1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid,2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by B tseba ingegaan het.4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.5 Want ,k ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.8 Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.12 Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.13 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.18 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.19 Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! [ (Psalms 51:20) Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op. ] [ (Psalms 51:21) Dan sal U 'n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar. ]
Publicidade
Salmos 51
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos