1 Di Davide.
Fammi giustizia, o Eterno, perché io cammino nell’integrità
e confido nell’Eterno senza vacillare.
2 Scrutami o Eterno, e sperimentami;
prova le mie reni e il mio cuore.
3 Poiché ho davanti agli occhi la tua benevolenza
e cammino nella tua verità.
4 Io non siedo con uomini bugiardi,
e non vado con gente che simula.
5 Io odio l’assemblea dei malvagi,
e non mi siedo con gli empi.
6 Io lavo le mie mani nell’innocenza,
e così faccio il giro del tuo altare, o Eterno,
7 per far risuonare voci di lode,
e per raccontare tutte le tue meraviglie.
8 O Eterno, io amo il soggiorno della tua casa
e il luogo dove risiede la tua gloria.
9 Non mettere l’anima mia in un fascio con i peccatori,
né la mia vita con gli uomini di sangue,
10 nelle cui mani è scelleratezza,
e la cui destra è colma di regali.
11 Quanto a me, io cammino nella mia integrità;
liberami e abbi pietà di me.
12 Il mio piede sta fermo in luogo piano.
Io benedirò l’Eterno nelle assemblee.
1 'n PSALM van Dawid.
Doen aan my reg, o Here, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die Here sonder om te wankel.
2 Toets my, Here, en beproef my, keur my niere en my hart;
3 want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.
4 Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie.
5 Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
6 Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o Here,
7 om die stem van lof te laat hoor en om al u wonders te vertel.
8 Here, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
9 Ruk my siel nie weg saam met die sondaars en my lewe saam met die manne van bloed nie,
10 in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
11 Maar ék wandel in my opregtheid; verlos my en wees my genadig.
12 My voet staan op gelyk grond; ek sal die Here loof in die vergaderings.