Levítico 7

1 En dit is die wet van die skuldoffer: dit is hoogheilig.

2 Op die plek waar hulle die brandoffer slag, moet hulle die skuldoffer slag, en hy moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.

3 En hy moet al die vet daarvan offer: die vetstert en die vet wat oor die binnegoed lê,

4 en die twee niere en die vet daarop wat aan die lendene is, en die lap aan die lewer by die niere moet hy dit wegneem.

5 En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is 'n skuldoffer.

6 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op 'n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.

7 Soos die sondoffer, so die skuldoffer; een wet geld vir hulle die priester wat daardeur versoening doen, aan hom kom dit toe.

8 En die priester wat die brandoffer van iemand bring die vel van die brandoffer wat hy gebring het, aan die priester, aan hom kom dit toe.

9 En elke spysoffer wat in die oond gebak word, en alles wat in die pan of op die bakplaat berei is, aan die priester wat dit offer, aan hom kom dit toe.

10 En elke spysoffer, met olie gemeng of droog, aan al die seuns van A„ron kom dit toe, aan die een so goed as aan die ander.

11 En dit is die wet van die dankoffer wat hulle aan die HERE bring:

12 Ingeval hy dit as lofoffer bring, moet hy by die lofoffer bring: ongesuurde koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk en fynmeel wat as koeke deurmekaargeroer is, met olie gemeng;

13 saam met koeke van gesuurde brood moet hy sy offergawe by sy lofdankoffer bring.

14 En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.

15 Maar die vleis van sy lofdankoffer moet geëet word op die dag as hy dit bring; daarvan mag hy niks tot die môre laat lê nie.

16 En as die offer wat hy bring, 'n gelofte of vrywillige offer is, moet dit geëet word op die dag as hy sy offer bring; en op die volgende dag, dan kan geëet word wat daarvan oorbly.

17 Maar wat van die offervleis oorgebly het, moet op die derde dag met vuur verbrand word.

18 En as daar van die vleis van sy dankoffer op die derde dag iets geëet word, sal dit vir hom wat dit bring, nie met welgevalle aangeneem word nie; dit sal hom nie toegereken word nie; 'n onrein iets sal dit wees, en diegene wat daarvan eet, moet sy ongeregtigheid dra.

19 En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.

20 Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

21 En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van 'n mens of aan 'n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

22 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

23 Spreek met die kinders van Israel en sê: G,,n vet van 'n bees of skaap of bok mag julle eet nie.

24 Maar die vet van aas en die vet van wat verskeur is, kan vir allerhande werk gebruik word, maar jy mag niks daarvan eet nie.

25 Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE 'n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

26 Ook mag julle g,,n bloed van voëls of van vee in enigeen van julle woonplekke eet nie.

27 Elkeen wat maar enigsins bloed eet, die siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.

28 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

29 Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, moet self aan die HERE die gawe uit sy dankoffer bring;

30 sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.

31 En die priester moet die vet op die altaar aan die brand steek, maar die bors kom A„ron en sy seuns toe.

32 Julle moet ook die regterboud aan die priester as hefoffer gee uit julle dankoffers.

33 Hy wat uit die seuns van A„ron die bloed van die dankoffers en die vet offer, aan hom kom die regterboud as deel toe.

34 Want die beweegbors en die hefboud het Ek van die kinders van Israel uit hulle dankoffers geneem en dit aan A„ron, die priester, en aan sy seuns gegee as 'n deel wat hulle vir ewig toekom van die kant van die kinders van Israel.

35 Dit is die aandeel van A„ron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien

36 wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is 'n ewige insetting vir hulle geslagte.

37 Dit is die wet vir die brandoffer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydingsoffer en die dankoffer

38 wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.

