Publicidade

Salmos 54

Teenoor grimmige vyande.

1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid,

2 toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie?

3 o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!

4 o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!

5 Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.

6 Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.

7 Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!

8 Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o Here, loof, want dié is goed;

9 want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_06-50-08-