1 Poi Aitofel disse ad Absalom: "Lasciami scegliere dodicimila uomini; partirò e inseguirò Davide questa notte stessa; 2 e gli piomberò addosso mentre egli è stanco e ha le braccia fiacche; lo spaventerò, e tutta la gente che è con lui si darà alla fuga; io colpirò soltanto il re, 3 e ricondurrò a te tutto il popolo; l’uomo che tu cerchi vale quanto il ritorno di tutti; e così tutto il popolo sarà in pace". 4 Questo discorso piacque ad Absalom e a tutti gli anziani d’Israele. 5 Tuttavia Absalom disse: "Chiamate ancora Cusai, l’Archita, e sentiamo ciò che dirà anche lui". 6 Quando Cusai giunse da Absalom, questi gli disse: "Aitofel ha parlato così e così; dobbiamo fare come ha detto lui? Altrimenti, parla tu!". 7 Cusai rispose ad Absalom: "Questa volta il consiglio dato da Aitofel non è buono". 8 Cusai aggiunse: "Tu conosci tuo padre e i suoi uomini, e sai che sono gente valorosa e che hanno l’animo esasperato come un’orsa nella campagna quando le sono stati rapiti i figli; e poi tuo padre è un guerriero e non passerà la notte con il popolo. 9 Senza dubbio ora è nascosto in qualche buca o in qualche altro luogo; e avverrà che, se fin da principio ne cadranno alcuni dei tuoi, chiunque lo verrà a sapere dirà: ‘Tra la gente che seguiva Absalom c’è stata una strage’. 10 Allora il più valoroso, anche se avesse un cuore di leone, si avvilirà, perché tutto Israele sa che tuo padre è un prode, e che quelli che ha con sé sono dei valorosi. 11 Perciò io consiglio che tutto Israele da Dan fino a Beer-Sceba si raduni presso di te, numeroso come la sabbia che è sulla riva del mare, e che tu vada di persona alla battaglia. 12 Così lo raggiungeranno in qualunque luogo egli si troverà, e gli cadranno addosso come la rugiada cade sul suolo; e di tutti quelli che sono con lui non ne scamperà uno solo. 13 Se egli si ritira in qualche città, tutto Israele porterà funi in quella città e noi la trascineremo nel torrente in modo che non se ne trovi più nemmeno una pietruzza". 14 Absalom e tutti gli uomini d’Israele dissero: "Il consiglio di Cusai, l’Archita, è migliore di quello di Aitofel". L’Eterno aveva stabilito di rendere vano il buon consiglio di Aitofel, per far cadere la sciagura sopra Absalom. 15 Allora Cusai disse ai sacerdoti Sadoc e Abiatar: "Aitofel ha consigliato Absalom e gli anziani d’Israele così e così, e io ho consigliato in questo e questo modo. 16 Ora dunque mandate in fretta a informare Davide e ditegli: ‘Non passare la notte nelle pianure del deserto, ma senz’altro va’ oltre, affinché il re con tutta la gente che ha con sé non rimanga sopraffatto’". 17 Gionatan e Aimaas stavano appostati presso En-Roghel; ed essendo la serva andata a informarli, essi andarono a informare il re Davide, infatti non potevano entrare in città in modo palese. 18 Un ragazzo, però, li aveva visti e aveva avvisato Absalom; ma i due partirono di corsa e giunsero a Baurim a casa di un uomo che aveva nella sua corte una cisterna. 19 Quelli vi si calarono; e la donna di casa prese una coperta, la distese sulla bocca della cisterna, e vi sparse su del grano macinato; cosicché nessuno ne seppe nulla. 20 I servi di Absalom vennero in casa di quella donna, e chiesero: "Dove sono Aimaas e Gionatan?". La donna rispose loro: "Hanno passato il ruscello". Quelli si misero a cercarli e, non potendoli trovare, se ne tornarono a Gerusalemme. 21 Come quelli se ne furono andati, i due uscirono fuori dalla cisterna e andarono a informare il re Davide. Gli dissero: "Alzatevi e affrettatevi ad attraversare l’acqua; perché ecco qual è il consiglio che Aitofel ha dato a vostro danno". 22 Allora Davide si alzò con tutta la gente che era con lui, e passò il Giordano. All’apparire del giorno, non era rimasto neppure uno che non avesse passato il Giordano. 23 Aitofel, vedendo che il suo consiglio non era stato seguito, sellò il suo asino e partì per andarsene a casa sua, nella sua città. Mise in ordine le cose della sua casa e si impiccò. Così morì e fu sepolto nel sepolcro di suo padre. 24 Davide giunse a Maanaim; anche Absalom passò il Giordano, con tutta la gente d’Israele. 25 Absalom aveva posto a capo dell’esercito Amasa, invece di Ioab. Ora Amasa era figlio di un uomo chiamato Itra, l’Ismaelita, il quale aveva avuto relazioni con Abigal, figlia di Naas, sorella di Seruia, madre di Ioab. 26 Israele e Absalom si accamparono nel paese di Galaad. 27 Quando Davide giunse a Maanaim, Sobi, figlio di Naas, che era da Rabba città degli Ammoniti, Machir, figlio di Ammiel da Lodebar, e Barzillai, il Galaadita di Roghelim, 28 portarono dei letti, dei catini, dei vasi di terra, del grano, dell’orzo, della farina, del grano arrostito, delle fave, delle lenticchie, dei legumi arrostiti, 29 del miele, del burro, delle pecore e dei formaggi di vacca per Davide e per la gente che era con lui, affinché mangiassero; perché dicevano: "Questa gente deve aver patito fame, stanchezza e sete nel deserto".
