1 Davide disse: "È rimasto ancora qualcuno della casa di Saul a cui io possa fare del bene per amore di Gionatan?". 2 Ora c’era un servo della casa di Saul, per nome Siba, che fu fatto venire da Davide. Il re gli chiese: "Sei tu Siba?". Egli rispose: "Servo tuo". 3 Il re gli disse: "C’è ancora qualcuno della casa di Saul a cui io possa fare del bene per amore di Dio?". Siba rispose al re: "C’è ancora un figlio di Gionatan, che ha i piedi storpi". 4 Il re gli disse: "Dov’è?". Siba rispose al re: "È in casa di Machir, figlio di Ammiel, a Lodebar". 5 Allora il re lo mandò a prendere in casa di Machir, figlio di Ammiel, a Lodebar. 6 E Mefiboset, figlio di Gionatan, figlio di Saul venne da Davide, si gettò con la faccia a terra e si prostrò davanti a lui. Davide disse: "Mefiboset!": Ed egli rispose: "Ecco il tuo servo!". 7 Davide gli disse: "Non temere, perché io non mancherò di trattarti con bontà per amore di Gionatan tuo padre, e ti restituirò tutte le terre di Saul tuo antenato e tu mangerai sempre alla mia mensa". 8 Mefiboset si inchinò profondamente, e disse: "Che cos’è il tuo servo, che tu ti degni guardare un cane morto come sono io?". 9 Allora il re chiamò Siba, servo di Saul, e gli disse: "Tutto quello che apparteneva a Saul e a tutta la sua casa io lo do al figlio del tuo signore. 10 Tu dunque, con i tuoi figli e con i tuoi servi, coltiva le sue terre e fa’ le raccolte, affinché il figlio del tuo signore abbia del pane da mangiare; Mefiboset, figlio del tuo signore, mangerà sempre alla mia mensa". Ora Siba aveva quindici figli e venti servi. 11 Siba disse al re: "Il tuo servo farà tutto quello che il re mio signore ordina al suo servo". Mefiboset mangiò alla mensa di Davide come uno dei figli del re. 12 Ora Mefiboset aveva un figlio di nome Mica; e tutti quelli che stavano in casa di Siba erano servi di Mefiboset. 13 Mefiboset dimorava a Gerusalemme perché mangiava sempre alla mensa del re. Era zoppo da entrambi i piedi.
1 EN Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan?
2 En die huis van Saul het 'n dienaar gehad, met die naam van Siba; en hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het hom gevra: Is jy Siba? Toe antwoord hy: U dienaar!
3 En die koning vra: Is daar nie nog iemand van die huis van Saul, dat ek die guns van God aan hom kan bewys nie? Toe sê Siba aan die koning: Daar is nog 'n seun van Jónatan, wat lam is aan altwee voete.
4 En die koning vra hom: Waar is hy? Toe sê Siba aan die koning: Kyk, hy is in die huis van Magir, die seun van Ámmiël, in Lódebar.
5 Daarop het koning Dawid gestuur en hom laat haal uit die huis van Magir, die seun van Ámmiël, uit Lódebar.
6 Toe Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, by Dawid inkom, het hy op sy aangesig geval en hom neergebuig. En Dawid het gesê: Mefibóset! En hy het geantwoord: Hier is u dienaar.
7 En Dawid sê vir hom: Wees nie bevrees nie, want ek sal jou sekerlik guns bewys ter wille van jou vader Jónatan en al die grond van jou vader Saul aan jou teruggee, en jy self sal altyddeur aan my tafel brood eet.
8 Toe buig hy en sê: Wat is u dienaar, dat u na 'n dooie hond soos ek is, omgesien het?
9 En die koning het Siba, die dienaar van Saul, geroep en vir hom gesê: Alles wat Saul en sy hele huis gehad het, gee ek aan die seun van jou heer.
10 En jy moet vir hom die grond bewerk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet voedsel inbring, dat die seun van jou heer brood het om te eet; maar Mefibóset, die seun van jou heer, sal altyddeur aan my tafel brood eet. En Siba het vyftien seuns en twintig slawe gehad.
11 Toe sê Siba aan die koning: Net soos my heer die koning sy dienaar beveel, so sal u dienaar doen; en Mefibóset het aan die tafel van Dawid geëet soos een van die koning se seuns.
12 En Mefibóset het 'n jong seun gehad met die naam van Miga, en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was Mefibóset se dienaars.
13 En Mefibóset het in Jerusalem gewoon, want hy het altyddeur aan die koning se tafel geëet; en hy was lam aan altwee voete.