1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.2 U het, o HERE, 'n welbehae gehad in u land; die lot van Jakob het U verander.3 U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.4 U het al u grimmigheid teruggetrek, U het U van die gloed van u toorn afgewend.5 Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!6 Sal U vir ewig teen ons toornig wees, u toorn laat duur van geslag tot geslag?7 Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?8 Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!9 Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!10 Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.11 Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.12 Trou spruit uit die aarde en geregtigheid kyk uit die hemel neer.13 Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. [ (Psalms 85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe. ]
Publicidade
Salmos 85
Publicidade
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos