1 En die profete-seuns het vir El¡sa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou.

2 Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan 'n balk gaan haal, dat ons daar vir ons 'n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan.

3 Maar een sê: Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan.

4 En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap.

5 Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!

6 En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy 'n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe.

7 En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.

1 א ויאמרו בני הנביאים אל אלישע הנה נא המקום אשר אנחנו ישבים שם לפניך--צר ממנו

2 ב נלכה נא עד הירדן ונקחה משם איש קורה אחת ונעשה לנו שם מקום לשבת שם ויאמר לכו

3 ג ויאמר האחד הואל נא ולך את עבדיך ויאמר אני אלך

4 ד וילך אתם ויבאו הירדנה ויגזרו העצים

5 ה ויהי האחד מפיל הקורה ואת הברזל נפל אל המים ויצעק ויאמר אהה אדני והוא שאול

6 ו ויאמר איש האלהים אנה נפל ויראהו את המקום ויקצב עץ וישלך שמה ויצף הברזל

7 ז ויאמר הרם לך וישלח ידו ויקחהו {פ}