Publicidade

Salmos 6

'n Boetpsalm in groot benoudheid.

1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2 oHere, straf my nie in u toorn nie, en kasty my nie in u grimmigheid nie.

3 Wees my genadig, Here, want ek is verswak; maak my gesond, Here, want my gebeente is verskrik.

4 Ja, my siel is baie verskrik; en U, Here, tot hoe lank?

5 Keer terug, Here, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.

6 Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?

7 Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurweek my bed met my trane.

8 My oog het dof geword van verdriet; dit het swak geword vanweë al my teëstanders.

9 Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die Here het die stem van my geween gehoor.

10 Die Here het my smeking gehoor; die Here neem my gebed aan.

11 Al my vyande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in 'n oomblik beskaamd omdraai.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-15_21-32-39-