Coração Puro

9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.

10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.

11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.


8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.


2 Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.

3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.


9 En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring,

10 om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand 'n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,

11 vervul met die vrug van geregtigheid wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God.


14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak,

15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,

16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.


3 Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?

4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

5 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.


3 En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.


5 Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof


1 'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.


22 Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag n geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.


2 Al die weë van 'n man is suiwer in sy oë, maar die HERE toets die geeste.


22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart;