detto.
La parola dell’Eterno, nella prova, lo affinò.
20 Allora il re lo fece slegare,
il dominatore di popoli lo liberò;
21 lo costituì signore della sua casa
e governatore di tutti i suoi beni
22 per legare i prìncipi a suo giudizio
e insegnare ai suoi anziani la sapienza.
23 Allora Israele venne in Egitto,
e Giacobbe soggiornò nel paese di Cam.
24 Dio fece moltiplicare grandemente il suo popolo
e lo rese più potente dei suoi avversari.
25 Poi mutò il loro cuore perché odiassero il suo popolo
e tramassero inganni contro i suoi servitori.
26 Egli mandò Mosè, suo servitore,
e Aaronne, che aveva eletto.
27 Essi compirono fra loro i miracoli da lui ordinati,
fecero dei prodigi nella terra di Cam.
28 Mandò le tenebre e fece oscurare l’aria,
eppure non osservarono le sue parole.
29 Cambiò le acque in sangue
e fece morire i loro pesci.
30 La terra brulicò di rane,
fin nelle camere dei loro re.
31 Egli parlò, e vennero mosche velenose
e zanzare in tutto il loro territorio.
32 Mandò loro grandine invece di pioggia,
fiamme di fuoco sul loro paese.
33 Percosse le loro vigne e i loro fichi
e fracassò gli alberi del loro territorio.
34 Egli parlò e vennero le locuste
e i bruchi innumerevoli,
35 che divorarono tutta l’erba del paese
e mangiarono il frutto della terra.
36 Poi percosse tutti i primogeniti del paese,
le primizie della loro forza.
37 Fece uscire gli Israeliti con argento e oro,
e, nelle sue tribù, nessuno vacillò.
38 L’Egitto si rallegrò della loro partenza,
poiché erano terrorizzati a causa loro.
39 Egli distese una nuvola per ripararli
e accese un fuoco per rischiararli di notte.
40 A loro richiesta fece venire delle quaglie
e li saziò con il pane del cielo.
41 Egli fendé la roccia e ne scaturirono acque:
esse scorrevano come un fiume nel deserto.
42 Poiché egli si ricordò della sua parola santa
e di Abraamo, suo servitore.
43 Trasse fuori il suo popolo con allegrezza,
i suoi eletti con grida di gioia.
44 Diede loro i paesi delle nazioni
ed essi presero possesso della fatica dei popoli,
45 perché osservassero i suoi statuti e ubbidissero alle sue leggi.
Alleluia.
1 LOOF die Here, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.
2 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.
3 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die Here soek, bly wees.
4 Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.
5 Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,
6 o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!
7 Hy, die Here, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.
8 Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte —
9 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;
10 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,
11 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.
12 Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin,
13 en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,
14 het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
16 En Hy het 'n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek.
17 Hy het 'n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.
18 Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,
19 tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die Here hom beproef verklaar het.
20 Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat.
21 Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;
22 om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.
23 Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.
24 En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders.
25 Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.
26 Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het.
27 Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.
28 Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie.
29 Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe.
30 Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings.
31 Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied.
32 Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle land.
33 En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek.
34 Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en voetgangers sonder getal,
35 wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond.
36 Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag.
37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.
38 Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval.
39 Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.
40 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.
41 Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke — 'n rivier!
42 Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.
43 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.
44 En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,
45 dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!