1 Ora le figlie di Selofead figlio di Chefer, figlio di Galaad, figlio di Machir, figlio di Manasse, delle famiglie di Manasse, figlio di Giuseppe, che si chiamavano Mala, Noa, Cogla, Milca e Tirsa, 2 si accostarono e si presentarono davanti a Mosè, davanti al sacerdote Eleazar, davanti ai capi e a tutta la comunità all’ingresso della tenda di convegno, e dissero: 3 "Nostro padre morì nel deserto, e non fu nel gruppo di quelli che si radunarono contro l’Eterno, non fu della gente di Core, ma morì a causa del suo peccato, e non ebbe figli. 4 Perché il nome di nostro padre dovrebbe scomparire dalla sua famiglia se egli non ebbe figli? Dacci una proprietà in mezzo ai fratelli di nostro padre". 5 E Mosè portò la loro causa davanti all’Eterno. 6 E l’Eterno disse a Mosè: 7 "Le figlie di Selofead dicono bene. Sì, tu darai loro in eredità una proprietà tra i fratelli del loro padre, e farai passare a esse l’eredità del loro padre. 8 Parlerai pure ai figli d’Israele, e dirai: "Quando uno sarà morto senza lasciare figlio maschio, farete passare la sua eredità a sua figlia. 9 E, se non ha una figlia, darete la sua eredità ai suoi fratelli. 10 E, se non ha fratelli, darete la sua eredità ai fratelli di suo padre. 11 E, se non ci sono fratelli del padre, darete la sua eredità al parente più stretto nella sua famiglia; ed egli la possiederà. Questo sarà per i figli d’Israele una norma di diritto, come l’Eterno ha ordinato a Mosè’".
12 Poi l’Eterno disse a Mosè: "Sali su questo monte di Abarim e contempla il paese che io do ai figli d’Israele. 13 E quando lo avrai visto, anche tu sarai riunito ai tuoi antenati, come fu riunito Aaronne tuo fratello, 14 perché vi ribellaste all’ordine che vi diedi nel deserto di Sin quando la comunità si mise a contendere, e voi non mi santificaste ai loro occhi, a proposito di quelle acque. Sono le acque della contesa di Cades, nel deserto di Sin". 15 E Mosè parlò all’Eterno, dicendo: 16 "L’Eterno, l’Iddio degli spiriti di ogni carne, costituisca su questa comunità un uomo 17 che esca davanti a loro ed entri davanti a loro, e li faccia uscire e li faccia entrare, affinché l’assemblea dell’Eterno non sia come un gregge senza pastore". 18 E l’Eterno disse a Mosè: "Prenditi Giosuè, figlio di Nun, uomo in cui è lo Spirito; poserai la tua mano su lui, 19 lo farai comparire davanti al sacerdote Eleazar e davanti a tutta la comunità, gli darai i tuoi ordini in loro presenza, 20 e lo farai partecipe della tua autorità, affinché tutta la comunità dei figli d’Israele gli ubbidisca. 21 Egli si presenterà davanti al sacerdote Eleazar, che consulterà per lui il giudizio dell’Urim davanti all’Eterno; egli e tutti i figli d’Israele con lui e tutta l’assemblea usciranno all’ordine di Eleazar ed entreranno al suo ordine". 22 E Mosè fece come l’Eterno gli aveva ordinato; prese Giosuè e lo fece comparire davanti al sacerdote Eleazar e davanti a tutta la comunità; 23 posò su lui le sue mani e gli diede i suoi ordini, come l’Eterno aveva comandato per mezzo di Mosè.
1 DAARNA het nader gekom die dogters van Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die geslagte van Manasse, die seun van Josef — dit is die name van sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa —
2 en hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleásar en voor die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê:
3 Ons vader het in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen die Here vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie.
4 Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons 'n besitting onder die broers van ons vader.
5 Toe bring Moses hulle regsaak voor die aangesig van die Here.
6 En die Here het met Moses gespreek en gesê:
7 Die dogters van Selófhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.
8 En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.
9 En as hy geen dogter het nie, moet julle sy erfdeel aan sy broers gee.
10 En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee.
11 En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat naaste aan hom is uit sy geslag, en dié moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel 'n regsinsetting wees, soos die Here Moses beveel het.
12 DAARNA het die Here aan Moses gesê: Klim op hierdie gebergte Abárim, en bekyk die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het.
13 En as jy dit gesien het, sal jy ook by jou volksgenote versamel word soos jou broer Aäron versamel is;
14 omdat julle in die woestyn Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel wederstrewig gewees het om My by die water voor hulle oë te heilig. Dit is die water van Mériba by Kades, in die woestyn Sin.
15 Toe het Moses met die Here gespreek en gesê:
16 Laat die Here, die God van die geeste van alle vlees, 'n man oor die vergadering aanstel
17 wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van die Here nie mag wees soos skape wat geen wagter het nie.
18 Toe sê die Here aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, 'n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,
19 en stel hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering, en gee hom 'n opdrag voor hulle oë;
20 en lê op hom van jou hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan luister.
21 En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die Here; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.
22 En Moses het gedoen soos die Here hom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering gestel,
23 en hy het hom die hande opgelê en hom 'n opdrag gegee soos die Here deur die diens van Moses gespreek het.