Publicidade

Salmos 133

Die broederlike liefde.

1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.

Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!

2 Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere.

3 Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die Here die seën, die lewe tot in ewigheid!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_06-50-08-