Publicidade

Daniel 1

AFR53
Daniele a Babilonia

1 Il terzo anno del regno di Ioiachim, re di Giuda, Nabucodonosor, re di Babilonia, marciò contro Gerusalemme e la assediò. 2 Il Signore gli diede nelle mani Ioiachim, re di Giuda, e una parte degli utensili della casa di Dio. Nabucodonosor portò gli utensili nel paese di Scinear, nella casa del suo dio, e li mise nella casa del tesoro del suo dio. 3 Il re disse ad Aspenaz, capo dei suoi eunuchi, di condurgli alcuni dei figli d’Israele di stirpe reale e di famiglie nobili, 4 giovani senza difetti fisici, di bell’aspetto, dotati di ogni saggezza, istruiti e intelligenti, tali da poter stare nel palazzo del re per imparare la scrittura e la lingua dei Caldei. 5 Il re assegnò loro una porzione giornaliera delle pietanze della mensa reale e del vino che egli beveva; ordinò di istruirli per tre anni, dopo i quali sarebbero passati al servizio del re. 6 Fra questi c’erano dei figli di Giuda: Daniele, Anania, Misael e Azaria. 7 Il capo degli eunuchi diede loro altri nomi: chiamò Daniele Baltazzar; Anania Sadrac; Misael Mesac e Azaria Abed-nego. 8 Daniele prese in cuor suo la decisione di non contaminarsi con le pietanze del re e con il vino che il re beveva, e chiese al capo degli eunuchi di non obbligarlo a contaminarsi; 9 Dio fece trovare a Daniele grazia e compassione presso il capo degli eunuchi. 10 Il capo degli eunuchi disse a Daniele: "Io temo il re, mio signore, il quale ha fissato il vostro cibo e le vostre bevande; se egli vedesse il vostro volto più triste di quello dei giovani della vostra stessa età, voi mettereste in pericolo la mia testa presso il re". 11 Allora Daniele disse al maggiordomo, al quale il capo degli eunuchi aveva affidato la cura di Daniele, di Anania, di Misael e di Azaria: 12 "Ti prego, facon i tuoi servi una prova di dieci giorni; ci siano dati dei legumi da mangiare e dell’acqua da bere; 13 poi confronta il nostro aspetto con l’aspetto dei giovani che mangiano le pietanze del re, e in base a ciò che vedrai, ti regolerai con i tuoi servi". 14 Egli accordò loro quanto domandavano e li mise alla prova per dieci giorni. 15 Alla fine dei dieci giorni, essi avevano un aspetto migliore ed erano più prosperosi di tutti i giovani che avevano mangiato le pietanze del re. 16 Così il maggiordomo portò via il cibo e il vino che erano loro destinati e diede loro dei legumi. 17 A questi quattro giovani Iddio diede di conoscere e comprendere ogni scrittura e ogni sapienza. Daniele aveva il dono di interpretare ogni sorta di visioni e di sogni. 18 Terminato il tempo fissato dal re perché quei giovani gli fossero condotti, il capo degli eunuchi li presentò a Nabucodonosor. 19 Il re parlò con loro; ma fra tutti quei giovani non se ne trovò nessuno che fosse come Daniele, Anania, Misael e Azaria, i quali furono ammessi al servizio del re. 20 Su tutti i punti che richiedevano sapienza e intelletto e sui quali il re li interrogasse, il re li trovava dieci volte superiori a tutti i maghi e astrologi che erano in tutto il suo regno. 21 Così continuò Daniele fino al primo anno del re Ciro.

Daniël en sy vriende aan die koninklike hof in Babel.

1 IN die derde jaar van die regering van Jójakim, die koning van Juda, het Nebukadnésar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beleër.

2 En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met 'n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.

3 Daarop het die koning aan Áspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die edeles, te bring:

4 jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en die taal van die Chaldeërs te leer.

5 En die koning het vir hulle 'n daaglikse porsie bestem uit die spys van die koning en van die wyn wat hy gedrink het; om hulle so drie jaar lank op te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kan dien.

6 En onder hulle was uit die kinders van Juda: Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja.

7 Maar die owerste van die hofdienaars het hulle ander name gegee: Daniël het hy Béltsasar genoem, en Hanánja Sadrag, en Mísael Mesag, en Asárja Abednégo.

8 En Daniël het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.

9 En God het aan Daniël guns en barmhartigheid verleen by die owerste van die hofdienaars.

10 En die owerste van die hofdienaars het aan Daniël gesê: Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het; want waarom moet hy sien dat julle aangesigte meer vervalle is as dié van die jong seuns wat van julle leeftyd is, sodat julle my hoof by die koning met skuld sou belaai?

11 Maar Daniël het aan die bediende gesê wat die owerste van die hofdienaars oor Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja aangestel het:

12 Stel tog u dienaars tien dae lank op die proef, en laat hulle ons van die groente gee om te eet en water om te drink;

13 laat daarna ons voorkoms en die voorkoms van die jong seuns wat die spys van die koning eet, deur u besigtig word; handel dan met u dienaars soos u bevinding sal wees.

14 Hy het toe na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel.

15 En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het.

16 So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee.

17 En hierdie vier jong seuns God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.

18 En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnésar gebring.

19 En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Daniël, Hanánja, Mísael en Asárja nie. So het hulle dan voor die koning gedien.

20 En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.

21 En Daniël was daar tot die eerste jaar van koning Kores.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-