Publicidade

Salmos 137

By die riviere van Babel.

1 BY die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink.

2 Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang.

3 Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van 'n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons 'n Sionslied.

4 Hoe sou ons die lied van die Here kan sing in 'n vreemde land?

5 As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!

6 Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.

7 Here, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!

8 o Dogter van Babel, jy verwoeste, gelukkig is hy wat jou sal vergeld wat jy ons aangedoen het!

9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_18-40-07-