1 Die woorde van die Prediker, die seun van Dawid, die koning in Jerusalem.

2 Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs!

3 Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?

4 Die een geslag gaan, en die ander geslag kom, en die aarde bly vir ewig staan.

5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.

6 Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug.

7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.

8 Al die dinge is so vermoeiend, geen mens kan dit uitspreek nie; die oog kry nie genoeg van sien nie, en die oor word nie vol van hoor nie.

9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.

10 Is daar iets waarvan 'n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.

11 Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.

12 Ek, Prediker, was koning oor Israel in Jerusalem.

13 En ek het my hart daarop gerig om met wysheid te ondersoek en na te speur alles wat onder die hemel gebeur. Dit is 'n moeilike taak wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.

14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind.

15 Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie.

16 Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk, ,k het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien.

17 Maar toe ek my hart daarop gerig het om wysheid en kennis, onverstandigheid en dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook 'n gejaag na wind is.

18 Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.

1 א דברי קהלת בן דוד מלך בירושלם

2 ב הבל הבלים אמר קהלת הבל הבלים הכל הבל

3 ג מה יתרון לאדם  בכל עמלו--שיעמל תחת השמש

4 ד דור הלך ודור בא והארץ לעולם עמדת

5 ה וזרח השמש ובא השמש ואל מקומו--שואף זורח הוא שם

6 ו הולך אל דרום וסובב אל צפון סובב סבב הולך הרוח ועל סביבתיו שב הרוח

7 ז כל הנחלים הלכים אל הים והים איננו מלא אל מקום שהנחלים הלכים--שם הם שבים ללכת

8 ח כל הדברים יגעים לא יוכל איש לדבר לא תשבע עין לראות ולא תמלא אזן משמע

9 ט מה שהיה הוא שיהיה ומה שנעשה הוא שיעשה ואין כל חדש תחת השמש

10 י יש דבר שיאמר ראה זה חדש הוא  כבר היה לעלמים אשר היה מלפננו

11 יא אין זכרון לראשנים וגם לאחרנים שיהיו לא יהיה להם זכרון--עם שיהיו לאחרנה  {פ}

12 יב אני קהלת הייתי מלך על ישראל--בירושלם

13 יג ונתתי את לבי לדרוש ולתור בחכמה על כל אשר נעשה תחת השמים הוא ענין רע נתן אלהים לבני האדם--לענות בו

14 יד ראיתי את כל המעשים שנעשו תחת השמש והנה הכל הבל ורעות רוח

15 טו מעות לא יוכל לתקן וחסרון לא יוכל להמנות

16 טז דברתי אני עם לבי לאמר--אני הנה הגדלתי והוספתי חכמה על כל אשר היה לפני על ירושלם ולבי ראה הרבה חכמה ודעת

17 יז ואתנה לבי לדעת חכמה ודעת הוללת ושכלות  ידעתי שגם זה הוא רעיון רוח

18 יח כי ברב חכמה רב כעס ויוסיף דעת יוסיף מכאוב