Publicidade

Hebreus 10

AFR53

1 La legge, infatti, possiede soltanto un’ombra dei futuri beni, non la realtà stessa delle cose, perciò non può mai, con quei sacrifici che sono offerti continuamente, anno dopo anno, rendere perfetti quelli che si accostano a Dio. 2 Altrimenti non si sarebbe forse cessato di offrirli, non avendo più gli adoratori, una volta purificati, alcuna coscienza di peccati? 3 Invece in quei sacrifici è rinnovato ogni anno il ricordo dei peccati, 4 perché è impossibile che il sangue di tori e di capri tolga i peccati.

5 Perciò, entrando nel mondo, egli dice:

"Tu non hai voluto sacrificio offerta, ma mi hai preparato un corpo; 6 non hai gradito olocausti sacrifici per il peccato. 7 Allora ho detto: Ecco, io vengo(nel rotolo del libro è scritto di me) per fare, o Dio, la tua volontà".

8 Dopo aver detto prima:

"Tu non hai voluto e non hai gradito sacrifici, offerte, olocausti, sacrifici per il peccato"

( i quali sono offerti secondo la legge), egli dice poi:

9 "Ecco, io vengo per fare la tua volontà".

Così egli abolisce il primo per stabilire il secondo. 10 In virtù di questa "volontà" noi siamo stati santificati, mediante l’offerta del corpo di Gesù Cristo fatta una volta per sempre.

11 Mentre ogni sacerdote è in piedi ogni giorno a svolgere il suo servizio e offrire molte volte gli stessi sacrifici che non possono mai togliere i peccati, 12 questi, dopo aver offerto un unico sacrificio per i peccati e per sempre, si è posto a sedere alla destra di Dio, 13 aspettando soltanto che i suoi nemici siano ridotti a essere lo sgabello dei suoi piedi. 14 Perché con un’unica offerta egli ha per sempre resi perfetti quelli che sono santificati. 15 E anche lo Spirito Santo ce ne rende testimonianza. Infatti, dopo aver detto:

16 "Questo è il patto che farò con loro dopo quei giorni, dice il Signore: io metterò le mie leggi nei loro cuori; e le scriverò nelle loro menti",

egli aggiunge:

17 "E non mi ricorderò più dei loro peccati e delle loro iniquità".

18 Ora, dove c’è perdono di queste cose, non c’è più bisogno di offerta per il peccato.

Esortazione a perseverare nella fede

19 Avendo dunque, fratelli, libertà di entrare nel santuario in virtù del sangue di Gesù, 20 la via recente e vivente che egli ha inaugurata per noi attraverso la cortina, vale a dire la sua carne, 21 e avendo noi un grande sacerdote sopra la casa di Dio, 22 accostiamoci di vero cuore, con piena certezza di fede, avendo i cuori aspersi di quell’aspersione che li purifica dalla cattiva coscienza e il corpo lavato d’acqua pura. 23 Riteniamo fermamente la confessione della nostra speranza, senza vacillare, perché fedele è colui che ha fatto le promesse. 24 E facciamo attenzione gli uni agli altri per incitarci all’amore e alle buone opere, 25 non abbandonando la nostra comune adunanza come alcuni sono soliti fare, ma esortandoci a vicenda; tanto più che vedete avvicinarsi il giorno.

26 Perché, se pecchiamo volontariamente dopo aver ricevuto la conoscenza della verità, non resta più alcun sacrificio per i peccati; 27 rimangono una terribile attesa del giudizio e l’ardore di un fuoco che divorerà gli avversari. 28 Uno che abbia violato la legge di Mosè muore senza misericordia sulla parola di due o tre testimoni. 29 Di quale peggiore castigo, pensate voi, sarà giudicato degno colui che avrà calpestato il Figlio di Dio e avrà tenuto per profano il sangue del patto con il quale è stato santificato, e avrà oltraggiato lo Spirito della grazia? 30 Poiché noi sappiamo chi è colui che ha detto:

"A me appartiene la vendetta! Io darò la retribuzione!".

E ancora:

"Il Signore giudicherà il suo popolo".

31 È spaventoso cadere nelle mani del Dio vivente.

32 Ma ricordatevi di quei primi giorni, quando, dopo essere stati illuminati, avete sostenuto una grande lotta con sofferenze: 33 talvolta esposti agli oltraggi e ad afflizioni, altre volte partecipi della sorte di quelli che erano trattati così. 34 Infatti, voi simpatizzaste con i carcerati e accettaste con gioia la ruberia dei vostri beni, sapendo di avere per voi una ricchezza migliore e permanente. 35 Non gettate dunque via la vostra franchezza che ha una grande ricompensa! 36 Poiché avete bisogno di costanza, affinché, avendo fatta la volontà di Dio, otteniate ciò che vi è stato promesso. Perché: 37 "Ancora un brevissimo tempo, e colui che deve venire verrà e non tarderà;38 ma il mio giusto vivrà per fede; e se si trae indietro, l’anima mia non lo gradisce". 39 Ma noi non siamo di quelli che si tirano indietro a loro perdizione, ma di quelli che hanno fede per salvare l’anima.

1 WANT die wet, wat 'n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie.

2 Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.

3 Maar in dié offers is daar jaar na jaar 'n herinnering aan die sondes;

4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.

5 Daarom Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie nie, maar U het vir My 'n liggaam berei.

6 Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie.

7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom in die boekrol is dit van My geskrywe om u wil te doen, o God.

8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie en het U nie behaag nie wat volgens die wet geoffer word

9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.

10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;

12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

13 en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is 'n voetbank van sy voete.

14 Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.

15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;

16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,

17 en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.

18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

Vermaning om in die geloof te volhard.

19 TERWYL ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus

20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,

21 en ons 'n groot Priester oor die huis van God het,

22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.

23 Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;

24 en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

25 en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,

27 maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.

28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;

29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?

30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.

31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.

32 Maar onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, 'n groot lydensworsteling deurstaan het,

33 gedeeltelik omdat julle deur smaad en verdrukkinge 'n skouspel geword het, gedeeltelik omdat julle deelgenote geword het van die wat in so 'n toestand verkeer het.

34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself 'n beter en blywende besitting in die hemele het.

35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat 'n groot beloning het, nie weg nie.

36 Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.

37 Want nog 'n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.

38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-