1 Poi egli mi condusse fuori verso il cortile esterno dal lato di settentrione, mi condusse nelle camere che si trovavano davanti allo spazio vuoto e di fronte all’edificio verso settentrione. 2 Sulla facciata, dove era la porta settentrionale, la lunghezza era di cento cubiti e la larghezza era di cinquanta cubiti: 3 di fronte ai venti cubiti del cortile interno e di fronte al lastrico del cortile esterno, dove si trovavano tre gallerie a tre piani. 4 Davanti alle camere c’era un corridoio largo dieci cubiti; per andare nell’interno c’era un passaggio di un cubito; le loro porte guardavano a settentrione. 5 Le camere superiori erano più strette di quelle inferiori e di quelle mezzane dell’edificio, perché le loro gallerie toglievano dello spazio. 6 Poiché esse erano a tre piani e non avevano colonne come le colonne dei cortili; perciò, a partire dal suolo, le camere superiori erano più strette di quelle in basso e di quelle del mezzo. 7 Il muro esterno, parallelo alle camere dal lato del cortile esterno, di fronte alle camere, aveva cinquanta cubiti di lunghezza; 8 poiché la lunghezza delle camere, dal lato del cortile esterno, era di cinquanta cubiti, mentre dal lato della facciata del tempio era di cento cubiti. 9 In basso a queste camere c’era un ingresso dal lato di oriente per chi vi entrava dal cortile esterno. 10 Nella larghezza del muro del cortile, in direzione di oriente, di fronte allo spazio vuoto e di fronte all’edificio, vi erano delle camere. 11 Davanti a queste c’era un corridoio come quello delle camere di settentrione; la loro lunghezza e la loro larghezza erano come la lunghezza e la larghezza di quelle, e così tutte le loro uscite, le loro disposizioni e le loro porte. 12 Così erano anche le porte delle camere di mezzogiorno; c’era una porta all’inizio del corridoio, al corridoio che si trovava proprio davanti al muro, dal lato di oriente di chi vi entrava. 13 Egli mi disse: "Le camere di settentrione e le camere di mezzogiorno che stanno di fronte allo spazio vuoto, sono le camere sante, dove i sacerdoti che si accostano all’Eterno mangeranno le cose santissime; là deporranno le cose santissime, le oblazioni e le vittime per il peccato e per la colpa, poiché quel luogo è santo. 14 Quando i sacerdoti saranno entrati, non usciranno dal luogo santo per andare nel cortile esterno, senza aver prima deposto là i paramenti con i quali fanno il servizio, perché questi paramenti sono santi; indosseranno altre vesti, poi potranno accostarsi alla parte che è riservata al popolo".
15 Quando ebbe finito di misurare così l’interno della casa, egli mi condusse fuori per la porta che era al lato d’oriente e misurò il recinto tutto attorno. 16 Misurò il lato orientale con la canna per misurare: cinquecento cubiti della canna per misurare, tutto attorno. 17 Misurò il lato settentrionale: cinquecento cubiti della canna per misurare, tutto attorno. 18 Misurò il lato meridionale con la canna da misurare: cinquecento cubiti. 19 Si volse al lato occidentale e misurò: cinquecento cubiti della canna per misurare. 20 Misurò dai quattro lati il muro che formava il recinto tutto attorno: la lunghezza era di cinquecento e la larghezza di cinquecento; il muro faceva la separazione fra il sacro e il profano.
1 DAARNA het hy my uitgebring na die buitenste voorhof op die weg na die noorde toe; en hy het my gebring na die kamers wat teenoor die afgeslote ruimte en wat teenoor die bouwerk teen die noorde lê,
2 oor 'n lengte van honderd el, langs die noordelike ingang, en 'n breedte van vyftig el.
3 Teenoor die twintig el wat by die binneste voorhof behoort, en teenoor die plaveisel wat by die buitenste voorhof behoort, was galery teenoor galery in drie verdiepinge.
4 En voor die kamers was 'n gang van tien el breedte, na binnetoe, honderd el lank; en hulle deure was teen die noorde.
5 En die boonste kamers was korter, want die galerye het ruimte van hulle weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes in die bouwerk;
6 want hulle het drie verdiepinge gehad, maar geen pilare soos die pilare van die voorhowe nie; daarom is daar ruimte weggeneem in vergelyking met die onderstes en die middelstes, van die grond af.
7 En daar was 'n muur wat buitekant ewewydig met die kamers geloop het, na die buitenste voorhof toe, vooraan die kamers, vyftig el lank.
8 Want die lengte van die kamers wat na die buitenste voorhof lê, was vyftig el; en kyk, teenoor die tempel was honderd el.
9 En onder hierdie kamers was die ingang van die oostekant af as iemand na hulle toe ingaan uit die buitenste voorhof uit.
10 In die breedte van die muur van die voorhof, na die suide toe, vooraan die afgeslote ruimte en vooraan die bouwerk, was daar kamers,
11 met 'n weg voor hulle, soos die voorkoms van die kamers wat na die noorde toe lê, net so lank en so breed as hulle, en al die uitgange en inrigtinge soos by hulle. En soos hulle ingange,
12 so was ook die ingange van die kamers wat na die suide lê: 'n ingang by die begin van die weg, naamlik die weg voor die ooreenkomende muur, na die ooste toe, as 'n mens na hulle toe aankom.
13 Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die Here nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.
14 As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maar daar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want dié is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.
15 En toe hy klaar was met die mate van die binneste huis, het hy my na die poort toe uitgebring waarvan die voorkant na die ooste lê, en dit gemeet al rondom.
16 Hy het die oostekant met die meetroede gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede rondom.
17 Hy het die noordekant gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede rondom.
18 Die suidekant het hy gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede.
19 Hy het hom begewe na die westekant en gemeet: vyfhonderd roede, met die meetroede.
20 Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het 'n muur gehad al rondom; die lengte was vyfhonderd en die breedte vyfhonderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.