Publicidade

2 Samuel 14

AFR53
Ritorno di Absalom. Sua riconciliazione con il padre

1 Ioab, figlio di Seruia, accortosi che il cuore del re si inclinava verso Absalom, 2 fece venire da Tecoa, una donna saggia, alla quale disse: "Fingi di essere in lutto: mettiti una veste da lutto, non ti ungere con olio, e sii come una donna che piange da molto tempo un morto; 3 poi entra presso il re e parlagli così e così". E Ioab le suggerì le parole da dire. 4 La donna di Tecoa andò dunque a parlare al re, si gettò con la faccia a terra, si prostrò, e disse: "O re, aiutami!". 5 Il re le disse: "Che hai?". E lei rispose: "Purtroppo io sono una vedova; mio marito è morto. 6 La tua serva aveva due figli, i quali litigarono tra di loro in campagna e, siccome non c’era nessuno che li separasse, uno colpì l’altro, e lo uccise. 7 Ed ecco che tutta la famiglia è insorta contro la tua serva, dicendo: Consegnaci colui che ha ucciso il fratello, affinché lo facciamo morire per vendicare il fratello che egli ha ucciso e per sterminare così anche l’erede. In questo modo spegneranno il tizzone che mi è rimasto e non lasceranno a mio marito nome discendenza sulla faccia della terra". 8 Il re disse alla donna: "Vattene a casa tua: io darò degli ordini a tuo riguardo". 9 La donna di Tecoa disse al re: "O re mio signore, la colpa cada su me e sulla casa di mio padre, ma il re e il suo trono non ne siano responsabili". 10 E il re: "Se qualcuno parla contro di te, portalo da me, e vedrai che non ti toccherà più". 11 Allora lei disse: "Ti prego, il re invochi l’Eterno, il tuo Dio, come testimone perché il vendicatore del sangue non aumenti la rovina e non sia sterminato mio figlio". Ed egli rispose: "Com’è vero che l’Eterno vive, non cadrà a terra un capello di tuo figlio!". 12 Allora la donna disse: "Ti prego! lascia che la tua serva dica ancora una parola al re, mio signore!". Egli rispose: "Parla". 13 La donna riprese: "Perché pensi così contro il popolo di Dio? Dalla parola che il re ha ora pronunciata risulta essere in un certo modo colpevole, in quanto non richiama colui che ha esiliato. 14 Noi dobbiamo morire e siamo come acqua versata a terra che non si può più raccogliere, ma Dio non toglie la vita, anzi medita il modo in cui l’esiliato non rimanga confinato lontano da lui. 15 Ora, se io sono venuta a parlare così al re mio signore è perché il popolo mi ha fatto paura e la tua serva ha detto: Voglio parlare al re; forse il re farà quello che gli dirà la sua serva; 16 il re ascolterà la sua serva e la libererà dalle mani di quelli che vogliono sterminare me e mio figlio dall’eredità di Dio. 17 La tua serva diceva: Possa la parola del re, mio signore, darmi tranquillità!, poiché il re mio signore è come un angelo di Dio per discernere il bene dal male. L’Eterno, il tuo Dio, sia con te!". 18 Il re rispose e disse alla donna: "Ti prego, non nascondermi ciò che io ti domanderò". La donna disse: "Parli pure il re, mio signore". 19 E il re: "Dietro a tutto questo non c’è forse la mano di Ioab?". La donna rispose: "Com’è vero che l’anima tua vive, o re mio signore, la cosa sta più meno come ha detto il re mio signore; infatti, il tuo servo Ioab è colui che mi ha dato questi ordini, ed è lui che ha messo tutte queste parole in bocca alla tua serva. 20 Il tuo servo Ioab ha fatto così per dare un altro aspetto all’affare di Absalom; ma il mio signore ha la sapienza di un angelo di Dio e conosce tutto quello che avviene sulla terra". 21 Allora il re disse a Ioab: "Ecco, voglio fare ciò che hai chiesto; vadunque, e fatornare il giovane Absalom". 22 Ioab si gettò con la faccia a terra, si prostrò, benedisse il re, e disse: "Oggi il tuo servo riconosce che ha trovato grazia ai tuoi occhi, o re, mio signore; poiché il re ha fatto ciò che il suo servo gli ha chiesto". 23 Ioab dunque si alzò, andò a Ghesur e condusse Absalom a Gerusalemme. 24 E il re disse: "Che egli si ritiri in casa sua e non veda la mia faccia!". Così Absalom si ritirò in casa sua e non vide la faccia del re. 25 Ora in tutto Israele non c’era un uomo che fosse celebrato per la sua bellezza al pari di Absalom; dalla pianta del piede fino alla cima del capo non c’era in lui nessun difetto. 26 E quando si faceva tagliare i capelli (e se li faceva tagliare ogni anno perché la capigliatura gli pesava troppo) il peso dei suoi capelli era di duecento sicli a peso del re. 27 Ad Absalom nacquero tre figli e una figlia di nome Tamar, che era donna di bell’aspetto. 28 Absalom abitò a Gerusalemme due anni, senza vedere la faccia del re. 29 Poi Absalom fece chiamare Ioab per mandarlo dal re ma egli non volle andare da lui; lo mandò a chiamare una seconda volta, ma Ioab non volle andare. 30 Allora Absalom disse ai suoi servi: "Guardate! Il campo di Ioab è vicino al mio e c’è dell’orzo; andate ad appiccarvi il fuoco!". E i servi di Absalom diedero fuoco al campo. 31 Allora Ioab si alzò, andò a casa di Absalom, e gli disse: "Perché i tuoi servi hanno dato fuoco al mio campo?". 32 Absalom rispose a Ioab: "Io ti avevo mandato a dire: Vieni qua, perché io possa mandarti dal re a dirgli: Perché sono tornato da Ghesur? Meglio per me, se io fossi ancora !. Ora dunque fain modo che io veda la faccia del re! e se c’è in me qualche colpa, che egli mi faccia morire!". 33 Ioab allora andò dal re e gli riferì la cosa. Il re fece chiamare Absalom, il quale andò da lui e si prostrò con la faccia a terra in sua presenza; e il re baciò Absalom.

