1 Salmo di Asaf.
Il Potente, Dio, l’Eterno ha parlato
e ha convocato la terra da oriente a occidente.
2 Da Sion, perfetta in bellezza,
Dio è apparso nel suo fulgore.
3 Il nostro Dio viene e non se ne starà in silenzio:
lo precede un fuoco divorante,
lo circonda una fiera tempesta.
4 Egli convoca i cieli dall’alto
e la terra per assistere al giudizio del suo popolo:
5 "Radunatemi", dice, "i miei fedeli
che hanno fatto con me un patto mediante sacrificio".
6 I cieli proclameranno la sua giustizia;
perché Dio stesso sta per giudicare. [Pausa]
7 "Ascolta, popolo mio, e io parlerò;
ascolta, o Israele, e io ti farò le mie rimostranze.
Io sono Dio, il tuo Dio.
8 Io non ti riprenderò a causa dei tuoi sacrifici;
i tuoi olocausti stanno sempre davanti a me.
9 Io non prenderò giovenchi dalla tua casa
né capri dai tuoi ovili;
10 perché tutte le bestie della foresta sono mie,
mio è il bestiame che sta sui monti a migliaia.
11 Io conosco tutti gli uccelli dei monti,
e quel che si muove per la campagna è a mia disposizione.
12 Se avessi fame, non te lo direi,
perché il mondo, con tutto quel che contiene, è mio.
13 Mangio io carne di tori,
o bevo io sangue di capri?
14 Offri a Dio il sacrificio della lode,
e mantieni le promesse fatte all’Altissimo;
15 poi invocami nel giorno della sventura:
io te ne trarrò fuori e tu mi glorificherai".
16 Ma quanto all’empio, Dio gli dice:
"Spetta a te di parlare dei miei statuti
e di avere sulle labbra il mio patto?
17 A te che detesti la correzione
e ti getti dietro alle spalle le mie parole?
18 Se vedi un ladro, ti diletti della sua compagnia,
e sei compagno degli adulteri.
19 Tu abbandoni la tua bocca al male,
e la tua lingua intesse frodi.
20 Ti siedi e parli contro tuo fratello,
diffami il figlio di tua madre.
21 Tu hai fatto queste cose e io ho taciuto,
e tu hai pensato che io fossi del tutto come te;
ma io ti riprenderò, e ti metterò tutto davanti agli occhi.
22 Intendete questo, voi che dimenticate Dio,
affinché io non vi laceri e non vi sia chi vi liberi.
23 Chi mi offre il sacrificio della lode mi glorifica,
e a chi regola bene la sua condotta,
io farò vedere la salvezza di Dio".
1 'n PSALM van Asaf.
Die God van die gode, die Here, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
2 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.
3 Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.
4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:
5 Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!
6 En — die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.
7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!
8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.
9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;
10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.
11 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.
12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
14 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond —
17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?
18 As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.
19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.
20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.
21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.
22 Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.
23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.