1 Poi l’Eterno parlò a Mosè, dicendo: 2 "Vendica i figli d’Israele contro i Madianiti; poi sarai riunito ai tuoi padri". 3 E Mosè parlò al popolo, dicendo: "Mobilitate fra voi degli uomini per la guerra, e marcino contro Madian per eseguire la vendetta dell’Eterno su Madian. 4 Manderete alla guerra mille uomini per tribù, di tutte le tribù d’Israele". 5 Così furono forniti, fra le migliaia d’Israele, mille uomini per tribù: cioè dodicimila uomini, armati per la guerra. 6 E Mosè mandò alla guerra quei mille uomini per tribù, e con loro Fineas figlio del sacerdote Eleazar, il quale portava gli strumenti sacri e aveva in mano le trombe squillanti. 7 Essi marciarono dunque contro Madian, come l’Eterno aveva ordinato a Mosè, e uccisero tutti i maschi. 8 Uccisero pure, con tutti gli altri, i re di Madian: Evi, Rechem, Sur, Cur e Reba, cinque re di Madian; uccisero pure con la spada Balaam, figlio di Beor. 9 E i figli d’Israele presero prigioniere le donne di Madian e i loro bambini, e predarono tutto il loro bestiame, tutte le loro greggi e ogni loro bene; 10 e incendiarono tutte le città che quelli abitavano e tutti i loro accampamenti, 11 e presero tutte le spoglie e tutta la preda: gente e bestiame. 12 Poi condussero i prigionieri, la preda e le spoglie a Mosè, al sacerdote Eleazar e alla comunità dei figli d’Israele, accampati nelle pianure di Moab, presso il Giordano, di fronte a Gerico. 13 Mosè, il sacerdote Eleazar e tutti i capi della comunità gli uscirono incontro fuori dall’accampamento. 14 Mosè si adirò contro i comandanti dell’esercito, capi di migliaia e capi di centinaia, che tornavano da quella spedizione di guerra. 15 Mosè disse loro: "Avete lasciato la vita a tutte le donne? 16 Ecco, sono esse che, per suggerimento di Balaam, trascinarono i figli d’Israele all’infedeltà verso l’Eterno, nella vicenda di Peor, così la piaga scoppiò nella comunità dell’Eterno. 17 Ora dunque uccidete ogni maschio tra i fanciulli, e uccidete ogni donna che ha avuto relazioni carnali con un uomo; 18 ma tutte le fanciulle che non hanno avuto relazioni carnali con uomini, serbatele in vita per voi. 19 E voi accampatevi per sette giorni fuori dall’accampamento; chiunque ha ucciso qualcuno e chiunque ha toccato una persona uccisa, si purifichi il terzo e il settimo giorno: e questo, tanto per voi quanto per i vostri prigionieri. 20 Purificherete anche ogni veste, ogni oggetto di pelle, ogni lavoro di pelo di capra e ogni utensile di legno". 21 E il sacerdote Eleazar disse ai soldati che erano andati alla guerra: "Questo è l’ordine della legge che l’Eterno ha prescritto a Mosè: 22 L’oro, l’argento, il bronzo, il ferro, lo stagno e il piombo, 23 tutto ciò, insomma, che può reggere al fuoco, lo farete passare per il fuoco e sarà reso puro; tuttavia, sarà purificato anche con l’acqua di purificazione; e tutto ciò che non può reggere al fuoco lo farete passare per l’acqua. 24 E vi laverete le vesti il settimo giorno, e sarete puri; poi potrete entrare nell’accampamento". 25 L’Eterno parlò ancora a Mosè, dicendo: 26 "Tu, con il sacerdote Eleazar e con i capi delle case della comunità, fa’ il conto di tutta la preda che è stata catturata: della gente e del bestiame; 27 e dividi la preda fra i combattenti che sono andati alla guerra e tutta la comunità. 28 Dalla parte che spetta ai soldati che sono andati alla guerra preleverai un tributo per l’Eterno: cioè uno su cinquecento, tanto delle persone quanto dei buoi, degli asini e delle pecore. 29 Lo prenderete sulla loro metà e lo darai al sacerdote Eleazar come un’offerta all’Eterno. 30 Dalla metà che spetta ai figli d’Israele prenderai uno su cinquanta, tanto delle persone quanto dei buoi, degli asini, delle pecore, di tutto il bestiame; e lo darai ai Leviti, che hanno l’incarico del tabernacolo dell’Eterno". 31 E Mosè e il sacerdote Eleazar fecero come l’Eterno aveva ordinato a Mosè. 32 Ora la preda, cioè quello che rimaneva del bottino fatto da quelli che erano stati alla guerra, consisteva in seicentosettantacinquemila pecore, 33 settantaduemila buoi, 34 sessantamila asini, e trentaduemila persone, ossia donne 35 che non avevano avuto relazioni carnali con uomini. 36 La metà, cioè la parte di quelli che erano andati alla guerra, fu di trecentotrentasettemilacinquecento pecore, 37 delle quali seicentosettantacinque per il tributo all’Eterno; 38 trentaseimila buoi, dei quali settantadue per il tributo all’Eterno; 39 trentamilacinquecento asini, dei quali sessantuno per il tributo all’Eterno; 40 e sedicimila persone, delle quali trentadue per il tributo all’Eterno. 41 E Mosè diede al sacerdote Eleazar il tributo prelevato per l’offerta all’Eterno, come l’Eterno gli aveva ordinato. 42 La metà che spettava ai figli d’Israele, dopo che Mosè ebbe fatto la spartizione con gli uomini andati alla guerra, la metà spettante alla comunità, 43 fu di trecentotrentasettemilacinquecento pecore, 44 trentaseimila buoi, 45 trentamilacinquecento asini e sedicimila persone. 46 Da questa metà, 47 che spettava ai figli d’Israele, Mosè prese uno su cinquanta, tanto degli uomini quanto degli animali, e li diede ai Leviti che hanno l’incarico del tabernacolo dell’Eterno, come l’Eterno aveva ordinato a Mosè. 48 I comandanti delle migliaia dell’esercito, capi di migliaia e capi di centinaia, si avvicinarono a Mosè e gli dissero: 49 "I tuoi servi hanno fatto il conto dei soldati che erano sotto i nostri ordini, e non ne manca neppure uno. 50 E noi portiamo, come offerta all’Eterno, ciascuno quello che ha trovato di oggetti d’oro: catenelle, braccialetti, anelli, pendenti, collane, per fare l’espiazione per le nostre persone davanti all’Eterno". 51 E Mosè e il sacerdote Eleazar presero dalle loro mani tutto quell’oro in gioielli lavorati. 52 Tutto l’oro dell’offerta che essi presentarono all’Eterno da parte dei capi di migliaia e dei capi di centinaia, pesava sedicimilasettecentocinquanta sicli. 53 Ora gli uomini dell’esercito si tennero il bottino che ognuno aveva fatto per conto suo. 54 E Mosè e il sacerdote Eleazar presero l’oro dei capi di migliaia e di centinaia e lo portarono nella tenda di convegno come ricordo per i figli d’Israele davanti all’Eterno.
