Publicidade

Números 28

AFR53
Tempi stabiliti per i sacrifici

1 E l’Eterno parlò a Mosè, dicendo: 2 "Daquest’ordine ai figli d’Israele, e diloro: Al tempo stabilito avrete cura di offrirmi la mia offerta, il cibo dei miei sacrifici fatti mediante il fuoco, e che mi sono di odore soave. 3 E dirai loro: Questo è il sacrificio mediante il fuoco, che offrirete all’Eterno: degli agnelli dell’anno, senza difetti, due al giorno, come olocausto perenne. 4 Uno degli agnelli lo offrirai la mattina, e l’altro agnello lo offrirai al tramonto 5 e, come oblazione, un decimo di efa di fior di farina, intrisa con un quarto di hin di olio vergine. 6 Questo è l’olocausto perenne, offerto sul monte Sinai: sacrificio fatto mediante il fuoco, di odore soave all’Eterno. 7 La libazione sarà di un quarto di hin per ogni agnello; la libazione di vino puro all’Eterno la farai nel luogo santo. 8 E l’altro agnello lo offrirai sul tramonto, con una oblazione e una libazione simili a quelle della mattina: è un sacrificio fatto mediante il fuoco, di odore soave all’Eterno.

Sacrificio del sabato

9 Nel giorno di sabato offrirete due agnelli dell’anno, senza difetti, e, come oblazione, due decimi di fior di farina intrisa con olio, con la sua libazione. 10 È l’olocausto del sabato, per ogni sabato, oltre l’olocausto perenne e la sua libazione.

I noviluni

11 Al principio dei vostri mesi offrirete come olocausto all’Eterno due giovenchi, un montone, sette agnelli dell’anno, senza difetti, 12 e tre decimi di fior di farina intrisa con olio, come oblazione per ciascun giovenco; due decimi di fior di farina intrisa con olio, come oblazione per il montone, 13 e un decimo di fior di farina intrisa con olio, come oblazione per ogni agnello. È un olocausto di odore soave, un sacrificio fatto mediante il fuoco all’Eterno. 14 Le libazioni saranno di mezzo hin di vino per giovenco, di un terzo di hin per il montone e di un quarto di hin per agnello. Questo è l’olocausto del mese, per tutti i mesi dell’anno. 15 E si offrirà all’Eterno un capro come sacrificio per il peccato, oltre l’olocausto perenne e la sua libazione.

La Pasqua

16 Il primo mese, il quattordicesimo giorno del mese, sarà la Pasqua in onore dell’Eterno. 17 E il quindicesimo giorno di quel mese sarà giorno di festa. Per sette giorni si mangerà pane senza lievito. 18 Il primo giorno ci sarà una santa convocazione; non farete nessun lavoro ordinario, 19 ma offrirete, come sacrificio mediante il fuoco, un olocausto all’Eterno: due giovenchi, un montone e sette agnelli dell’anno che siano senza difetti; 20 e, come oblazione, del fior di farina intrisa con olio; e ne offrirete tre decimi per ciascun giovenco e due per il montone; 21 ne offrirai un decimo per ciascuno dei sette agnelli, 22 e offrirai un capro come sacrificio per il peccato, per fare l’espiazione per voi. 23 Offrirete questi sacrifici oltre l’olocausto della mattina, che è un olocausto perenne. 24 Li offrirete ogni giorno, per sette giorni; è un cibo di sacrificio fatto mediante il fuoco, di odore soave all’Eterno. Lo si offrirà oltre l’olocausto perenne con la sua libazione. 25 E il settimo giorno avrete una santa convocazione, non farete nessun lavoro ordinario.

La Pentecoste

26 Il giorno delle primizie, quando presenterete all’Eterno una oblazione nuova, alla vostra festa delle settimane, avrete una santa convocazione; non farete nessun lavoro ordinario. 27 E offrirete, come olocausto di odore soave all’Eterno, due giovenchi, un montone e sette agnelli dell’anno; 28 e, come oblazione, del fior di farina intrisa con olio: tre decimi per ciascun giovenco, due decimi per ogni montone, 29 e un decimo per ciascuno dei sette agnelli; 30 e offrirete un capro per fare l’espiazione per voi. 31 Offrirete questi sacrifici, oltre l’olocausto perenne e la sua oblazione. Sceglierete degli animali senza difetti e aggiungerete le relative libazioni.

Wette oor die daaglikse brandoffer met spys- en drankoffer.

1 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel en vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.

3 En jy moet vir hulle : Dit is die vuuroffer wat julle aan die Here moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer.

4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;

5 met 'n tiende van 'n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met 'n kwart-hin uitgestampte olie.

6 Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die Here.

7 En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die Here uitgiet.

8 En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei 'n vuuroffer van lieflike geur aan die Here.

Wette oor die sabbat-offer en oor dié van die nuwemaan.

9 MAAR op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.

10 Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

11 En by die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan die Here bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

12 en drie-tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee-tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;

13 en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is 'n brandoffer, 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die Here.

14 En hulle drankoffers moet wees 'n half-hin wyn vir 'n bul en 'n derde van 'n hin vir 'n ram en 'n kwart-hin vir 'n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.

15 Ook moet een bokram as sondoffer aan die Here berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

Wette oor die groot feeste.

16 EN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die Here.

17 En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.

18 Op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

19 Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die Here bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.

20 En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van 'n efa vir 'n bul en twee-tiendes vir 'n ram moet julle berei.

21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.

22 Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.

23 Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.

24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die Here berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word en die drankoffer wat daarby behoort.

25 En op die sewende dag moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

26 En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die Here bring, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

27 Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die Here bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;

28 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,

29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

30 een bokram om vir julle versoening te doen.

31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei hulle moet vir julle sonder gebrek wees en hulle drankoffers.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-04_23-13-58-