1 Di Davide. Cantico.
Beato l’uomo a cui la trasgressione è perdonata
e il cui peccato è coperto!
2 Beato l’uomo a cui l’Eterno non imputa l’iniquità
e nel cui spirito non c’è inganno!
3 Mentre io ho taciuto le mie ossa si sono consumate
mentre gemevo tutto il giorno.
4 Poiché giorno e notte la tua mano si aggravava su me,
il mio vigore inaridiva come per arsura d’estate. [Pausa]
5 Davanti a te ho ammesso il mio peccato,
non ho taciuto la mia iniquità.
Io ho detto: "Confesserò le mie trasgressioni all’Eterno";
e tu hai perdonato l’iniquità del mio peccato. [Pausa]
6 Perciò ogni uomo pio t’invochi nel tempo che puoi essere trovato;
e quando straripino le grandi acque,
esse, per certo, non giungeranno fino a lui.
7 Tu sei il mio rifugio, tu mi proteggerai nelle avversità,
tu mi circonderai di canti di liberazione. [Pausa]
8 Io ti ammaestrerò e ti insegnerò la via
per la quale devi camminare;
io ti consiglierò e avrò gli occhi su te.
9 Non siate come il cavallo
e come il mulo che non hanno intelletto,
la cui bocca bisogna frenare con morso e con briglia,
altrimenti non ti si accostano!
10 Molti dolori aspettano l’empio;
ma chi confida nell’Eterno, la sua grazia lo circonderà.
11 Rallegratevi nell’Eterno e fate festa, o giusti!
Giubilate voi tutti che siete retti di cuore!
1 'n PSALM van Dawid; 'n onderwysing.
Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
2 Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
3 Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
4 want u hand was dag en nag swaar op my; my murg het verander soos deur somergloed. Sela.
5 My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en Ú het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
6 Daarom sal elke vrome U aanbid in 'n tyd as U te vinde is; ja, by 'n oorstroming van groot waters sal hulle nie aan hom raak nie.
7 U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.
8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
9 Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.
10 Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die Here vertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.
11 Wees bly in die Here en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!