1 EN die Here het met Moses gespreek en gesê:
2 Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word.
3 Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van die Here aan Mídian te voltrek.
4 Duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.
5 Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalfduisend wat vir die oorlog gewapen was.
6 En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
7 En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos die Here Moses beveel het, en al die manlike persone gedood.
8 Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.
9 Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.
10 Verder, al hulle stede in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand
11 en al die roof geneem en al die buit, mense en diere.
12 Daarna het hulle die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Eleásar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die Jordaan van Jérigo is.
13 En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
14 het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.
15 En Moses het vir hulle gesê: Het julle al die vroue laat lewe?
16 Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir die kinders van Israel 'n oorsaak van troubreuk teenoor die Here in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die Here was.
17 Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met 'n man gehad het.
18 Maar laat al die kinders onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.
19 En julle, slaan sewe dae lank 'n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 'n mens gedood en elkeen wat aan 'n gesneuwelde geraak het — julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag ontsondig, julle en jul gevangenes.
20 Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout ontsondig.
21 En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die Here Moses beveel het.
22 Net die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —
23 elke ding wat in die vuur kan kom — moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
24 Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
25 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:
26 Neem die volle getal op van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;
27 en verdeel die buit tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.
28 En hef 'n bydrae vir die Here van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het — een uit elke vyfhonderd — van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.
29 Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar as 'n offergawe aan die Here.
30 Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die Here waarneem.
31 En Moses en die priester Eleásar het gedoen soos die Here Moses beveel het.
32 En die buit, die oorskot van die roof wat die krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks kleinvee;
33 en twee-en-sewentigduisend beeste;
34 en een-en-sestigduisend esels;
35 en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met 'n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.
36 En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.
37 En die bydrae aan die Here uit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.
38 En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-sewentig.
39 En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan die Here een-en-sestig.
40 En mensesiele was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan die Here twee-en-dertig siele.
41 En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan die Here bestem was, soos die Here Moses beveel het.
42 En uit die helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het —
43 die helfte van die vergadering uit die kleinvee was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd;
44 en die beeste was ses-en-dertigduisend;
45 en die esels dertigduisend-vyfhonderd;
46 en mensesiele sestienduisend —
47 uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem — van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere — en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die Here waarneem, soos die Here Moses beveel het.
48 Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses
49 en aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons bevel was, en daarvan word nie een vermis nie.
50 Daarom bring elkeen van ons as offer aan die Here wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die Here.
51 Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.
52 En al die goud van die offergawe wat hulle aan die Here afgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
53 Die krygsmanne het elkeen na welgevalle buitgemaak.
54 So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van die Here in gedagtenis te bring.