1 Al tempo di Davide ci fu una carestia per tre anni continui; Davide cercò la faccia dell’Eterno, e l’Eterno gli disse: "Questo avviene a causa di Saul e della sua casa sanguinaria, perché egli fece morire i Gabaoniti". 2 Allora il re chiamò i Gabaoniti e parlò loro. - I Gabaoniti non facevano parte dei figli d’Israele, ma erano un residuo degli Amorei; e i figli d’Israele si erano legati a loro con giuramento; tuttavia, Saul, nel suo zelo per i figli d’Israele e di Giuda, aveva cercato di sterminarli. - 3 Davide disse ai Gabaoniti: "Che devo fare per voi e in che modo espierò il torto fatto a voi, perché voi benediciate l’eredità dell’Eterno?". 4 I Gabaoniti gli risposero: "Fra noi e Saul e la sua casa non è questione d’argento o d’oro; e non spetta a noi il far morire in Israele". Il re disse: "Ciò che voi direte io lo farò per voi". 5 E quelli risposero al re: "Poiché quell’uomo ci ha consumati e aveva fatto il piano di sterminarci per farci sparire da tutto il territorio d’Israele, 6 ci siano consegnati sette uomini tra i suoi figli e noi li impiccheremo davanti all’Eterno a Ghibea di Saul, l’Eletto dell’Eterno". Il re disse: "Ve li consegnerò". 7 Il re risparmiò Mefiboset, figlio di Gionatan, figlio di Saul, a causa del giuramento che Davide e Gionatan, figlio di Saul, avevano fatto tra loro davanti all’Eterno; 8 ma il re prese i due figli che Rispa, figlia di Aia, aveva partorito a Saul, Armoni e Mefiboset, e i cinque figli che Merab, figlia di Saul, aveva partoriti ad Adriel di Meola, figlio di Barzillai, 9 e li consegnò ai Gabaoniti, che li impiccarono sul monte, davanti all’Eterno. Tutti e sette morirono assieme; furono messi a morte nei primi giorni della messe, quando si cominciava a mietere l’orzo. 10 Rispa, figlia di Aia, prese un cilicio, lo stese sulla roccia, e stette là dal principio della mietitura fino a che l’acqua non cadde dal cielo sui cadaveri; e impedì agli uccelli del cielo di posarsi su di essi di giorno e alle bestie selvatiche di accostarsi di notte. 11 Fu riferito a Davide quello che Rispa, figlia di Aia, concubina di Saul, aveva fatto. 12 Davide andò a prendere le ossa di Saul e quelle di Gionatan suo figlio presso gli abitanti di Iabes di Galaad, i quali le avevano portato via dalla piazza di Bet-San, dove i Filistei avevano appeso i cadaveri quando avevano sconfitto Saul sul Ghilboa. 13 Egli riportò di là le ossa di Saul e quelle di Gionatan suo figlio; e anche le ossa di quelli che erano stati impiccati furono raccolte. 14 Le ossa di Saul e di Gionatan suo figlio furono sepolte nel paese di Beniamino, a Sela, nel sepolcro di Chis, padre di Saul; e fu fatto tutto quello che il re aveva ordinato. Dopo questo, Iddio fu placato verso il paese.
15 I Filistei mossero di nuovo guerra a Israele e Davide scese, con la sua gente, per combattere contro i Filistei. Davide era stanco 16 e Isbi-Benob, uno dei discendenti di Rafa, che aveva una lancia del peso di trecento sicli di rame e portava un’armatura nuova, manifestò il proposito di uccidere Davide; 17 ma Abisai, il figlio di Seruia, venne in soccorso al re, colpì il Filisteo, e lo uccise. Allora la gente di Davide gli fece questo giuramento: "Tu non uscirai più con noi a combattere e non spegnerai la lampada d’Israele". 18 Dopo questo, ci fu un’altra battaglia con i Filistei, a Gob; e allora Sibbecai di Cusa uccise Saf, uno dei discendenti di Rafa. 19 Ci fu un’altra battaglia con i Filistei a Gob; ed Elcanam, figlio di Iaare-Oreghim di Betlemme uccise Goliat di Gat, la cui asta della lancia era come un subbio da tessitore. 20 Ci fu un’altra battaglia a Gat, dove si trovò un uomo di grande statura, che aveva sei dita a ciascuna mano e a ciascun piede, in tutto ventiquattro dita, e che era anche lui dei discendenti di Rafa. 21 Egli oltraggiò Israele e Gionatan, figlio di Simea, fratello di Davide, lo uccise. 22 Questi quattro erano nati a Gat, della stirpe di Rafa. Essi morirono per mano di Davide e per mano della sua gente.
1 EN toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die Here gesoek; en die Here het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.
2 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle — die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by 'n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda —
3 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die Here kan seën?
4 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?
5 En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan —
6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die Here kan ophang in Gíbea van Saul, die uitverkorene van die Here! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.
7 Maar die koning het Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die Here wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul.
8 Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armóni en Mefibóset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Ádriël, die seun van Barsíllai, die Meholatiet, gebaar het;
9 en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die Here, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.
10 En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.
11 Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,
12 het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jónatan van die burgers van Jabes in Gílead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilbóa verslaan het.
13 En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun Jónatan daarvandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel,
14 en die bene van Saul en van sy seun Jónatan in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het God Hom oor die land ontferm.
15 EN toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.
16 En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refaïete was — die gewig van sy spies was driehonderd sikkels koper in gewig, en hy was omgord met 'n nuwe swaard — het gedink om Dawid te verslaan.
17 Maar Abísai, die seun van Serúja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.
18 En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het Síbbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refaïete, verslaan.
19 En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en Élhanan, die seun van Jáäre-Orgim uit Betlehem, het Góliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.
20 En daar was weer oorlog in Gat; en daar was 'n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier-en-twintig in getal, en hy was ook 'n afstammeling van die Refaïete.
21 En hy het Israel gehoon, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.
22 Hierdie vier was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.