Publicidade

Salmos 89

AFR53

1 Cantico di Etan l’Ezraita.

Io canterò per sempre la bontà dell’Eterno;

la mia bocca annuncerà la tua fedeltà d’età in età.

2 Poiché ho detto: "La tua bontà sussiste in eterno;

nei cieli è fondata la tua fedeltà".

3 "Io", dice l’Eterno, "ho fatto un patto con il mio eletto;

ho fatto questo giuramento a Davide, mio servitore:

4 Io stabilirò la tua discendenza in eterno

ed edificherò il tuo trono per ogni età". [Pausa]

5 Anche i cieli celebrano le tue meraviglie, o Eterno,

e la tua fedeltà nell’assemblea dei santi.

6 Poiché chi, nei cieli, è paragonabile all’Eterno?

Chi è simile all’Eterno tra i figli di Dio?

7 Dio è temuto nell’assemblea dei santi,

e tremendo tra tutti quelli che lo circondano.

8 O Eterno, Dio degli eserciti,

chi è potente come te, o Eterno?

La tua fedeltà ti circonda da ogni parte.

9 Tu domi l’orgoglio del mare;

quando le sue onde si innalzano, tu le plachi.

10 Tu hai infranto l’Egitto, ferendolo a morte;

con braccio potente hai disperso i tuoi nemici.

11 I cieli sono tuoi, tua pure è la terra;

tu hai fondato il mondo e tutto ciò che è in esso.

12 Hai creato il settentrione e il meridione;

il Tabor e l’Ermon mandano grida di gioia al tuo nome.

13 Tu hai un braccio potente;

la tua mano è forte, alta è la tua destra.

14 Giustizia e diritto sono la base del tuo trono,

bontà e verità vanno davanti al tuo cospetto.

15 Beato il popolo che conosce il grido di gioia;

esso cammina, o Eterno, alla luce del tuo volto;

16 festeggia tutto il giorno nel tuo nome

ed esulterà nella tua giustizia.

17 Perché tu sei la gloria della loro forza;

e con il tuo favore accresci la nostra potenza.

18 Poiché il nostro scudo appartiene all’Eterno,

e il nostro re al Santo d’Israele.

19 Tu parlasti già in visione al tuo diletto, e dicesti: "Ho prestato aiuto a un prode,

ho innalzato un eletto fra il popolo.

20 Ho trovato Davide, mio servitore,

l’ho unto con l’olio mio santo;

21 la mia mano sarà salda nel sostenerlo,

e il mio braccio lo fortificherà.

22 Il nemico non lo sorprenderà,

e il perverso non l’opprimerà.

23 Annienterò davanti a lui i suoi nemici

e sconfiggerò quelli che l’odiano.

24 La mia fedeltà e la mia bontà saranno con lui,

e nel mio nome la sua potenza sarà esaltata.

25 Stenderò la sua mano sul mare

e la sua destra sui fiumi.

26 Egli m’invocherà, dicendo: Tu sei il mio Padre,

il mio Dio, e la rocca della mia salvezza.

27 Inoltre, lo costituirò mio primogenito,

il più eccelso dei re della terra.

28 Gli conserverò la mia grazia per sempre,

il mio patto con lui rimarrà stabile.

29 Renderò eterna la sua discendenza,

e il suo trono simile ai giorni dei cieli.

30 Se i suoi figli abbandonano la mia legge

e non camminano secondo i miei ordini,

31 se violano i miei statuti e non osservano i miei comandamenti,

32 io punirò il loro peccato con la verga

e la loro colpa con percosse;

33 ma non gli ritirerò la mia grazia

e non verrò meno alla mia fedeltà.

34 Io non violerò il mio patto

e non muterò la mia promessa.

35 Una cosa ho giurato per la mia santità,

e non mentirò a Davide:

36 La sua discendenza durerà in eterno

e il suo trono sarà davanti a me come il sole,

37 sarà stabile per sempre come la luna;

e il testimone che è nei cieli è fedele. [Pausa]

38 Eppure ti sei adirato contro il tuo unto,

l’hai respinto e disprezzato.

39 Tu hai rinnegato il patto stretto con il tuo servitore,

hai profanato la sua corona gettandola a terra.

40 Tu hai rotto i suoi ripari,

hai ridotto in rovine le sue fortezze.

41 Tutti i passanti l’hanno saccheggiato,

è diventato lo scherno dei vicini.

42 Tu hai esaltato la destra dei suoi avversari,

hai rallegrato tutti i suoi nemici.

43 Tu hai smussato il filo della sua spada

e non l’hai sostenuto nella battaglia.

44 Tu hai fatto cessare il suo splendore

e hai gettato a terra il suo trono.

45 Tu hai abbreviato i giorni della sua giovinezza,

l’hai coperto di vergogna. [Pausa]

46 Fino a quando, o Eterno, ti nasconderai continuamente,

e l’ira tua arderà come un fuoco?

47 Ricòrdati quanto è fugace la mia vita,

e per quale vanità tu hai creato tutti i figli degli uomini!

48 Qual è l’uomo che viva senza vedere la morte?

che scampi l’anima sua dal potere del soggiorno dei morti? [Pausa]

49 Signore, dov’è la tua antica bontà

che giurasti a Davide nella tua fedeltà?

50 Ricorda, Signore, l’oltraggio fatto ai tuoi servi;

ricòrdati che io porto in cuore quello di tutti i grandi popoli,

51 l’oltraggio di cui ti hanno ricoperto i tuoi nemici, o Eterno,

l’oltraggio che hanno gettato sui passi del tuo unto.

52 Benedetto sia l’Eterno per sempre. Amen! Amen!

Die gewisse weldade aan Dawid toegesê.

1 'n ONDERWYSING van Etan, die Esrahiet.

2 Die goedertierenhede van die Here wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.

3 Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele daar bevestig U u trou.

4 Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene, met 'n eed aan Dawid, my kneg, belowe:

5 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.

6 En die hemele loof u wondermag, o Here, ook u trou in die vergadering van die heiliges.

7 Want wie kan in die hemel met die Here vergelyk word? Wie is soos die Here onder die hemelinge,

8 'n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

9 oHere, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o Here, en u trou is rondom U!

10 Ú heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring Ú hulle tot bedaring.

11 Ú het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.

12 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid Ú het dit gegrond.

13 Die noorde en die suide Ú het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.

14 U het 'n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.

15 Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.

16 Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o Here, hulle wandel in die lig van u aangesig.

17 In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.

18 Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.

19 Want aan die Here behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.

20 Toe het U in 'n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n held, 'n uitverkorene uit die volk verhef.

21 Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,

22 met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.

23 Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;

24 maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.

25 En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word.

26 En Ek sal sy hand op die see en sy regterhand op die riviere.

27 Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!

28 Ja, Ék sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

29 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.

30 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

31 As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;

32 as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,

33 dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.

34 Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.

35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

36 Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

37 Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.

38 Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.

39 Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

40 U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.

41 U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings 'n puinhoop gemaak.

42 Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy 'n smaad geword.

43 U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

44 Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

45 U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

46 U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

47 Hoe lank sal U, o Here, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos 'n vuur?

48 Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.

50 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in u trou?

51 Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,

52 waarmee u vyande, o Here, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad.

53 Geloofd sy die Here vir ewig! Amen, ja amen.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-