1 Ora tutta la comunità dei figli d’Israele arrivò al deserto di Sin il primo mese, e il popolo si fermò a Cades. Là morì e fu sepolta Miriam. 2 E mancava l’acqua per la comunità; così ci fu un assembramento contro Mosè e contro Aaronne. 3 E il popolo contese con Mosè, dicendo: "Fossimo pur morti quando morirono i nostri fratelli davanti all’Eterno! 4 E perché avete condotto l’assemblea dell’Eterno in questo deserto per morire qui noi e il nostro bestiame? 5 E perché ci avete fatti salire dall’Egitto per condurci in questo luogo inospitale? Non è un luogo dove si possa seminare; non ci sono fichi, né vigne, né melagrane, e non c’è acqua da bere". 6 Allora Mosè e Aaronne si allontanarono dall’assemblea per recarsi all’ingresso della tenda di convegno; si prostrarono con la faccia a terra, e la gloria dell’Eterno apparve loro. 7 E l’Eterno parlò a Mosè, dicendo: 8 "Prendi il bastone; e tu e tuo fratello Aaronne convocate la comunità e parlate a quella roccia, in loro presenza, ed essa darà la sua acqua; e tu farai sgorgare per loro l’acqua dalla roccia e darai da bere alla comunità e al suo bestiame". 9 Mosè dunque prese il bastone che era davanti all’Eterno, come l’Eterno gli aveva ordinato. 10 E Mosè e Aaronne convocarono la comunità davanti alla roccia, e Mosè disse loro: "Ora ascoltate, o ribelli; vi faremo uscire dell’acqua da questa roccia?". 11 E Mosè alzò la mano, percosse la roccia con il suo bastone due volte, e ne uscì dell’acqua in abbondanza; e l’assemblea e il suo bestiame bevvero. 12 Poi l’Eterno disse a Mosè e ad Aaronne: "Siccome non avete avuto fiducia in me per dare gloria al mio santo nome agli occhi dei figli d’Israele, voi non introdurrete questa comunità nel paese che io le do". 13 Queste sono le acque di Meriba dove i figli d’Israele contesero con l’Eterno che si fece riconoscere come il Santo in mezzo a loro.
14 Poi Mosè mandò da Cades degli ambasciatori al re di Edom per dirgli: "Così dice Israele tuo fratello: ‘Tu conosci tutte le tribolazioni che ci sono avvenute: 15 come i nostri padri scesero in Egitto e noi in Egitto abitammo per lungo tempo e gli Egiziani maltrattarono noi e i nostri padri. 16 E noi gridammo all’Eterno ed egli udì la nostra voce e mandò un angelo e ci fece uscire dall’Egitto; ed eccoci ora a Cades, che è città ai tuoi estremi confini. 17 Ti prego, lasciaci passare per il tuo paese; noi non passeremo né per i campi né per le vigne, e non berremo l’acqua dei pozzi; seguiremo la strada pubblica senza deviare né a destra né a sinistra finché abbiamo oltrepassato i tuoi confini’". 18 Ma Edom gli rispose: "Tu non passerai sul mio territorio; altrimenti, ti verrò contro con la spada". 19 I figli d’Israele gli dissero: "Noi saliremo per la strada maestra; e se noi e il nostro bestiame berremo dell’acqua tua, te la pagheremo; lasciaci semplicemente transitare a piedi". 20 Ma quello rispose: "Non passerai!". Ed Edom uscì contro Israele con molta gente e con mano potente. 21 Così Edom rifiutò a Israele il transito per i suoi confini; perciò Israele si allontanò da lui.
22 Tutta la comunità dei figli d’Israele partì da Cades e arrivò al monte Or. 23 E l’Eterno parlò a Mosè e ad Aaronne al monte Or ai confini del paese di Edom, dicendo: 24 "Aaronne sta per essere riunito ai suoi antenati e non entrerà nel paese che ho dato ai figli d’Israele, perché siete stati ribelli al mio comandamento alle acque di Meriba. 25 Prendi Aaronne ed Eleazar suo figlio e falli salire sul monte Or. 26 Spoglia Aaronne dei suoi paramenti, e falli indossare a Eleazar suo figlio; là Aaronne sarà riunito ai suoi antenati e morirà". 27 Mosè fece come aveva ordinato l’Eterno; ed essi salirono sul monte Or, davanti agli occhi di tutta la comunità. 28 Mosè spogliò Aaronne dei suoi paramenti, e li fece indossare a Eleazar, suo figlio; e Aaronne morì là sulla cima del monte. Poi Mosè ed Eleazar scesero dal monte. 29 E quando tutta la comunità vide che Aaronne era morto, tutta la casa d’Israele lo pianse per trenta giorni.
1 EN toe die kinders van Israel, die hele vergadering, in die woestyn Sin kom, in die eerste maand, het die volk in Kades gebly. En Mirjam het daar gesterwe en is daar begrawe.
2 En daar was geen water vir die vergadering nie. Toe het hulle teen Moses en Aäron saamgekom.
3 En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die Here gesterf het!
4 En waarom het julle die vergadering van die Here in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
5 En waarom het julle ons uit Egipte laat optrek om ons in hierdie slegte plek te bring? Dit is geen plek van graan of van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.
6 Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die Here aan hulle.
7 En die Here het met Moses gespreek en gesê:
8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
9 Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die Here weg soos Hy hom beveel het.
10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?
11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.
12 Toe sê die Here vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
13 Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die Here getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.
14 Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.
15 Ons vaders het na Egipte afgetrek, en ons het baie dae in Egipte gewoon, en die Egiptenaars het ons en ons vaders sleg behandel.
16 Toe het ons die Here aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied.
17 Laat ons tog deur jou land trek: ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie; ons sal die koningsweg hou; ons sal nie regs of links uitdraai nie, totdat ons deur jou grondgebied getrek het.
18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.
19 Toe sê die kinders van Israel vir hom: Ons sal met die grootpad trek, en as ons van jou water drink, ek en my vee, gee ek die prys daarvoor. Laat my net te voet deurtrek — verder niks nie.
20 Maar hy antwoord: Jy sal nie deurtrek nie. En Edom het uitgetrek hom tegemoet met baie manskappe en met 'n sterk hand.
21 So het Edom dan geweier om Israel toe te laat om deur sy grondgebied te trek. Daarop het Israel van hom af weggedraai.
22 EN die kinders van Israel, die hele vergadering, het van Kades af weggetrek en by die berg Hor gekom.
23 En die Here het met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:
24 Aäron sal by sy volksgenote versamel word, want hy mag nie kom in die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het nie, omdat julle teen my bevel wederstrewig was by die waters van Mériba.
25 Neem Aäron en sy seun Eleásar, en laat hulle op die berg Hor opklim;
26 en trek Aäron se klere uit en trek dit sy seun Eleásar aan; en Aäron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.
27 Toe het Moses gedoen soos die Here beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.
28 En Moses het Aäron se klere uitgetrek en dit sy seun Eleásar aangetrek. En Aäron het daar gesterwe op die top van die berg, maar Moses en Eleásar het van die berg afgeklim.
29 En toe die hele vergadering sien dat Aäron gesterf het, het die hele huis van Israel Aäron beween dertig dae lank.