Absalom word na Jerusalem teruggeroep.

1 TOE Joab, die seun van Serúja, merk dat die hart van die koning aan Absalom verkleef was,

2 het Joab na Tekóa gestuur en daarvandaan 'n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos 'n vrou wat al baie dae rou oor 'n dode.

3 Gaan dan na die koning en spreek met hom volgens hierdie woord. En Joab het die woorde in haar mond gelê.

4 En die vrou uit Tekóa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning!

5 Toe vra die koning haar: Wat wil jy ? En sy : Voorwaar, ek is 'n weduwee en my man is dood.

6 En u dienares het twee seuns gehad, en hulle twee het met mekaar geveg in die veld; en daar was niemand om hulle uitmekaar te maak nie, sodat die een die ander neergeslaan en hom gedood het.

7 En kyk, toe staan die hele geslag op teen u dienares, en hulle : Gee hom wat sy broer doodgeslaan het, dat ons hom kan doodmaak vir die lewe van sy broer wat hy vermoor het, ja, ook die erfgenaam kan verdelg. So wil hulle dan my vuurkool wat oorgebly het, uitdoof om vir my man geen naam of oorblyfsel op die aardbodem te laat bly nie.

8 En die koning antwoord die vrou: Gaan na jou huis, en ek sal oor jou bevel gee.

9 Daarop die vrou uit Tekóa aan die koning: Op my, my heer die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig.

10 En die koning antwoord: Elkeen wat met jou spreek, moet jy na my bring, dan sal hy jou verder nie meer aanraak nie.

11 En sy : Laat die koning tog dink aan die Here u God, sodat die bloedwreker nie te veel vernieling aanrig en hulle my seun nie verdelg nie. Toe hy: So waar as die Here leef, nie een haar van jou seun sal op die grond val nie!

12 En die vrou vra: Laat u dienares tog 'n woord met my heer die koning spreek. En hy antwoord: Spreek.

13 Toe die vrou: Waarom het u dan so iets bedink teen die volk van God? Want daardeur dat die koning hierdie woord spreek, is hy soos 'n skuldige deurdat die koning sy eie verstotene nie laat terugkom nie.

