1 Figli di Giuda: Perez, Chesron, Carmi, Cur e Sobal. 2 Reaia, figlio di Sobal, generò Iaat; Iaat generò Aumai e Laad. Queste sono le famiglie dei Soratei. 3 Questi furono i discendenti del padre di Etam: Izreel, Isma e Idbas; la loro sorella si chiamava Aselelponi. 4 Penuel fu padre di Ghedor; ed Ezer, padre di Cusa. Questi sono i figli di Cur, primogenito di Efrata, padre di Betlemme. 5 Asur, padre di Tecoa, ebbe due mogli: Chelea e Naara. 6 Naara gli partorì Auzam, Chefer, Temeni e Aastari. 7 Questi sono i figli di Naara. Figli di Chelea: Seret, Iesocar ed Etnan. 8 Cos generò Anub, Assobeba, e le famiglie di Aarel, figlio di Arum. 9 Iabes fu più onorato dei suoi fratelli; sua madre lo aveva chiamato Iabes, perché, diceva: "L’ho partorito con dolore". 10 Iabes invocò l’Iddio d’Israele, dicendo: "Oh, se tu mi benedicessi e allargassi i miei confini, e se la tua mano fosse con me e se tu mi preservassi dal male in modo che io non debba soffrire!". E Dio gli concesse quello che aveva chiesto. 11 Chelub, fratello di Suca generò Meir, che fu padre di Eston. 12 Eston generò Bet-Rafa, Pasea e Teinna, padre di Ir-Naas. Questa è la gente di Reca. 13 Figli di Chenaz: Otniel e Seraia. Figli di Otniel: Catat e Meonotai. 14 Meonotai generò Ofra. Seraia generò Ioab, padre degli abitanti la valle degli artigiani, perché erano artigiani. 15 Figli di Caleb figlio di Gefunne: Iru, Ela e Naam, i figli di Ela e Chenaz. 16 Figli di Ieallelel: Zif, Zifa, Tiria e Asareel. 17 Figli di Esdra: Ieter, Mered, Efer e Ialon. La moglie di Mered partorì Miriam, Sammai e Isba, padre di Estemoa. 18 L’altra sua moglie, la Giudea, partorì Iered, padre di Ghedor, Eber, padre di Soco e Iecutiel, padre di Zanoa. Quelli nominati prima erano figli di Bitia, figlia del Faraone che Mered aveva preso in moglie. 19 Figli della moglie di Odiia, sorella di Naam: il padre di Cheila, il Garmeo, ed Estemoa, il Maacateo. 20 Figli di Simon: Amnon, Rinna, Benanan e Tilon. Figli di Isi: Zozet e Ben-Zoet. 21 Figli di Sela, figlio di Giuda: Er, padre di Leca, Lada, padre di Maresa, le famiglie della casa dove si lavora il bisso di Bet-Asbea, Iochim, 22 e la gente di Cozeba, Ioas e Saraf, che dominarono Moab, e Iasubi-Leem. Ma queste sono cose di antica data. 23 Erano dei vasai e stavano a Netaim e a Ghedera; stavano là presso il re per lavorare al suo servizio.
24 Figli di Simeone: Nemuel, Iamin, Iarib, Zera, Saul, 25 che ebbe per figlio Sallum, che ebbe per figlio Mibsam, che ebbe per figlio Misma. 26 Figli di Misma: Ammuel, che ebbe per figlio Zaccur, che ebbe per figlio Simei. 27 Simei ebbe sedici figli e sei figlie; ma i suoi fratelli non ebbero molti figli; e le loro famiglie non si moltiplicarono quanto quelle dei figli di Giuda. 28 Si stabilirono a Beer-Sceba, a Molada, ad Asar-Sual, 29 a Bila, a Esem, a Tolad, 30 a Betuel, a Corma, a Siclag, 31 a Bet-Marcabot, ad Asar-Susim, a Bet-Biri e a Saaraim. Queste furono le loro città, fino al regno di Davide. 32 Avevano pure i villaggi di Etam, Ain, Rimmon, Tochen e Asan: cinque terre, 33 e tutti i villaggi che erano nei dintorni di quelle città, fino a Baal. Queste furono le loro dimore, ed essi avevano le loro genealogie. 34 Mesobab, Iamlec, Iosa, figlio di Amasia, 35 Ioel, Ieu, figlio di Iosibia, figlio di Seraia, figlio di Asiel, 36 Elioenai, Iaacoba, Iesoaia, Asaia, Adiel, Iesimiel, 37 Benaia, Ziza, figlio di Sifi, figlio di Allon, figlio di Iedaia, figlio di Simri, figlio di Semaia, 38 questi uomini, elencati per nome, erano prìncipi nelle loro famiglie, e le loro case patriarcali si estesero grandemente. 39 Andarono dal lato di Ghedor, fino a oriente della valle, in cerca di pascoli per il loro bestiame. 40 Trovarono pascoli grassi e buoni, e un paese vasto, quieto e tranquillo; poiché quelli che lo abitavano prima erano discendenti di Cam. 41 Questi uomini, ricordati più sopra per nome, giunsero, al tempo di Ezechia, re di Giuda, fecero man bassa delle loro tende e dei Maoniti che si trovavano là, e li votarono allo sterminio, che è durato fino al giorno d’oggi; poi si stabilirono là al loro posto, perché c’era pastura per il bestiame. 42 E una parte di questi figli di Simeone, cinquecento uomini, andarono verso il monte Seir, avendo alla loro testa Pelatia, Nearia, Refaia e Uziel figli di Isi; 43 distrussero i superstiti degli Amalechiti che avevano potuto salvarsi e si stabilirono là, dove sono rimasti fino al giorno d’oggi.