1 VERDER het Agitófel vir Absalom gesê: Laat ek tog twaalfduisend man uitsoek en my klaarmaak en Dawid vannag agternajaag,
2 dat ek hom kan oorval, terwyl hy moeg en slap van hande is, en hom verskrik; dan sal al die mense vlug wat by hom is, en ek sal net die koning neerslaan.
3 En ek sal die hele volk na u terugbring: die terugkeer van almal hang af van die man wat u soek; die hele volk sal tevrede wees.
4 En die woord was reg in die oë van Absalom en in die oë van al die oudstes van Israel.
5 Maar Absalom het gesê: Roep tog ook Húsai, die Arkiet, en laat ons ook hoor wat hy sê.
6 Toe Húsai by Absalom inkom, het Absalom met hom gespreek en gesê: So het Agitófel gespreek. Sal ons sy raad opvolg? So nie, spreek jy dan.
7 En Húsai sê vir Absalom: Die raad wat Agitófel hierdie keer gegee het, is nie goed nie.
8 Verder het Húsai gesê: U weet dat u vader en sy manne helde is en bitter van siel soos 'n beer wat van haar kleintjies beroof is in die veld; ook is u vader 'n krygsman, en hy sal nie by die volk vernag nie.
9 Kyk, nou het hy hom weggesteek in een van die kuile of in een van die ander plekke, en as daar al by die begin enkele onder hulle val en die mense dit hoor, sal hulle sê: Die manskappe wat Absalom volg, het 'n neerlaag gely!
10 Dan sal selfs hy wat 'n dapper man is, wat 'n hart het soos 'n leeu se hart, heeltemal versmelt; want die hele Israel weet dat u vader 'n held is, en dat dapper manne by hom is.
11 Maar ek raai aan: Laat die hele Israel van Dan tot Berséba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.
12 En as ons by hom kom in een van die plekke waar hy hom bevind, dan val ons op hom neer soos dou op die aarde val, sodat daar van hom en van al die manne wat by hom is, selfs nie een oorbly nie.
13 En as hy hom in 'n stad terugtrek, moet die hele Israel toue aanbring na daardie stad, en ons sal dit wegsleep na die spruit totdat daar selfs geen klippie meer te vinde is nie.
14 Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitófel. Maar die Here het dit beskik om die goeie raad van Agitófel te verydel, sodat die Here die onheil oor Absalom kon bring.
15 En Húsai het aan Sadok en Ábjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.
16 Stuur dan nou gou, en laat Dawid weet: Vernag nie by die woestyndriwwe nie, maar trek sekerlik deur; anders word die koning en al die mense wat by hom is, vernietig.
17 Intussen het Jónatan en Ahímaäs by die fontein Rogel gestaan, terwyl 'n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.
18 Maar 'n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van 'n man in Bahúrim wat 'n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak.
19 En die vrou het 'n doek geneem en dit bo-oor die put oopgetrek en graankorrels daarop uitgestrooi, sodat 'n mens niks kon merk nie.
20 Toe Absalom se dienaars by die vrou in die huis kom, vra hulle: Waar is Ahímaäs en Jónatan? En die vrou sê vir hulle: Hulle het die watertjie deurgegaan. En hulle het gesoek maar niks gekry nie, en na Jerusalem teruggegaan.
21 Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitófel teen julle raad gegee.
22 Daarop het Dawid hom klaargemaak, en al die mense wat by hom was, en die Jordaan deurgetrek. Teen dat dit die môre lig geword het, het selfs nie een ontbreek wat nie die Jordaan deurgetrek het nie.
23 En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself verwurg. So het hy dan gesterwe; en hy is begrawe in die graf van sy vader.
24 EN Dawid het al in Mahanáim aangekom terwyl Absalom deur die Jordaan trek, hy en al die manne van Israel saam met hom.
25 En Absalom het Amása in Joab se plek oor die leër aangestel; en Amása was die seun van 'n man met die naam van Jitra, die Ismaeliet wat ingegaan het by Abígail, die dogter van Nahas, die suster van Serúja, Joab se moeder.
26 En Israel en Absalom het laer opgeslaan in die land Gílead.
27 Net toe Dawid in Mahanáim aankom, bring Sobi, die seun van Nahas, uit Rabba van die kinders van Ammon, en Magir, die seun van Ámmiël, uit Lódebar, en Barsíllai, die Gileadiet, uit Rógelim,
28 beddegoed en skottels en erdegoed en koring en gars en meel en gebraaide koring en bone en lensies, ook gebraai,
29 en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die woestyn.