14 Want ons moet eenmaal sterwe en soos water wees wat uitgegooi word op die grond, wat 'n mens nie weer kan versamel nie; en God neem die lewe nie weg nie, maar Hy koester gedagtes om 'n verstotene nie van Hom af te stoot nie.

15 Dat ék dan nou kom om hierdie woord met my heer die koning te spreek, was omdat die volk my bevrees gemaak het. Maar u dienares het gedink: Laat ek tog met die koning gaan spreek; miskien sal die koning die wens van u dienares uitvoer.

16 Want die koning sal seker luister om sy dienares te red uit die hand van die man wat probeer om my en my seun saam uit die erfdeel van God uit te roei.

17 Verder het u dienares gedink: Mag tog die woord van my heer die koning tot gerusstelling wees. Want soos 'n engel van God, so is my heer die koning om goed en kwaad te verstaan. En mag die Here u God met u wees!

18 Toe antwoord die koning die vrou en : Steek tog vir my niks weg wat ek jou sal vra nie. En die vrou : Laat my heer die koning maar spreek.

19 Daarop vra die koning: Het Joab die hand in dit alles met jou saam? En die vrou antwoord en : So waar as u siel leef, my heer die koning, dit is onmoontlik om regs of links af te wyk van alles wat my heer die koning gespreek het; ja, u dienaar Joab, het my bevel gegee, en hy het al hierdie woorde in u dienares se mond gelê.

20 Om die saak 'n ander voorkoms te gee, het u dienaar Joab hierdie ding gedoen. Maar my heer is wys soos die wysheid van 'n engel van God om alles te weet wat op die aarde gebeur.

21 En die koning vir Joab: Nou kyk, ek voer hierdie wens uit. Gaan dan heen, bring die jongman Absalom terug.

22 Daarop val Joab op sy aangesig op die grond en hy buig hom neer en seën die koning. En Joab : Vandag weet u dienaar dat ek guns in u gevind het, my heer die koning, omdat die koning die wens van sy dienaar uitvoer.

23 En Joab het hom klaargemaak en na Gesur gegaan en Absalom na Jerusalem gebring.

24 En die koning het gesê: Hy kan in sy huis intrek, maar my aangesig mag hy nie sien nie. En Absalom het in sy huis ingetrek, maar die aangesig van die koning nie gesien nie.

25 En in die hele Israel was daar geen man so mooi soos Absalom, so geprys nie: van sy voetsool af tot sy hoofskedel toe was daar geen gebrek aan hom nie.

26 En as hy sy hoof laat skeer hy het dit naamlik aan die end van elke jaar laat skeer, omdat dit vir hom te swaar was, daarom het hy dit laat skeer dan het die hare van sy hoof tweehonderd sikkels geweeg volgens die koninklike gewig.

27 En vir Absalom is drie seuns gebore en een dogter met die naam van Tamar, 'n vrou wat mooi van aansien was.

28 En Absalom het twee volle jare in Jerusalem gewoon sonder dat hy die aangesig van die koning gesien het.

29 Daarom het Absalom Joab laat roep, om hom na die koning te stuur, maar hy wou nie na hom kom nie; en hy het nog vir die tweede keer gestuur, maar hy wou nie kom nie.

30 Daarop hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se stuk land is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand. En Absalom se dienaars het die stuk land aan die brand gesteek.

31 Toe staan Joab op en kom by Absalom in die huis en vra hom: Waarom het jou dienaars die stuk land wat aan my behoort, aan die brand gesteek?

32 En Absalom vir Joab: Kyk, ek het na jou gestuur om te : Kom hierheen, dat ek jou na die koning kan stuur om te vra: Waarvoor het ek van Gesur af gekom? Dit was vir my beter as ek nog daar was. Ek wil dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar by my skuld is, laat hy my dan doodmaak.

33 Toe het Joab na die koning gegaan en hom dit meegedeel. En hy het Absalom geroep, en dié het na die koning gegaan en voor hom gebuig met sy aangesig na die aarde toe, voor die koning; en die koning het Absalom gesoen.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-