1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig.

3 Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.

4 Begeef julle nie tot die afgode en maak vir julle geen gegote gode nie. Ek is die HERE julle God.

5 En as julle 'n dankoffer aan die HERE slag, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.

6 Op die dag as julle dit offer en die dag daarna, moet dit geëet word; maar wat tot die derde dag toe oorbly, moet met vuur verbrand word.

7 En as dit tog op die derde dag geëet word, sal dit 'n onrein ding wees; dit sal nie met welgevalle aangeneem word nie.

8 En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet die siel uit sy volksgenote uitgeroei word.

9 En as julle die opbrings van julle land oes, moet jy die kant van jou land nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie.

10 Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.

11 Julle mag nie steel nie, en julle mag nie lieg nie, en julle mag die een die ander nie bedrieg nie.

12 En julle mag nie vals sweer by my Naam en so die Naam van jou God ontheilig nie. Ek is die HERE.

13 Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.

14 Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

15 Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel.

16 Jy mag nie as 'n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE.

17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie.

18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.

19 Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En 'n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.

20 En as 'n man vleeslike gemeenskap het met 'n vrou wat 'n slavin is, vir 'n ander man bestemd, sonder dat sy ooit losgekoop of vryheid aan haar gegee is, dan moet daar bestraffing plaasvind. Hulle mag nie gedood word nie, want sy was nie vrygelaat nie.

21 En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms 'n ram as skuldoffer;

22 en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.

23 En as julle in die land inkom en allerhande vrugtebome plant, moet julle hulle vrugte as verbode beskou; drie jaar lank moet hulle vir julle verbode wees; daar mag nie van geëet word nie.

24 Maar in die vierde jaar moet al hulle vrugte 'n heilige feesgawe aan die HERE wees;

25 en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet dit alles om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die HERE julle God.

26 Julle mag niks met bloed en al eet nie. Julle mag nie met verklaring van voortekens of goëlery omgaan nie.

27 Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.

28 Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.

29 Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.

30 Julle moet my sabbatte hou en my heiligdom ontsien. Ek is die HERE.

31 Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.

32 Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van 'n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

33 En as 'n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.

34 Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.

35 Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie.

36 Julle moet 'n regte weegskaal hê, regte weegstene, 'n regte efa en 'n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.

37 Daarom moet julle al my insettinge en al my verordeninge onderhou en dit doen. Ek is die HERE.

1 א וידבר יהוה אל משה לאמר

2 ב דבר אל כל עדת בני ישראל ואמרת אלהם--קדשים תהיו  כי קדוש אני יהוה אלהיכם

3 ג איש אמו ואביו תיראו ואת שבתתי תשמרו  אני יהוה אלהיכם

4 ד אל תפנו אל האלילם ואלהי מסכה לא תעשו לכם  אני יהוה אלהיכם

5 ה וכי תזבחו זבח שלמים ליהוה--לרצנכם תזבחהו

6 ו ביום זבחכם יאכל וממחרת והנותר עד יום השלישי באש ישרף

7 ז ואם האכל יאכל ביום השלישי--פגול הוא לא ירצה

8 ח ואכליו עונו ישא כי את קדש יהוה חלל ונכרתה הנפש ההוא מעמיה

9 ט ובקצרכם את קציר ארצכם לא תכלה פאת שדך לקצר ולקט קצירך לא תלקט

10 י וכרמך לא תעולל ופרט כרמך לא תלקט  לעני ולגר תעזב אתם אני יהוה אלהיכם

11 יא לא תגנבו ולא תכחשו ולא תשקרו איש בעמיתו

12 יב ולא תשבעו בשמי לשקר  וחללת את שם אלהיך אני יהוה

13 יג לא תעשק את רעך ולא תגזל לא תלין פעלת שכיר אתך--עד בקר

14 יד לא תקלל חרש--ולפני עור לא תתן מכשל ויראת מאלהיך אני יהוה

15 טו לא תעשו עול במשפט--לא תשא פני דל ולא תהדר פני גדול  בצדק תשפט עמיתך

16 טז לא תלך רכיל בעמיך לא תעמד על דם רעך  אני יהוה

17 יז לא תשנא את אחיך בלבבך הוכח תוכיח את עמיתך ולא תשא עליו חטא

18 יח לא תקם ולא תטר את בני עמך ואהבת לרעך כמוך  אני יהוה

19 יט את חקתי תשמרו--בהמתך לא תרביע כלאים שדך לא תזרע כלאים ובגד כלאים שעטנז לא יעלה עליך

20 כ ואיש כי ישכב את אשה שכבת זרע והוא שפחה נחרפת לאיש והפדה לא נפדתה או חפשה לא נתן לה--בקרת תהיה לא יומתו כי לא חפשה

21 כא והביא את אשמו ליהוה אל פתח אהל מועד--איל אשם

22 כב וכפר עליו הכהן באיל האשם לפני יהוה על חטאתו אשר חטא ונסלח לו מחטאתו אשר חטא  {פ}

23 כג וכי תבאו אל הארץ ונטעתם כל עץ מאכל--וערלתם ערלתו את פריו שלש שנים יהיה לכם ערלים--לא יאכל

24 כד ובשנה הרביעת יהיה כל פריו--קדש הלולים ליהוה

25 כה ובשנה החמישת תאכלו את פריו להוסיף לכם תבואתו  אני יהוה אלהיכם

26 כו לא תאכלו על הדם לא תנחשו ולא תעוננו

27 כז לא תקפו פאת ראשכם ולא תשחית את פאת זקנך

28 כח ושרט לנפש לא תתנו בבשרכם וכתבת קעקע לא תתנו בכם  אני יהוה

29 כט אל תחלל את בתך להזנותה ולא תזנה הארץ ומלאה הארץ זמה

30 ל את שבתתי תשמרו ומקדשי תיראו  אני יהוה

31 לא אל תפנו אל האבת ואל הידענים אל תבקשו לטמאה בהם  אני יהוה אלהיכם

32 לב מפני שיבה תקום והדרת פני זקן ויראת מאלהיך אני יהוה  {ס}

33 לג וכי יגור אתך גר בארצכם--לא תונו אתו

34 לד כאזרח מכם יהיה לכם הגר הגר אתכם ואהבת לו כמוך--כי גרים הייתם בארץ מצרים  אני יהוה אלהיכם

35 לה לא תעשו עול במשפט במדה במשקל ובמשורה

36 לו מאזני צדק אבני צדק איפת צדק והין צדק--יהיה לכם  אני יהוה אלהיכם אשר הוצאתי אתכם מארץ מצרים

37 לז ושמרתם את כל חקתי ואת כל משפטי ועשיתם אתם  אני יהוה  {פ}