1 Maar H ggai, die profeet, en Sagar¡a, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.

2 Toe het Serubb bel, die seun van Se ltiël, en J,sua, die seun van Josadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het.

3 In die tyd het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en hulle partygenote na hulle gekom en so aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

4 So het ons dan vir hulle gesê wat die name was van die manne wat hierdie gebou oprig.

5 Maar die oog van hulle God was oor die oudstes van die Jode, sodat hulle hul nie verhinder het nie, totdat die berig voor Dar¡us sou kom, en dan daaroor 'n brief teruggebring sou word.

6 'n Afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, en Setar-Bosenai en sy partygenote, die Afarsega‹ete wat wes van die Eufraat was, aan koning Dar¡us gestuur het.

7 Hulle het aan hom 'n berig gestuur, en so was daarin geskrywe: Aan koning Dar¡us -- alle heil!

8 Aan die koning word bekend gemaak dat ons na die provinsie Juda, na die huis van die grote God, gegaan het; en dit word van groot klippe gebou, en hout word teen die mure gelê, en daardie werk word sorgvuldig gedoen en vorder goed onder hulle hande.

9 Toe het ons daardie oudstes gevra; so het ons aan hulle gesê: Wie het julle bevel gegee om hierdie huis te bou en hierdie muur te voltooi?

10 Verder het ons vir hulle ook hul name gevra om u bekend te maak, dat ons die name van die manne wat aan hul hoof staan, kan skrywe.

11 En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, wat 'n groot koning van Israel gebou en voltooi het.

12 Maar omdat ons vaders die God van die hemel vertoorn het, het Hy hulle oorgegee in die hand van Nebukadn,sar, die koning van Babel, die Chaldeër; hy het hierdie huis verwoes en die volk na Babel weggevoer.

13 Maar in die eerste jaar van Kores, die koning van Babel, het koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.

14 En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadn,sar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en in die tempel van Babel gebring het, dit het koning Kores uit die tempel van Babel uitgehaal, en dit is oorhandig aan een, met die naam van S,sbassar, wat hy as goewerneur aangestel het;

15 en hy het vir hom gesê: Neem hierdie voorwerpe, gaan sit dit in die tempel in Jerusalem, en laat die huis van God gebou word op sy plek.

16 Toe het hierdie S,sbassar gekom, hy het die fondamente van die huis van God in Jerusalem gelê, en van toe af tot nou toe is daar gebou, maar dit is nog nie voltooi nie.

17 As die koning dit nou goedvind, laat dan nagesoek word in die skathuis van die koning daar in Babel, of dit so is dat deur koning Kores bevel gegee is om hierdie huis van God in Jerusalem te bou; en mag die koning sy beslissing hieroor aan ons stuur.

1 א והתנבי חגי נביאה וזכריה בר עדוא נביאיא על יהודיא די ביהוד ובירושלם--בשם אלה ישראל עליהון  {ס}

2 ב באדין קמו זרבבל בר שאלתיאל וישוע בר יוצדק ושריו למבנא בית אלהא די בירושלם ועמהון נביאיא די אלהא מסעדין להון  {פ}

3 ג בה זמנא אתה עליהון תתני פחת עבר נהרה ושתר בוזני--וכנותהון וכן אמרין להם--מן שם לכם טעם ביתא דנה לבנא ואשרנא דנה לשכללה  {ס}

4 ד אדין כנמא אמרנא להם  מן אנון שמהת גבריא די דנה בנינא בנין

5 ה ועין אלההם הות על שבי יהודיא ולא בטלו המו עד טעמא לדריוש יהך ואדין יתיבון נשתונא על דנה  {פ}

6 ו פרשגן אגרתא די שלח תתני פחת עבר נהרה ושתר בוזני וכנותה אפרסכיא די בעבר נהרה--על דריוש מלכא

7 ז פתגמא שלחו עלוהי וכדנה כתיב בגוה לדריוש מלכא שלמא כלא  {ס}

8 ח ידיע להוא למלכא די אזלנא ליהוד מדינתא לבית אלהא רבא והוא מתבנא אבן גלל ואע מתשם בכתליא ועבידתא דך אספרנא מתעבדא ומצלח בידהם  {ס}

9 ט אדין שאלנא לשביא אלך כנמא אמרנא להם  מן שם לכם טעם ביתא דנה למבניה ואשרנא דנה לשכללה

10 י ואף שמהתהם שאלנא להם להודעותך--די נכתב שם גבריא די בראשיהם  {ס}

11 יא וכנמא פתגמא התיבונא לממר  אנחנא המו עבדוהי די אלה שמיא וארעא ובנין ביתא די הוא בנה מקדמת דנה שנין שגיאן ומלך לישראל רב בנהי ושכללה

12 יב להן מן די הרגזו אבהתנא לאלה שמיא--יהב המו ביד נבוכדנצר מלך בבל כסדיא (כסדאה) וביתה דנה סתרה ועמה הגלי לבבל  {ס}

13 יג ברם בשנת חדה לכורש מלכא די בבל--כורש מלכא שם טעם בית אלהא דנה לבנא

14 יד ואף מאניא די בית אלהא די דהבה וכספא די נבוכדנצר הנפק מן היכלא די בירושלם והיבל המו להיכלא די בבל--הנפק המו כורש מלכא מן היכלא די בבל ויהיבו לששבצר שמה די פחה שמה

15 טו ואמר לה--אלה (אל) מאניא שא אזל אחת המו בהיכלא די בירושלם ובית אלהא יתבנא על אתרה  {ס}

16 טז אדין ששבצר דך אתא יהב אשיא די בית אלהא די בירושלם ומן אדין ועד כען מתבנא ולא שלם

17 יז וכען הן על מלכא טב יתבקר בבית גנזיא די מלכא תמה די בבבל הן איתי די מן כורש מלכא שים טעם למבנא בית אלהא דך בירושלם ורעות מלכא על דנה ישלח עלינא  {ס}