Pular para o conteúdo
Publicidade

Jó 20

AFR53

Segundo discurso de Zofar

1 Então respondeu Zofar, o naamatita, e disse:

2 Visto que os meus pensamentos me fazem responder,

eu me apresso.

3 Eu ouvi a repreensão,

que me envergonha,

mas o espírito do meu entendimento responderá por mim.

A alegria dos ímpios é passageira

4 Porventura não sabes tu que

desde a antiguidade,

desde que o homem foi posto

sobre a terra,

5 O júbilo dos ímpios é breve,

e a alegria dos hipócritas momentânea?

6 Ainda que a sua altivez suba

até ao céu,

e a sua cabeça chegue até às nuvens.

7 Contudo, como o seu próprio esterco,

perecerá para sempre;

e os que o viam dirão:

Onde está?

8 Como um sonho voará,

e não será achado,

e será afugentado

como uma visão da noite.

9 O olho, que o viu,

jamais o verá,

nem o seu lugar o verá mais.

10 Os seus filhos procurarão agradar aos pobres,

e as suas mãos restituirão os seus bens.

11 Os seus ossos estão cheios do vigor da sua mocidade,

mas este se deitará

com ele no .

O mal é como veneno

12 Ainda que o mal lhe seja doce na boca,

e ele o esconda debaixo da sua língua,

13 E o guarde,

e não o deixe,

antes o retenha no seu paladar,

14 Contudo a sua comida se mudará nas suas entranhas;

fel de áspides será interiormente.

15 Engoliu riquezas,

porém vomitá-las-á;

do seu ventre Deus as lançará.

16 Veneno de áspides sorverá;

língua de víbora o matará.

17 Não verá as correntes,

os rios e os ribeiros de mel

e manteiga.

18 Restituirá o seu trabalho,

e não o engolirá;

conforme ao poder de sua mudança,

e não saltará de gozo.

19 Porquanto oprimiu

e desamparou os pobres,

e roubou a casa que não edificou.

20 Porquanto não sentiu sossego no seu ventre;

nada salvará das coisas por ele desejadas.

21 Nada lhe sobejará do que coma;

por isso as suas riquezas não durarão.

22 Sendo plena a sua abastança,

estará angustiado;

toda a força da miséria virá

sobre ele.

O furor de Deus sobre o ímpio

23 Mesmo estando ele a encher a sua barriga,

Deus mandará

sobre ele o ardor da sua ira,

e a fará chover sobre ele

quando for comer.

24 Ainda que fuja das armas de ferro,

o arco de bronze o atravessará.

25 Desembainhará a espada

que sairá do seu corpo,

e resplandecendo virá do seu fel;

e haverá sobre ele assombros.

26 Toda a escuridão se ocultará nos seus esconderijos;

um fogo não assoprado o consumirá,

irá mal com o que ficar na sua tenda.

27 Os céus manifestarão a sua iniquidade;

e a terra se levantará

contra ele.

28 As riquezas de sua casa serão transportadas;

no dia da sua ira todas se derramarão.

29 Esta, da parte de Deus,

é a porção do homem ímpio;

esta é a herança que Deus lhe decretou.

Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!

Job se woorde maak Sofar haastig om te antwoord.

1 TOE het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

Die voorspoed van goddelose mense is kort van duur.

4 WEET jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?

6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke

7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?

8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.

9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.

10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.

11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam dit in die stof.

Al dié geroofde goed sal die goddelose geen genot verskaf nie.

12 AL smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,

13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte

14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.

15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.

16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.

17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.

18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.

19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.

20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.

21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.

22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.

Die oordele van God verskrik hom, en hy gaan tot niet.

23 OM sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.

24 Hy sal vlug vir die ysterwapens 'n koperboog sal hom deurboor.

25 Hy trek daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!

26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.

27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.

28 Weggevoer word die opbrings van sy huis goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.

29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.

Veja também