1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Lelie van die Getuienis." 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.2 Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopot mië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.3 o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!4 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!5 U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.6 U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.7 Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.9 G¡lead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filist,a!11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?12 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie. [ (Psalms 60:13) Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid. ] [ (Psalms 60:14) In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap. ]
Publicidade
Salmos 60
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos