Publicidade

Salmos 100

'n Oproep om God te prys.

1 'n PSALM. By die lofoffer.

Juig voor die Here, o ganse aarde!

2 Dien die Here met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.

3 Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.

4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

5 Want die Here is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_06-50-08-