1 א וזאת תורת האשם  קדש קדשים הוא

2 ב במקום אשר ישחטו את העלה ישחטו את האשם ואת דמו יזרק על המזבח סביב

3 ג ואת כל חלבו יקריב ממנו--את האליה ואת החלב המכסה את הקרב

4 ד ואת שתי הכלית ואת החלב אשר עליהן אשר על הכסלים ואת היתרת על הכבד על הכלית יסירנה

5 ה והקטיר אתם הכהן המזבחה אשה ליהוה אשם הוא

6 ו כל זכר בכהנים יאכלנו במקום קדוש יאכל קדש קדשים הוא

7 ז כחטאת כאשם--תורה אחת להם הכהן אשר יכפר בו לו יהיה

8 ח והכהן--המקריב את עלת איש  עור העלה אשר הקריב לכהן לו יהיה

9 ט וכל מנחה אשר תאפה בתנור וכל נעשה במרחשת ועל מחבת--לכהן המקריב אתה לו תהיה

10 י וכל מנחה בלולה בשמן וחרבה--לכל בני אהרן תהיה איש כאחיו  {פ}

11 יא וזאת תורת זבח השלמים אשר יקריב ליהוה

12 יב אם על תודה יקריבנו--והקריב על זבח התודה חלות מצות בלולת בשמן ורקיקי מצות משחים בשמן וסלת מרבכת חלת בלולת בשמן

13 יג על חלת לחם חמץ יקריב קרבנו על זבח תודת שלמיו

14 יד והקריב ממנו אחד מכל קרבן תרומה ליהוה לכהן הזרק את דם השלמים--לו יהיה

15 טו ובשר זבח תודת שלמיו--ביום קרבנו יאכל  לא יניח ממנו עד בקר

16 טז ואם נדר או נדבה זבח קרבנו--ביום הקריבו את זבחו יאכל וממחרת והנותר ממנו יאכל

17 יז והנותר מבשר הזבח--ביום השלישי באש ישרף

18 יח ואם האכל יאכל מבשר זבח שלמיו ביום השלישי לא ירצה--המקריב אתו לא יחשב לו פגול יהיה והנפש האכלת ממנו עונה תשא

19 יט והבשר אשר יגע בכל טמא לא יאכל--באש ישרף והבשר--כל טהור יאכל בשר

20 כ והנפש אשר תאכל בשר מזבח השלמים אשר ליהוה וטמאתו עליו--ונכרתה הנפש ההוא מעמיה

21 כא ונפש כי תגע בכל טמא בטמאת אדם או בבהמה טמאה או בכל שקץ טמא ואכל מבשר זבח השלמים אשר ליהוה--ונכרתה הנפש ההוא מעמיה  {פ}

22 כב וידבר יהוה אל משה לאמר

23 כג דבר אל בני ישראל לאמר  כל חלב שור וכשב ועז--לא תאכלו

24 כד וחלב נבלה וחלב טרפה יעשה לכל מלאכה ואכל לא תאכלהו

25 כה כי כל אכל חלב מן הבהמה אשר יקריב ממנה אשה ליהוה--ונכרתה הנפש האכלת מעמיה

26 כו וכל דם לא תאכלו בכל מושבתיכם לעוף ולבהמה

27 כז כל נפש אשר תאכל כל דם--ונכרתה הנפש ההוא מעמיה

28 כח וידבר יהוה אל משה לאמר

29 כט דבר אל בני ישראל לאמר  המקריב את זבח שלמיו ליהוה--יביא את קרבנו ליהוה מזבח שלמיו

30 ל ידיו תביאינה את אשי יהוה את החלב על החזה יביאנו--את החזה להניף אתו תנופה לפני יהוה

31 לא והקטיר הכהן את החלב המזבחה והיה החזה לאהרן ולבניו

32 לב ואת שוק הימין תתנו תרומה לכהן מזבחי שלמיכם

33 לג המקריב את דם השלמים ואת החלב--מבני אהרן  לו תהיה שוק הימין למנה

34 לד כי את חזה התנופה ואת שוק התרומה לקחתי מאת בני ישראל מזבחי שלמיהם ואתן אתם לאהרן הכהן ולבניו לחק עולם מאת בני ישראל

35 לה זאת משחת אהרן ומשחת בניו מאשי יהוה ביום הקריב אתם לכהן ליהוה

36 לו אשר צוה יהוה לתת להם ביום משחו אתם מאת בני ישראל--חקת עולם לדרתם

37 לז זאת התורה לעלה למנחה ולחטאת ולאשם ולמלואים--ולזבח השלמים

38 לח אשר צוה יהוה את משה בהר סיני  ביום צותו את בני ישראל להקריב את קרבניהם ליהוה--במדבר סיני  {פ}