1 Allora tutte le tribù d’Israele vennero a trovare Davide a Ebron, e gli dissero: "Ecco, noi siamo tue ossa e tua carne. 2 Già in passato, quando Saul regnava su noi, eri tu che guidavi e riconducevi Israele; e l’Eterno ti ha detto: ‘Tu pascerai il mio popolo Israele, tu sarai il principe d’Israele’". 3 Così tutti gli anziani d’Israele vennero dal re a Ebron e il re Davide fece alleanza con loro a Ebron in presenza dell’Eterno; ed essi unsero Davide come re d’Israele. 4 Davide aveva trent’anni quando cominciò a regnare e regnò quarant’anni. 5 A Ebron regnò su Giuda sette anni e sei mesi; e a Gerusalemme regnò trentatré anni su tutto Israele e Giuda. 6 Allora il re con la sua gente si mosse verso Gerusalemme contro i Gebusei, che abitavano quel paese. Questi dissero a Davide: "Tu non entrerai qua; perché i ciechi e gli zoppi ti respingeranno!"; volendo dire: "Davide non entrerà mai". 7 Ma Davide prese la fortezza di Sion, che è la città di Davide. 8 Davide disse in quel giorno: "Chiunque batterà i Gebusei giungendo fino al canale e respingerà gli zoppi e i ciechi che sono odiati da Davide…" da questo ha origine il detto: "Il cieco e lo zoppo non entreranno nella Casa". 9 Davide abitò nella fortezza e la chiamò "la città di Davide"; vi fece intorno delle costruzioni, cominciando da Millo e verso l’interno. 10 Davide diventava sempre più grande, e l’Eterno, l’Iddio degli eserciti, era con lui. 11 E Chiram, re di Tiro, inviò a Davide dei messaggeri, del legno di cedro, dei falegnami e dei muratori, i quali costruirono una casa a Davide. 12 Allora Davide riconobbe che l’Eterno lo stabiliva saldamente come re d’Israele e rendeva grande il suo regno per amore del suo popolo Israele. 13 Davide prese ancora delle concubine e delle mogli di Gerusalemme dopo il suo arrivo da Ebron, e gli nacquero altri figli e altre figlie. 14 Questi sono i nomi dei figli che gli nacquero a Gerusalemme: Sammua, Sobab, Natan, Salomone, 15 Ibar, Elisua, Nefeg, Iafia, 16 Elisama, Eliada, Elifelet. 17 Quando i Filistei udirono che Davide era stato unto re d’Israele, salirono tutti in cerca di lui. Davide lo seppe e scese alla fortezza. 18 I Filistei giunsero e si sparsero nella valle dei Refaim. 19 Allora Davide consultò l’Eterno, dicendo: "Devo salire contro i Filistei? Me li darai nelle mani?". L’Eterno rispose a Davide: "Sali; poiché certamente io darò i Filistei nelle tue mani". 20 Davide dunque si recò a Baal-Perasim, dove li sconfisse, e disse: "L’Eterno ha disperso i miei nemici davanti a me come si disperde l’acqua". Perciò chiamò quel luogo: Baal-Perasim. 21 I Filistei lasciarono là i loro idoli, e Davide e la sua gente li portarono via. 22 Poi i Filistei salirono di nuovo e si sparsero nella valle dei Refaim. 23 E Davide consultò l’Eterno, il quale gli disse: "Non salire; gira alle loro spalle, e giungerai su loro di fronte ai Gelsi. 24 E quando udrai un rumore di passi tra le vette dei gelsi, lanciati subito all’attacco, perché allora l’Eterno marcerà alla tua testa per sconfiggere l’esercito dei Filistei". 25 Davide fece così come l’Eterno gli aveva comandato e sconfisse i Filistei da Gheba fino a Ghezer.
1 TOE kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!
2 Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit- en ingelei; en die Here het aan u gesê: Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet 'n vors wees oor Israel.
3 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die Here, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.
4 Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.
5 In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.
6 Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe — dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.
7 Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; dit is die stad van Dawid.
8 En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat 'n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel 'n afkeer het! Daarom sê hulle: 'n Blinde en 'n lamme mag nie in die huis kom nie.
9 En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.
10 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die Here, die God van die leërskare, was met hom.
11 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou.
12 So het Dawid dan gewaar geword dat die Here hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.
13 En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.
14 En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,
15 en Jibhar en Elisúa en Nefeg en Jáfia,
16 en Elisáma en Éljada en Elifélet.
17 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.
18 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.
19 Toe het Dawid die Here geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die Here het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.
20 Daarop het Dawid na Baäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die Here het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem.
21 En hulle het hul afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem.
22 Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei.
23 Toe raadpleeg Dawid die Here, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.
24 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die Here voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
25 En Dawid het gedoen net soos die Here hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.