1 Per il Maestro del coro. Per strumenti a corda. Salmo di Asaf. Canto.
Dio è conosciuto in Giuda;
il suo nome è grande in Israele.
2 Il suo tabernacolo è in Salem,
e la sua dimora in Sion.
3 Qua egli ha spezzato le frecce dell’arco,
lo scudo, la spada e le armi da guerra. [Pausa]
4 Tremendo sei tu, o Potente,
quando ritorni dalle montagne della preda.
5 I valorosi sono stati spogliati del loro bottino,
colti da un sonno profondo;
tutti gli uomini prodi sono stati ridotti all’impotenza.
6 Alla tua minaccia, o Dio di Giacobbe,
carri e cavalli sono stati presi da torpore.
7 Tu, tu sei tremendo;
e chi può resistere davanti a te quando ti adiri?
8 Dal cielo facesti udire la tua sentenza;
la terra ebbe paura e tacque,
9 quando Dio si alzò per giudicare,
per salvare tutti gli infelici della terra. [Pausa]
10 Certo, il furore degli uomini ritornerà a lode tua;
ti cingerai degli ultimi avanzi dei loro furori.
11 Fate voti all’Eterno, al vostro Dio, e adempiteli;
tutti quelli che gli stanno attorno portino doni al Tremendo,
12 colui che recide lo spirito dei prìncipi,
colui che è temuto dai re della terra.
1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.
2 God is bekend in Juda, sy Naam is groot in Israel.
3 Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
4 Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog. Sela.
5 Glansryk is U, heerlik van die roofberge af!
6 Geplunder is die sterkes van hart; hulle het hul slaap gesluimer, en geeneen van die dapper manne het hulle hande gevind nie.
7 Deur u dreiging, o God van Jakob, het strydwa en perd saam bedwelmd geraak.
8 U, vreeslik is U, en wie kan voor u aangesig bestaan as u toorn uitgebreek het?
9 Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
10 toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos. Sela.
11 Want die grimmigheid van die mens moet U loof; met die oorblyfsel van grimmighede gord U Uself.
12 Doen geloftes en betaal dié aan die Here julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,
13 wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.