Publicidade

Números 5

AFR53
Allontanamento dei contaminati dall’accampamento

1 Poi l’Eterno parlò a Mosè, dicendo: 2 "Ordina ai figli d’Israele che mandino fuori dall’accampamento ogni lebbroso, chiunque ha la gonorrea o è impuro per il contatto con un morto. 3 Che siano maschi o femmine, li manderete fuori; li manderete fuori dall’accampamento perché non contaminino il loro campo in mezzo al quale io abito". 4 I figli d’Israele fecero così e li mandarono fuori dall’accampamento. Come l’Eterno aveva detto a Mosè, così fecero i figli d’Israele.

Legge relativa al risarcimento dei danni compiuti

5 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 6 "Diai figli d’Israele: Quando un uomo o una donna avrà fatto un torto a qualcuno commettendo una infedeltà rispetto all’Eterno, e questa persona si sarà così resa colpevole, 7 confesserà il peccato commesso, rifonderà per intero il danno compiuto, aggiungendovi in più un quinto, e lo darà a colui verso il quale si è reso colpevole. 8 Ma se costui non ha parente prossimo a cui si possa rifondere il danno compiuto, questo risarcimento spetterà all’Eterno, cioè al sacerdote, oltre al montone espiatorio, mediante il quale si farà l’espiazione per il colpevole. 9 Ogni offerta elevata di tutte le cose consacrate che i figli d’Israele presenteranno al sacerdote, sarà del sacerdote; 10 le cose che uno consacrerà saranno del sacerdote; ciò che uno darà al sacerdote apparterrà a lui".

Legge relativa alla gelosia

11 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 12 "Parla ai figli d’Israele, e diloro: Se una donna si svia dal marito e commette una infedeltà contro di lui; 13 se uno ha relazioni carnali con lei e la cosa è nascosta agli occhi del marito, se si è contaminata in segreto senza che vi siano testimoni contro di lei o che sia stata colta sul fatto, 14 qualora lo spirito di gelosia si impossessi del marito e questi diventi geloso della moglie che si è contaminata, oppure lo spirito di gelosia si impossessi di lui e questi diventi geloso della moglie che non si è contaminata, 15 quell’uomo condurrà la moglie al sacerdote, e porterà un’offerta per lei: un decimo di efa di farina d’orzo; non vi verserà sopra olio vi metterà sopra incenso, perché è un’oblazione di gelosia, un’oblazione commemorativa, destinata a ricordare una iniquità. 16 Il sacerdote farà avvicinare la donna, e la farà stare in piedi davanti all’Eterno. 17 Poi il sacerdote prenderà dell’acqua santa in un vaso di terra; prenderà pure della polvere che è sul suolo del tabernacolo, e la metterà nell’acqua. 18 Il sacerdote farà quindi stare la donna in piedi davanti all’Eterno, le scoprirà il capo e porrà in mano a lei l’oblazione commemorativa, che è l’oblazione di gelosia; e il sacerdote avrà in mano l’acqua amara che provoca maledizione. 19 Il sacerdote farà giurare quella donna, e le dirà: Se nessun uomo ha dormito con te, e se non ti sei sviata per contaminarti con un altro invece di tuo marito, quest’acqua amara che provoca maledizione, non ti faccia danno! 20 Ma se ti sei sviata ricevendo un altro invece di tuo marito e ti sei contaminata, e un altro che non è tuo marito ha avuto rapporti con te21 allora il sacerdote farà giurare la donna con un giuramento di imprecazione e le dirà: l’Eterno faccia di te un oggetto di maledizione e di disprezzo fra il tuo popolo, facendoti dimagrire i fianchi e gonfiare il ventre; 22 e quest’acqua che provoca maledizione, ti entri nelle viscere per farti gonfiare il ventre e dimagrire i fianchi! E la donna dirà: amen! amen! 23 Poi il sacerdote scriverà queste imprecazioni in un rotolo e le cancellerà con l’acqua amara. 24 Farà bere alla donna quell’acqua amara che provoca maledizione, e l’acqua che provoca maledizione entrerà in lei per produrre amarezza; 25 e il sacerdote prenderà dalle mani della donna l’oblazione di gelosia, agiterà l’oblazione davanti all’Eterno, e la offrirà sull’altare; 26 e il sacerdote prenderà una manciata di quell’oblazione come ricordo e la farà bruciare sull’altare; poi farà bere l’acqua alla donna. 27 E quando le avrà fatto bere l’acqua, avverrà che, se lei si è contaminata e ha commesso una infedeltà contro il marito, l’acqua che provoca maledizione entrerà in lei per produrre amarezza; il ventre le si gonfierà, i suoi fianchi dimagriranno, e quella donna diventerà un oggetto di maledizione in mezzo al suo popolo. 28 Ma se la donna non si è contaminata ed è pura, sarà riconosciuta innocente e avrà dei figli. 29 Questa è la legge relativa alla gelosia, nel caso in cui la moglie di uno si svii ricevendo un altro invece del proprio marito e si contamini, 30 e nel caso in cui lo spirito di gelosia si impossessi del marito e questi diventi geloso della moglie; egli farà comparire sua moglie davanti all’Eterno, e il sacerdote le applicherà questa legge integralmente. 31 Il marito sarà immune da colpa, ma la donna porterà la pena della sua iniquità".

Bevel om al die onreines buitekant die laer af te sonder.

1 EN die Here het met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer wegstuur al die melaatse mense en almal wat 'n vloeiing het, en almal wat deur 'n lyk onrein is.

3 Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat hulle nie hul laer verontreinig waar Ek in hulle midde woon nie.

4 En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die Here met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.

Wette oor die teruggawe van ontvreemde goed.

5 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

6 Spreek met die kinders van Israel: As 'n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die Here gehandel word, en dié siel skuldig word,

7 dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.

8 Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die Here, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.

9 En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees.

10 En elkeen se heilige gawes dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.

Wet oor die jaloersheid.

11 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

12 Spreek met die kinders van Israel en vir hulle: As iemand se vrou afwyk en 'n troubreuk teen hom begaan,

13 en 'n man met haar vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie hoewel sy haar verontreinig het terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;

14 en daar kom 'n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of 'n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;

15 dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: 'n tiende van 'n efa garsmeel; hy moet daar geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit 'n spysoffer van jaloersheid is, 'n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.

16 En die priester moet haar laat nader kom en haar voor die aangesig van die Here stel.

17 En die priester moet heilige water in 'n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.

18 Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die Here stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit 'n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.

19 En die priester moet haar besweer en aan die vrou : As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie wees dan vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.

20 Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat 'n man behalwe jou eie man met jou vleeslike gemeenskap gehad het

21 so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou : Mag die Here jou tot 'n vervloeking en 'n verwensing maak onder jou volk deurdat die Here jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;

22 en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou : Amen, amen!

23 Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op 'n blad skrywe en dit in die water van bitter smart uitwis;

24 en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat die vloek bring, in haar kan ingaan tot bitter smart.

25 En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die Here beweeg en dit na die altaar bring.

26 Die priester moet ook van die spysoffer 'n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.

27 En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 'n vervloeking wees.

28 Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.

29 Dit is die wet oor die jaloersheid: As 'n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;

30 of as oor 'n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word dan moet hy die vrou voor die aangesig van die Here stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.

31 En die man sal vry wees van ongeregtigheid, maar dié vrou sal haar ongeregtigheid dra.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-