1 Saulin kuoleman jälkeen, kun Daavid, voitettuaan amalekilaiset, oli palannut takaisin ja ollut Siklagissa pari päivää,
2 tuli kolmantena päivänä eräs mies leiristä Saulin luota, vaatteet reväistyinä ja multaa pään päällä. Ja tullessaan Daavidin luo hän heittäytyi maahan ja osoitti kunnioitusta.
7 Hän kääntyi taakseen ja nähdessään minut hän huusi minua; minä vastasin: 'Tässä olen'.
8 Niin hän kysyi minulta: 'Kuka olet?' Minä vastasin hänelle: 'Olen amalekilainen'.
9 Sitten hän sanoi minulle: 'Astu luokseni ja surmaa minut, sillä minä olen kangistumassa, vaikka olenkin vielä täysin hengissä'.
11 Niin Daavid tarttui vaatteisiinsa ja repäisi ne; samoin tekivät kaikki miehet, jotka olivat hänen kanssansa.
12 Ja he pitivät valittajaisia ja itkivät ja paastosivat iltaan asti Saulin ja hänen poikansa Joonatanin tähden ja Herran kansan tähden ja Israelin heimon tähden, koska he olivat kaatuneet miekkaan.
17 Ja Daavid viritti tämän itkuvirren Saulista ja hänen pojastaan Joonatanista
20 Älkää ilmoittako sitä Gatissa, älkää julistako voitonsanomaa Askelonin kaduilla, etteivät filistealaisten tyttäret iloitsisi, etteivät ympärileikkaamattomain tyttäret riemuitsisi.
21 Te Gilboan vuoret, älköön teille kastetta tulko, älköön sadetta, älköön peltoja, joista anteja uhrataan. Sillä siellä on poisviskattuna sankarien kilpi, Saulin kilpi, öljyllä voitelematonna.
22 Kaatuneitten verta, sankarien ytimiä ei Joonatanin jousi väistänyt, eikä tyhjänä palannut Saulin miekka.
23 Saul ja Joonatan, rakkaat ja armaat, olivat elämässä ja kuolemassa erottamattomat, olivat nopeammat kuin kotkat, leijonia väkevämmät.
24 Te Israelin tyttäret, itkekää Saulia, häntä, joka puetti teidät purppuraan ja koristeihin, joka kiinnitti pukuunne kultahelyjä.
25 Kuinka ovat sankarit taistelussa kaatuneet! Joonatan on surmattuna kukkuloillasi.
26 Minä suren sinua, veljeni Joonatan; sinä olit minulle ylen rakas. Rakkautesi oli minulle ihmeellisempi kuin naisen rakkaus.
1 En n die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,
2 kom daar op die derde dag 'n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.
3 En Dawid sê vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.
4 Verder sê Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jonatan is dood.
5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jonatan dood is?
6 Daarop sê die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilboa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;
7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.
8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is 'n Amalekiet.
9 Daarop sê hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat 'n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.
10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy n sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.
11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.
12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jonatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
13 Verder sê Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemde man, 'n Amalekiet.
14 En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die HERE om te bring nie?
15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: Kom nader, val op hom aan! En die het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.
16 En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van die HERE gedood.
17 Toe het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun Jonatan,
18 en hy het beveel om die kinders van Juda die Booglied te leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.
19 Die sieraad, o Israel -- op jou hoogtes lê dit verslaan. Hoe het die helde geval!
20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Askelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!
21 Berge van Gilboa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.
22 Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde het die boog van Jonatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.
23 Saul en Jonatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.
24 Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.
25 Hoe het die helde geval diep in die geveg! Jonatan lê verslaan op jou hoogtes.
26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jonatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.
27 Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!