2 Reis 2

1 En toe die HERE El¡a in 'n storm na die hemel sou opneem, het El¡a met El¡sa uit Gilgal uitgegaan.

2 En El¡a het vir El¡sa gesê: Bly tog hier, want die HERE stuur my na Bet-el. Maar El¡sa het gesê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na Bet-el afgegaan.

3 Toe gaan die profete-seuns wat in Bet-el was, na El¡sa uit en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.

4 En El¡a sê vir hom: El¡sa, bly tog hier, want die HERE stuur my na J,rigo. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in J,rigo aangekom.

5 Daarop kom die profete-seuns wat in J,rigo was, na El¡sa toe aan en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.

6 En El¡a sê vir hom: Bly tog hier, want die HERE stuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan.

7 En vyftig man van die profete-seuns het geloop en op 'n afstand eenkant gestaan, terwyl hulle twee by die Jordaan staan.

8 Toe neem El¡a sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het.

9 En nadat hulle deur was, sê El¡a vir El¡sa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En El¡sa antwoord: Laat dan tog 'n dubbele deel van u gees op my kom.

10 En hy sê: Jy het 'n harde saak begeer. As jy my sien wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar so nie, dan sal dit nie wees nie.

11 En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens 'n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en El¡a het in die storm na die hemel opgevaar.

12 En El¡sa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee stukke geskeur.

13 Daarna tel hy die mantel van El¡a op wat van hom afgeval het, en hy draai om en gaan op die wal van die Jordaan staan;

14 en hy neem die mantel van El¡a wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is die HERE, die God van El¡a, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en El¡sa het deurgegaan.

15 En die profete-seuns wat in J,rigo was, het dit op 'n afstand gesien en gesê: Die gees van El¡a rus op El¡sa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig

16 en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die HERE hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie!

17 Maar toe hulle tot vervelens toe by hom aanhou, sê hy: Stuur. Daarop stuur hulle vyftig man uit, en die het drie dae lank gesoek, maar hom nie gekry nie.

18 En hulle het na hom teruggekeer terwyl hy nog in J,rigo vertoef; en hy vra hulle: Het ek julle nie gesê: Moenie gaan nie?

19 En die manne van die stad het vir El¡sa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.

20 En hy antwoord: Bring vir my 'n nuwe skottel en gooi daar sout in. En hulle het dit na hom gebring.

21 Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het die water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.

22 En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van El¡sa wat hy gespreek het.

23 En daarvandaan het hy opgegaan na Bet-el; en terwyl hy met die pad opgaan, kom daar klein seuntjies uit die stad uit wat met hom spot en vir hom sê: Gaan op, kaalkop! Gaan op, kaalkop!

24 Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die HERE; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee en veertig kinders verskeur.

25 En hy het daarvandaan na die berg Karmel gegaan en daarvandaan na Samar¡a teruggekom.

1 א ויהי בהעלות יהוה את אליהו בסערה השמים וילך אליהו ואלישע מן הגלגל

2 ב ויאמר אליהו אל אלישע שב נא פה כי יהוה שלחני עד בית אל ויאמר אלישע חי יהוה וחי נפשך אם אעזבך וירדו בית אל

3 ג ויצאו בני הנביאים אשר בית אל אל אלישע ויאמרו אליו הידעת כי היום יהוה לקח את אדניך מעל ראשך ויאמר גם אני ידעתי החשו

4 ד ויאמר לו אליהו אלישע שב נא פה כי יהוה שלחני יריחו ויאמר חי יהוה וחי נפשך אם אעזבך ויבאו יריחו

5 ה ויגשו בני הנביאים אשר ביריחו אל אלישע ויאמרו אליו הידעת כי היום יהוה לקח את אדניך מעל ראשך ויאמר גם אני ידעתי החשו

6 ו ויאמר לו אליהו שב נא פה כי יהוה שלחני הירדנה ויאמר חי יהוה וחי נפשך אם אעזבך וילכו שניהם

7 ז וחמשים איש מבני הנביאים הלכו ויעמדו מנגד מרחוק ושניהם עמדו על הירדן

8 ח ויקח אליהו את אדרתו ויגלם ויכה את המים ויחצו הנה והנה ויעברו שניהם בחרבה

9 ט ויהי כעברם ואליהו אמר אל אלישע שאל מה אעשה לך בטרם אלקח מעמך ויאמר אלישע ויהי נא פי שנים ברוחך אלי

10 י ויאמר הקשית לשאול אם תראה אתי לקח מאתך יהי לך כן ואם אין לא יהיה

11 יא ויהי המה הלכים הלוך ודבר והנה רכב אש וסוסי אש ויפרדו בין שניהם ויעל אליהו בסערה השמים

12 יב ואלישע ראה והוא מצעק אבי אבי רכב ישראל ופרשיו ולא ראהו עוד ויחזק בבגדיו ויקרעם לשנים קרעים

13 יג וירם את אדרת אליהו אשר נפלה מעליו וישב ויעמד על שפת הירדן

14 יד ויקח את אדרת אליהו אשר נפלה מעליו ויכה את המים ויאמר איה יהוה אלהי אליהו אף הוא ויכה את המים ויחצו הנה והנה ויעבר אלישע

15 טו ויראהו בני הנביאים אשר ביריחו מנגד ויאמרו נחה רוח אליהו על אלישע ויבאו לקראתו וישתחוו לו ארצה

16 טז ויאמרו אליו הנה נא יש את עבדיך חמשים אנשים בני חיל ילכו נא ויבקשו את אדניך--פן נשאו רוח יהוה וישלכהו באחד ההרים או באחת הגיאות (הגיאיות) ויאמר לא תשלחו

17 יז ויפצרו בו עד בש ויאמר שלחו וישלחו חמשים איש ויבקשו שלשה ימים ולא מצאהו

18 יח וישבו אליו והוא ישב ביריחו ויאמר אלהם הלא אמרתי אליכם אל תלכו  {ס}

19 יט ויאמרו אנשי העיר אל אלישע הנה נא מושב העיר טוב כאשר אדני ראה והמים רעים והארץ משכלת

20 כ ויאמר קחו לי צלחית חדשה ושימו שם מלח ויקחו אליו

21 כא ויצא אל מוצא המים וישלך שם מלח ויאמר כה אמר יהוה רפאתי למים האלה--לא יהיה משם עוד מות ומשכלת

22 כב וירפו המים עד היום הזה כדבר אלישע אשר דבר  {פ}

23 כג ויעל משם בית אל והוא עלה בדרך ונערים קטנים יצאו מן העיר ויתקלסו בו ויאמרו לו עלה קרח עלה קרח

24 כד ויפן אחריו ויראם ויקללם בשם יהוה ותצאנה שתים דבים מן היער ותבקענה מהם ארבעים ושני ילדים

25 כה וילך משם אל הר הכרמל ומשם שב שמרון  {פ}