1 Toe het koning Dar¡us bevel gegee, en hulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre.

2 En in Agm,ta, in die vesting wat in die provinsie M,dië lê, is 'n skrifrol gevind, en so was daarin geskrywe: Oorkonde.

3 In die eerste jaar van koning Kores het koning Kores bevel gegee: Die Godshuis in Jerusalem -- die huis moet gebou word as 'n plek waar hulle offers bring, en sy fondamente moet gelê word; sy hoogte moet sestig el, sy breedte sestig el wees;

4 met drie lae groot klippe en een laag nuwe hout; en die onkoste sal deur die huis van die koning gedra word.

5 En ook die goue en silwervoorwerpe van die huis van God wat Nebukadn,sar uit die tempel in Jerusalem weggevoer en na Babel gebring het, moet hulle teruggee, dat dit in die tempel in Jerusalem op hulle plek kan kom, en jy moet dit in die Godshuis sit.

6 Tattenai, goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai met hulle partygenote, die Afarsega‹ete wes van die Eufraat -- julle moet daar nou ver van af bly.

7 Laat die werk aan daardie Godshuis toe; die goewerneur van die Jode en die oudstes van die Jode mag daardie huis van God op sy plek bou.

8 En deur my word bevel gegee hoe julle met hierdie oudstes van die Jode moet handel om daardie huis van God te bou, naamlik: Uit die inkomste van die koning, uit die belasting van die westelike gebied van die Eufraat moet die onkoste aan daardie manne sorgvuldig vergoed word sonder vertraging.

9 En wat nodig is, jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,

10 dat hulle welgevallige offers kan bring aan die God van die hemel en kan bid vir die lewe van die koning en van sy seuns.

11 En deur my word bevel gegee dat van elkeen wat hierdie bevel oortree, 'n balk uit sy huis geruk sal word, en dat hy daaraan opgehang en vasgeslaan sal word, en van sy huis hieroor 'n puinhoop gemaak sal word.

12 En mag God wat sy Naam daar laat woon het, elke koning en volk neerwerp wat sy hand uitsteek om dit te oortree, om naamlik hierdie Godshuis in Jerusalem te verwoes. Ek, Dar¡us, gee bevel; sorgvuldig moet dit uitgevoer word.

13 Toe het Tattenai, die goewerneur wes van die Eufraat, Setar-Bosenai en hulle partygenote sorgvuldig net so gehandel soos koning Dar¡us laat weet het.

14 En die oudstes van die Jode het gebou en goed gevorder deur die profetiese werksaamheid van die profeet H ggai en Sagar¡a, die seun van Iddo; en hulle het gebou en voltooi op bevel van die God van Israel en op bevel van Kores en Dar¡us en Artas sta, koning van Persië.

15 En hierdie huis was klaar op die derde dag van die maand Adar; dit was die sesde jaar van die regering van koning Dar¡us.

16 En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.

17 En hulle het geoffer by die inwyding van hierdie huis van God: honderd bulle, twee honderd ramme, vier honderd lammers en twaalf bokke as sondoffer vir die hele Israel volgens die getal van die stamme van Israel.

18 En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.

19 En die ballinge het die pasga gehou op die veertiende van die eerste maand.

20 Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig -- hulle almal was rein -- en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.

21 En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die HERE, die God van Israel, te soek.

22 Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.

1 א באדין דריוש מלכא שם טעם ובקרו בבית ספריא די גנזיא מהחתין תמה--בבבל

2 ב והשתכח באחמתא בבירתא די במדי מדינתא--מגלה חדה וכן כתיב בגוה דכרונה  {פ}

3 ג בשנת חדה לכורש מלכא כורש מלכא שם טעם--בית אלהא בירושלם ביתא יתבנא אתר די דבחין דבחין ואשוהי מסובלין רומה אמין שתין פתיה אמין שתין

4 ד נדבכין די אבן גלל תלתא ונדבך די אע חדת ונפקתא--מן בית מלכא תתיהב

5 ה ואף מאני בית אלהא די דהבה וכספא די נבוכדנצר הנפק מן היכלא די בירושלם והיבל לבבל--יהתיבון ויהך להיכלא די בירושלם לאתרה ותחת בבית אלהא  {ס}

6 ו כען תתני פחת עבר נהרה שתר בוזני וכנותהון אפרסכיא די בעבר נהרה--רחיקין הוו מן תמה

7 ז שבקו לעבידת בית אלהא דך פחת יהודיא ולשבי יהודיא בית אלהא דך יבנון על אתרה

8 ח ומני שים טעם--למא די תעבדון עם שבי יהודיא אלך למבנא בית אלהא דך ומנכסי מלכא די מדת עבר נהרה אספרנא נפקתא תהוא מתיהבא לגבריא אלך די לא לבטלא

9 ט ומה חשחן ובני תורין ודכרין ואמרין לעלון לאלה שמיא חנטין מלח חמר ומשח כמאמר כהניא די בירושלם להוא מתיהב להם יום ביום--די לא שלו

10 י די להון מהקרבין ניחוחין לאלה שמיא ומצלין לחיי מלכא ובנוהי

11 יא ומני שים טעם--די כל אנש די יהשנא פתגמא דנה יתנסח אע מן ביתה וזקיף יתמחא עלהי וביתה נולו יתעבד על דנה

12 יב ואלהא די שכן שמה תמה ימגר כל מלך ועם די ישלח ידה להשניה לחבלה בית אלהא דך--די בירושלם אנה דריוש שמת טעם אספרנא יתעבד  {פ}

13 יג אדין תתני פחת עבר נהרה שתר בוזני--וכנותהון  לקבל די שלח דריוש מלכא כנמא--אספרנא עבדו

14 יד ושבי יהודיא בנין ומצלחין בנבואת חגי נביאה וזכריה בר עדוא ובנו ושכללו מן טעם אלה ישראל ומטעם כורש ודריוש וארתחששתא מלך פרס

15 טו ושיציא ביתה דנה עד יום תלתה לירח אדר--די היא שנת שת למלכות דריוש מלכא  {פ}

16 טז ועבדו בני ישראל כהניא ולויא ושאר בני גלותא חנכת בית אלהא דנה--בחדוה

17 יז והקרבו לחנכת בית אלהא דנה תורין מאה דכרין מאתין אמרין ארבע מאה וצפירי עזין לחטיא (לחטאה) על כל ישראל תרי עשר--למנין שבטי ישראל

18 יח והקימו כהניא בפלגתהון ולויא במחלקתהון על עבידת אלהא די בירושלם  ככתב ספר משה  {פ}

19 יט ויעשו בני הגולה את הפסח--בארבעה עשר לחדש הראשון

20 כ כי הטהרו הכהנים והלוים כאחד--כלם טהורים וישחטו הפסח לכל בני הגולה ולאחיהם הכהנים ולהם

21 כא ויאכלו בני ישראל השבים מהגולה וכל הנבדל מטמאת גוי הארץ אלהם--לדרש ליהוה אלהי ישראל

22 כב ויעשו חג מצות שבעת ימים בשמחה  כי שמחם יהוה והסב לב מלך אשור עליהם--לחזק ידיהם במלאכת בית האלהים אלהי ישראל  {פ}