1 DIE seuns van Juda was: Peres, Hesron en Karmi en Hur en Sobal.
2 En Reája, die seun van Sobal, was die vader van Jahat, en Jahat van Ahúmai en van Lahad; dit is die geslagte van die Sóreatiete;
3 en dit is die seuns van Etam: Jísreël en Jísma en Jidbas; en die naam van hulle suster was Hasselelpóni.
4 En Pnuel was die vader van Gedor, en Eser die vader van Husa. Dit is die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, die vader van Betlehem.
5 En Asgur, die vader van Tekóa, het twee vroue gehad: Hélea en Náära;
6 en Náära het vir hom Ahússam en Hefer en die Temeniete en die Ahastariete gebaar. Dit was die seuns van Náära.
7 En die seuns van Hélea was: Seret, Jesóhar en Etnan.
8 En Kōs was die vader van Anub en Hassobéba en van die geslagte van Ahárhel, die seun van Harum.
9 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
10 En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.
11 En Kelub, die broer van Suha, was die vader van Mehir; hy is die vader van Eston.
12 En Eston was die vader van Bet-Ráfa en Paséag en Tehínna, die vader van die stad Nahas; dit is die manne van Rega.
13 En die seuns van Kenas was Ótniël en Serája; en die seuns van Ótniël: Hatat en Meonótai.
14 En Meonótai was die vader van Ofra, en Serája van Joab, die vader van die Handwerkersdal, want hulle was ambagsmanne.
15 En die seuns van Kaleb, die seun van Jefúnne, was: Iru, Ela en Naäm, en die seuns van Ela: Kenas.
16 En die seuns van Jehálleleël was: Sif en Sifa, Tíreja en Asáreël.
17 En die seuns van Esra was: Jeter en Mered en Efer en Jalon; en dit is die seuns van Bitja, die dogter van Farao, wat Mered as vrou geneem het; en sy het swanger geword en gebaar: Mirjam en Sámmai en Jisbag, die vader van Estemóa.
18 En sy Joodse vrou het gebaar: Jered, die vader van Gedor, en Heber, die vader van Sogo, en Jekútiël, die vader van Sanóag.
19 En die seuns van die vrou van Hodíja, die suster van Naham, die vader van Kehíla, was die Garmiet, en Estemóa, die Maägatiet.
20 En die seuns van Simon was: Amnon en Rinna, Ben-Hánan en Tilon; en die seuns van Jíseï was Sohet en Ben-Sohet.
21 Die seuns van Sela, die seun van Juda was: Er, die vader van Lega, en Láeda, die vader van Marésa, en die geslagte van die huis van die linnewewers van die huis van Asbéa;
22 verder Jokim en die manne van Koséba en Joas en Saraf — hulle wat oor Moab geheers het — en Jasubi-Léhem; maar die geskiedenisse is oud.
23 Hulle was die pottebakkers en die inwoners van Netáim en Gedéra; daar het hulle gebly by die koning in sy diens.
24 DIE seuns van Símeon was: Némuel en Jamin, Jarib, Serag, Saul;
25 Sallum was sy seun; Mibsam was sy seun; Misma was sy seun.
26 En die seuns van Misma was: Hámmuel, sy seun, Sakkur, sy seun, Símeï, sy seun.
27 En Símeï het sestien seuns en ses dogters gehad; maar sy broers het nie baie seuns gehad nie; en hulle hele geslag het nie so vermeerder soos die seuns van Juda nie.
28 En hulle het gewoon in Berséba en Mólada en Hasar-Sual
29 en in Bilha en Esem en Tolad
30 en in Bétuel en Horma en Siklag
31 en in Bet-Márkabot en Hasar-Susim, en Bet-Bíreï en Saäráim; dit was hulle stede totdat Dawid koning geword het.
32 En hulle dorpe was: Etam en Ajin, Rimmon en Togen en Asan, vyf stede;
33 en al hulle dorpe wat in die omtrek van hierdie stede was, tot by Baäl; dit was hulle woonplekke, en hulle het hul geslagsregister gehad.
34 En Mésobab en Jamleg en Josa, die seun van Amásia,
35 en Joël en Jehu, die seun van Josíbja, die seun van Serája, die seun van Ásiël,
36 en Eljoënai en Jaäkóba en Jesohája en Asája en Ádiël en Jesímiël en Benája
37 en Sisa, die seun van Sífeï, die seun van Allon, die seun van Jedája, die seun van Simri, die seun van Semája —
38 die wat hier met hulle naam opgegee is, was vorste in hulle geslagte, en hulle families het sterk vermeerder.
39 En hulle het getrek tot by die ingang na Gedor, tot oostelik van die dal, om weiveld vir hulle kleinvee te soek.
40 En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;
41 en die wat hier met hulle naam beskrywe is, het in die dae van Hiskía, die koning van Juda, gekom en hulle tente verslaan, en ook die Meüniete wat daar gevind is; en hulle het hul met die banvloek getref tot vandag toe; en hulle het in hulle plek gaan woon; want daar was weiveld vir hulle kleinvee.
42 Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyfhonderd man getrek na die gebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ússiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof.
43 En hulle het die oorblyfsel van die vrygeraaktes van Ámalek verslaan en daar gaan woon tot vandag toe.