1 En die seuns van A„ron, Nadab en Ab¡hu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.

2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.

3 Toe sê Moses vir A„ron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar A„ron het stilgebly.

4 En Moses het M¡sael en lsafan, die seuns van Uss¡ël, die oom van A„ron, geroep en aan hulle gesê: Kom nader, dra julle broers van die heiligdom af weg, buitekant die laer uit.

5 Toe het hulle nader gekom en hulle in hul rokke buitekant die laer uitgedra soos Moses gesê het.

6 Daarop sê Moses aan A„ron en sy seuns Ele sar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.

7 Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.

8 En die HERE het met A„ron gespreek en gesê:

9 Moenie wyn of sterk drank drink nie, jy of jou seuns saam met jou as julle in die tent van samekoms ingaan, dat julle nie sterwe nie; 'n ewige insetting is dit vir julle geslagte;

10 en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;

11 en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.

12 En Moses het met A„ron gespreek en met sy seuns Ele sar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig.

13 Daarom moet julle dit op 'n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; want so is aan my bevel gegee.

14 Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op 'n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.

15 Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.

16 En Moses het rondgesoek na die sondofferbok, maar dit was verbrand! Daarom was hy baie kwaad vir Ele sar en Itamar, die seuns van A„ron wat oorgebly het; en hy het gesê:

17 Waarom het julle die sondoffer nie op 'n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.

18 Kyk, die bloed daarvan is nie binne in die heiligdom gebring nie. Julle moes dit sekerlik in die heiligdom geëet het soos ek beveel het.

19 Toe sê A„ron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van die HERE?

20 Toe Moses dit hoor, was dit goed in sy oë.

1 א ויקחו בני אהרן נדב ואביהוא איש מחתתו ויתנו בהן אש וישימו עליה קטרת ויקריבו לפני יהוה אש זרה--אשר לא צוה אתם

2 ב ותצא אש מלפני יהוה ותאכל אותם וימתו לפני יהוה

3 ג ויאמר משה אל אהרן הוא אשר דבר יהוה לאמר בקרבי אקדש ועל פני כל העם אכבד וידם אהרן

4 ד ויקרא משה אל מישאל ואל אלצפן בני עזיאל דד אהרן ויאמר אלהם קרבו שאו את אחיכם מאת פני הקדש אל מחוץ למחנה

5 ה ויקרבו וישאם בכתנתם אל מחוץ למחנה--כאשר דבר משה

6 ו ויאמר משה אל אהרן ולאלעזר ולאיתמר בניו ראשיכם אל תפרעו ובגדיכם לא תפרמו ולא תמתו ועל כל העדה יקצף ואחיכם כל בית ישראל--יבכו את השרפה אשר שרף יהוה

7 ז ומפתח אהל מועד לא תצאו פן תמתו--כי שמן משחת יהוה עליכם ויעשו כדבר משה  {פ}

8 ח וידבר יהוה אל אהרן לאמר

9 ט יין ושכר אל תשת אתה ובניך אתך בבאכם אל אהל מועד--ולא תמתו  חקת עולם לדרתיכם

10 י ולהבדיל בין הקדש ובין החל ובין הטמא ובין הטהור

11 יא ולהורת את בני ישראל--את כל החקים אשר דבר יהוה אליהם ביד משה  {פ}

12 יב וידבר משה אל אהרן ואל אלעזר ואל איתמר בניו הנותרים קחו את המנחה הנותרת מאשי יהוה ואכלוה מצות אצל המזבח  כי קדש קדשים הוא

13 יג ואכלתם אתה במקום קדוש כי חקך וחק בניך הוא מאשי יהוה  כי כן צויתי

14 יד ואת חזה התנופה ואת שוק התרומה תאכלו במקום טהור--אתה ובניך ובנתיך אתך  כי חקך וחק בניך נתנו מזבחי שלמי בני ישראל

15 טו שוק התרומה וחזה התנופה על אשי החלבים יביאו להניף תנופה לפני יהוה והיה לך ולבניך אתך לחק עולם כאשר צוה יהוה

16 טז ואת שעיר החטאת דרש דרש משה--והנה שרף ויקצף על אלעזר ועל איתמר בני אהרן הנותרם לאמר

17 יז מדוע לא אכלתם את החטאת במקום הקדש--כי קדש קדשים הוא ואתה נתן לכם לשאת את עון העדה לכפר עליהם לפני יהוה

18 יח הן לא הובא את דמה אל הקדש פנימה אכול תאכלו אתה בקדש כאשר צויתי

19 יט וידבר אהרן אל משה הן היום הקריבו את חטאתם ואת עלתם לפני יהוה ותקראנה אתי כאלה ואכלתי חטאת היום הייטב בעיני יהוה

20 כ וישמע משה וייטב בעיניו  {פ}