1 "Don’t judge, so that you won’t be judged. 2 For with whatever judgment you judge, you will be judged; and with whatever measure you measure, it will be measured to you. 3 Why do you see the speck that is in your brother’s eye, but don’t consider the beam that is in your own eye? 4 Or how will you tell your brother, ‘Let me remove the speck from your eye,’ and behold, the beam is in your own eye? 5 You hypocrite! First remove the beam out of your own eye, and then you can see clearly to remove the speck out of your brother’s eye.

6 "Don’t give that which is holy to the dogs, neither throw your pearls before the pigs, lest perhaps they trample them under their feet, and turn and tear you to pieces.

7 "Ask, and it will be given you. Seek, and you will find. Knock, and it will be opened for you. 8 For everyone who asks receives. He who seeks finds. To him who knocks it will be opened. 9 Or who is there among you who, if his son asks him for bread, will give him a stone? 10 Or if he asks for a fish, who will give him a serpent? 11 If you then, being evil, know how to give good gifts to your children, how much more will your Father who is in heaven give good things to those who ask him! 12 Therefore, whatever you desire for men to do to you, you shall also do to them; for this is the law and the prophets.

13 "Enter in by the narrow gate; for the gate is wide and the way is broad that leads to destruction, and there are many who enter in by it. 14 How narrow is the gate and the way is restricted that leads to life! There are few who find it.

15 "Beware of false prophets, who come to you in sheep’s clothing, but inwardly are ravening wolves. 16 By their fruits you will know them. Do you gather grapes from thorns or figs from thistles? 17 Even so, every good tree produces good fruit, but the corrupt tree produces evil fruit. 18 A good tree can’t produce evil fruit, neither can a corrupt tree produce good fruit. 19 Every tree that doesn’t grow good fruit is cut down and thrown into the fire. 20 Therefore by their fruits you will know them.

21 "Not everyone who says to me, ‘Lord, Lord,’ will enter into the Kingdom of Heaven, but he who does the will of my Father who is in heaven. 22 Many will tell me in that day, ‘Lord, Lord, didn’t we prophesy in your name, in your name cast out demons, and in your name do many mighty works?’ 23 Then I will tell them, ‘I never knew you. Depart from me, you who work iniquity.’

24 "Everyone therefore who hears these words of mine and does them, I will liken him to a wise man who built his house on a rock. 25 The rain came down, the floods came, and the winds blew and beat on that house; and it didn’t fall, for it was founded on the rock. 26 Everyone who hears these words of mine and doesn’t do them will be like a foolish man who built his house on the sand. 27 The rain came down, the floods came, and the winds blew and beat on that house; and it fell—and its fall was great."

28 When Jesus had finished saying these things, the multitudes were astonished at his teaching, 29 for he taught them with authority, and not like the scribes.

1 Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.

2 Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

6 Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

7 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;

10 en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?

11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.

13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.

14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.

15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!

17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.

18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.

19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.

27 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

28 En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;

29 want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.