Publicidade

Números 12

AFR53
Mormorii di Miriam e di Aaronne. Miriam colpita di lebbra

1 Miriam e Aaronne parlarono contro Mosè a causa della moglie Cusita che aveva preso; poiché aveva sposato una Cusita. 2 E dissero: "L’Eterno ha parlato soltanto per mezzo di Mosè? non ha parlato anche per mezzo nostro?". E l’Eterno l’udì. 3 Ora Mosè era un uomo molto mansueto, più di ogni altro uomo sulla faccia della terra. 4 L’Eterno disse a un tratto a Mosè, ad Aaronne e a Miriam: "Uscite voi tre, e andate alla tenda di convegno". E uscirono tutti e tre. 5 E l’Eterno scese in una colonna di nuvola, si fermò all’ingresso della tenda, e chiamò Aaronne e Miriam; entrambi si fecero avanti. 6 E l’Eterno disse: "Ascoltate ora le mie parole; se c’è tra voi qualche profeta, io, l’Eterno, mi faccio conoscere a lui in visione, parlo con lui in sogno. 7 Non così con il mio servitore Mosè, che è fedele in tutta la mia casa. 8 Con lui io parlo a tu per tu, facendomi vedere, e non per via di enigmi; egli contempla la sembianza dell’Eterno. Perché dunque non avete temuto di parlare contro il mio servo, contro Mosè?". 9 E l’ira dell’Eterno si accese contro loro, ed egli se ne andò, 10 e la nuvola si ritirò dalla tenda; ed ecco che Miriam era lebbrosa, bianca come neve; Aaronne guardò Miriam, ed ecco era lebbrosa. 11 E Aaronne disse a Mosè: "Ti prego, signor mio, non farci portare la pena di un peccato che abbiamo stoltamente commesso, e di cui siamo colpevoli. 12 Ti prego, che lei non sia come il bimbo nato morto, la cui carne è già mezzo consumata quando esce dal grembo materno!". 13 E Mosè gridò all’Eterno, dicendo: "Guariscila, o Dio, te ne prego!". 14 E l’Eterno rispose a Mosè: "Se suo padre le avesse sputato in viso, non ne porterebbe lei la vergogna per sette giorni? Stia dunque rinchiusa fuori dall’accampamento sette giorni; poi, vi sarà di nuovo ammessa". 15 Miriam dunque fu rinchiusa fuori dall’accampamento sette giorni; e il popolo non si mise in cammino finché Miriam non fu riammessa al campo. 16 Poi il popolo partì da Aserot e si accampò nel deserto di Paran.

Mirjam en Aäron word opstandig teen Moses. God besoek Mirjam met melaatsheid.

1 EN Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het 'n Kusitiese vrou geneem.

2 En hulle het gesê: Het die Here dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die Here het dit gehoor.

3 Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

4 Toe het die Here dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.

5 En die Here het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.

6 Toe Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die Here is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek.

7 So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou.

8 Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die Here. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?

9 En die toorn van die Here het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.

10 En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en sy was melaats!

11 Daarop Aäron vir Moses: Ag, my heer, tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.

12 Laat sy tog nie wees soos 'n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.

13 En Moses het die Here aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!

14 Toe die Here vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.

15 En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.

16 Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-